Lys van lande volgens oppervlak

Wikimedia lysartikel From Wikipedia, the free encyclopedia

Lys van lande volgens oppervlak

Hierdie artikel bestaan uit 'n lys van lande gerangskik volgens oppervlak. Die lys gee die rang van soewereine state sowel as selfregerende afhanklike gebiede. Totale oppervlak word gegee wat land en binnelandse watermassas (mere, damme, en riviere) insluit. Mariene interne watergebied, gebiedswaters en Eksklusiewe Ekonomiese Sones word nie ingesluit nie. Lande se aansprake op dele van Antarktika word ook nie ingesluit nie.

  • Selfregerende afhanklike gebiede (geklassifiseer deur die VN) word apart gelys van hulle soewereine staat en word in skuinsgedrukteletters weergegee.
  • Antarktika is die 5de grootste kontinent en beslaan sowat 14 200 000 km². Die volgende lande het gebiedsaansprake op die kontinent: Argentinië (969 000 km²), Australië (6 120 000 km²), Chili (1 250 000 km²), Frankryk (432 000 km²), Nieu-Seeland (450 000 km²), Noorweë (2 500 000 km²) eb die Verenigde Koninkryk (1 395 000 km²), wat tot 'n mate oorvleuel. Die oppervlak van 90 grade Wes tot 150 grade Wes (2 100 000 km²) is tans onopgeëiste gebied. Volgens die Antarktiese Verdrag is die nasionale aansprake gevries en daarom word die gebiede nie ingesluit in die onderstaande syfers nie.
  • Vlag van Europese Unie Die Europese Unie is 'n sui generis supranasionale unie. Die entiteit bestaan uit 27 lidlande. Die totale oppervlak van die 27 lidlande is 4 422 773 km² wat dit die sewende grootste land sou maak as dit ingesluit sou word (3,0% van die wêreld se landoppervlak).
Thumb
Lande volgens oppervlak.

Lys

RangLand / gebiedOppervlak (km²)[1]% van TotaalNotas
Aarde510 065 284342,5%Totale oppervlak (70,8% water en 29,2% land)
Land148 939 063100%Totale land (29.2% van die Aardse se oppervlak)
1Vlag van Rusland Rusland17 098 24211.5%Grootste land ter wêreld
2Vlag van Kanada Kanada9 970 6106.7%Grootste land in die westelike halfrond. Totale oppervlak is 9 984 670 km² volgens Statistiek Kanada[2]
3Vlag van Volksrepubliek China China (Volksrepubliek)9 598 0861 9 640 82126.4%
6.5%
Totaal van aparte VN syfers vir vasteland China en die Spesiale administratiewe gebiede Hongkong (1 099 km²) en Macao (26 km²). Beide waardes sluit die gebiede Taiwan, Penghu, Kinmen en Matsu uit wat deur die Republiek China (Taiwan) aanhou regeer is nadat die Volksrepubliek dit op die vasteland vervang het.
1 Dit sluit alle bestrede gebiede uit.
2 Sluit die Volksrepubliek geadministreerde gebied (Aksai Chin en Trans-Karakoram Tract in, beide gebiede waarop Indië) aanspraak maak, maar Taiwan word nie ingesluit nie.
4Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State van Amerika7 761 475 – 9 372 610(+ Alaska, Hawaii)6.4%Sluit die 50 state en Washington, D.C., en Indiane reservate in. Die totale oppervlak word deur die CIA World Factbook as 9 826 630 km² aangegee.[3] Die oppervlak van die aaneenlopende Verenigde State van Amerika, dus uitgesluit Alaska en Hawaii, is 7 761 475 km².
5Vlag van Brasilië Brasilië8 547 9065.8%Sluit in Arquipélago de Fernando de Noronha, Atol das Rocas, Ilha da Trindade, Ilhas Martim Vaz, en Penedos de São Pedro e São Paulo. Al die eilande saam beslaan 365 km² (minder as 0.003% van die vasteland gebied). Dit is die grootste land in Suid-Amerika.
6Vlag van Australië Australië7 741 2205.2%Sluit in Jervis Bay Gebied (73 km²) , Kokoseilande (14 km²), Kerseiland (135 km²) en Lord Howe Eiland (56 km²). Sluit ook die onbewoonde Ashmore- en Cartiereilande (5 km²), Koraalsee-eilande-gebied (0,9 km²), Heard- en McDonaldeilande (372 km²) en Macquarie-eiland (231 km²) in. Sluit aansprake op Antarktika (Australiese Antarktiese Gebied, 6 119 818 km²) uit.
7Vlag van Indië Indië3 166 4141 3 287 26322.1%
2.2%
Derde grootste land in Asië (na Rusland en China)
1 Sluit die nie-Indies-geadministreerde bestrede gebiede (Aksai Chin, Trans-Karakoram Tract, Pakistan Besette Kashmir, en Noordelike Gebiede) uit. Sluit alle Indies-geadministreerde gebiede in, wat die Arunachal Pradesh insluit waarop China aanspraak maak. Syfers afkomstig van Census India.[4]
2 Sluit alle bestrede gebiede in.
8Vlag van Argentinië Argentinië2 780 4001.9%Sluit nie aansprake op die Falklandeilande, Suid-Georgië en die Suid-Sandwich Eilande en op Antarktika (969 000 km²) in nie. Dit is die tweede grootste land in Suid-Amerika.
9Vlag van Kasakstan Kazakstan2 724 9001.8%Grootste landingeslote land ter wêreld.
10Vlag van Algerië Algerië2 381 7411.6%Grootste land in Afrika
11Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo Demokratiese Republiek van die Kongo2 344 8581.6%Tweede grootste land in Afrika
12Vlag van Groenland Groenland2 175 6001.5%'n Self-regerende gebied van Denemarke.
13Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië2 149 6901.4%Grootste land in die Midde-Ooste
14Vlag van Meksiko Meksiko1 958 2011.3%Derde grootste land in Latyns-Amerika en ook die derde grootste land in Noord-Amerika
15Vlag van Indonesië Indonesië1 904 5691.3%Grootste land en hoogste bevolking uitsluitlik geleë op eilande.
16Vlag van Soedan Soedan1 886 0681.3%Derde grootste land in Afrika
17Vlag van Libië Libië1 759 5401.2%
18Vlag van Iran Iran1 648 1951.1%
19Vlag van Mongolië Mongolië1 566 6001.1%
20Vlag van Peru Peru1 285 2160.86%
21Vlag van Tsjad Tsjad1 284 0000.86%
22Vlag van Niger Niger1 267 0000.85%
23Vlag van Angola Angola1 246 7000.85%
24Vlag van Mali Mali1 240 1920.83%
25Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika1 221 0370.82%Sluit die Prins Edwardeilande (Marioneiland en Prins Edwardeiland) in.
26Vlag van Colombia Colombia1 138 9140.76%Colombiese sensussyfer is 1 141 748[5] wat drie spesiale distrikte en San Andrés en Providencia eilande (52 km²) insluit (gebiede waaroor die land in geskille met Nicaragua gewikkel is).
27Vlag van Ethiopië Ethiopië1 104 3000.74%
28Vlag van Bolivië Bolivia1 098 5810.74%
29Vlag van Mauritanië Mauritanië1 025 5200.69%
30Vlag van Egipte Egipte980 8690.67%
31Vlag van Tanzanië Tanzanië945 0870.63%Sluit die eilande Mafia, Pemba, en Zanzibar in.
32Vlag van Nigerië Nigerië923 7680.62%
33Vlag van Venezuela Venezuela912 0500.61%Sluit nie aansprake op Guayana Esequiba in nie. Indien dit ingesluit sou word sou die oppervlak 1 075 945 en die rang 29ste wees.
34Vlag van Namibië Namibië824 2920.55%
35Vlag van Mosambiek Mosambiek801 5900.54%
36Vlag van Pakistan Pakistan881 913
0.59%
Sluit Pakistan-geadministreerde gebiede in (Azad Kashmir en Noordelike Gebiede).
37Vlag van Turkye Turkye783 5620.53%
38Vlag van Chili Chili756 0960.51%Sluit Paaseiland (Isla de Pascua; Rapa Nui) en Isla Sala y Gómez in, sluit aansprake op Antarktika (1 250 000 km²) uit.
39Vlag van Zambië Zambië752 6180.51%
40Vlag van Mianmar Mianmar676 5780.45%
41Vlag van Afghanistan Afghanistan652 0900.44%
42Vlag van Somalië Somalië637 6570.43%
43Vlag van Sentraal-Afrikaanse Republiek Sentraal-Afrikaanse Republiek622 9840.42%
44Vlag van Oekraïne Oekraïne603 7000.41%Grootste land geheel en al in Europa
45Vlag van Madagaskar Madagaskar587 0410.39%
46Vlag van Botswana Botswana581 7300.39%
47Vlag van Kenia Kenia580 3670.39%
48Vlag van Frankryk Frankryk551 5000.37%Grootste Wes-Europese land. Sluit slegs Metropolitaanse Frankryk in. Die Franse Republiek sluit in Franse oorsese gebiede en dek 674 843 km², uitgesluit aansprake op Antarktika (432 000 km²).
49Vlag van Jemen Jemen527 9680.35%Sluit Perim, Sokotra, die voormalige Jemen Arabiese Republiek (YAR of Noord-Jemen), en die voormalige Demokratiese Volksrepubliek van Jemen (PDRY of Suid-Jemen) in.
50Vlag van Thailand Thailand513 1150.34%
51Vlag van Spanje Spanje505 9920.34%Sluit vasteland Spanje, die Baleariese Eilande en Kanarie Eilande in, sowel as die Spaanse besittings (Plazas de Soberanía) aan die kus van Marokko (Ceuta, Melilla, Islas Chafarinas, Peñón de Alhucemas, en Peñón de Vélez de la Gomera), en Isla de Alborán ongeveer halfpad tussen Marokko and Spanje, laasgenoemde word almal deur Marokko opgeëis.
52Vlag van Turkmenistan Turkmenistan488 1000.33%
53Vlag van Kameroen Kameroen475 4420.32%
54Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papua New Guinee462 8400.31%
55Vlag van Swede Swede449 9640.30%Sluit Gotland en Öland in.
56Vlag van Oesbekistan Oesbekistan447 4000.30%Grootste dubbellandingeslote land ter wêreld.
57Vlag van Marokko Marokko446 5500.30%Uitgesluit Wes-Sahara.
58Vlag van Irak Irak438 3170.29%
59Vlag van Paraguay Paraguay406 7520.27%
60Vlag van Zimbabwe Zimbabwe390 7570.26%
61Vlag van Noorweë Noorweë385 1550.26%Sluit vasteland Noorweë (324 220 km²) en die integrale oorsese gebiede Svalbard en Jan Mayen (60 980 km²) in; sluit die afhanklike Bouvet Eiland (49 km²) en die Antarktiese afhanklikheidsaansprake Koningin Maud Land en Peter I Eiland (~2 500 000 km²) uit.
62Vlag van Japan Japan377 8730.25%Sluit die Ryukyu Eilande (Nansei Eilande), Daito Eilande, Ogasawara Eilande (Bonin Eilande), Minami-Torishima (Marcus Eiland), Okino-Torishima en Vulkaan Eilande (Kazan Eilande) in; sluit die suidelike Kuril Eilande uit.
63Vlag van Duitsland Duitsland357 0220.24%Voor die Duitse hereniging op 3 Oktober 1990 het Duitsland bestaan uit die Federale Republiek van Duitsland (FRG, Wes-Duitsland) met 248 689 km² en die Duitse Demokratiese Republiek (DDR, Oos-Duitsland) met 108 333 km².
64Vlag van Republiek die Kongo Republiek van die Kongo342 0000.23%
65Vlag van Finland Finland338 1450.23%Sluit Åland in.
66Vlag van Viëtnam Viëtnam331 6890.22%
67Vlag van Maleisië Maleisië330 8030.22%
68Vlag van Ivoorkus Ivoorkus322 4630.22%
69Vlag van Pole Pole312 6850.21%
70Vlag van Oman Oman309 5000.21%
71Vlag van Italië Italië301 3180.20%
72Vlag van Filippyne Filippyne300 0000.20%
73Vlag van Ecuador Ecuador283 5610.20%Slujit die Galápagos Eilande in.
74Vlag van Burkina Faso Burkina Faso274 0000.18%
75Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland270 5340.18%Sluit Antipodes Eilande, Auckland Eilande, Bounty Eilande, Campbell Eiland, Chathameilande, en Kermadec-eilande in. Sluit Niue (260 km²), die Cookeilande (236 km²) en Tokelau (12 km²), sowel as die Antarktiese aanspraak Ross-Afhanklikheid (450 000 km²) uit.
76Vlag van Gaboen Gaboen267 6680.18%
77Vlag van Wes-Sahara Wes-Sahara266 0000.18%Grootliks deur Marokko beset, gedeeltelik deur die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek geadministreer.
78Vlag van Guinee Guinee245 8570.17%
79Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk242 9000.16%Insluitend die vier lande (Engeland, Wallis, Skotland en Noord-Ierland), uitgesluit die drie Kroongebiede (768 km²), die 13 Britse oorsese gebiede (17 027 km²) en die Britse Antarktiese gebied (1 395 000 km²).
80Vlag van Uganda Uganda241 0380.16%
81Vlag van Ghana Ghana238 5330.16%
82Vlag van Roemenië Roemenië238 3910.16%
83Vlag van Laos Laos236 8000.16%
84Vlag van Guyana Guyana214 9690.14%
85Vlag van Belarus Belo-Rusland207 6000.14%Grootste landingeslote land in Europa.
86Vlag van Kirgisië Kirgisië199 9000.13%
87Vlag van Senegal Senegal196 7220.13%
88Vlag van Sirië Sirië185 180
183 885
0.12%
0.12%
Die hoër syfers sluit die Golanhoogland in.
89Vlag van Kambodja Kambodja181 0350.12%
90Vlag van Uruguay Uruguay175 0160.12%
91Vlag van Suriname Suriname163 8200.11%
92Vlag van Tunisië Tunisië163 6100.11%
93Vlag van Nepal Nepal147 1810.10%
94Vlag van Bangladesj Bangladesj143 9980.10%
95Vlag van Tadjikistan Tadjikistan143 1000.10%
96Vlag van Griekeland Griekeland131 9570.09%
97Vlag van Nicaragua Nicaragua130 0000.09%Sluit San Andrés y Providencia eilande (onderwerp van gebiedsgeskil met Colombia) uit. Nicaragua is die grootste land in Sentraal-Amerika.
98Vlag van Noord-Korea Noord-Korea120 5380.08%
99Vlag van Malawi Malawi118 4840.08%
100Vlag van Eritrea Eritrea117 6000.08%Sluit die Badme gebied in.
101Vlag van Benin Benin112 6220.08%
102Vlag van Honduras Honduras112 0880.08%
103Vlag van Liberië Liberië111 3690.07%
104Vlag van Bulgarye Bulgarye110 9120.07%
105Vlag van Kuba Kuba110 8610.07%Kuba is die grootste land en het die hoogste bevolking in die Karibiese Gebied
106Vlag van Guatemala Guatemala108 8890.07%
107Vlag van Ysland Ysland103 0000.07%
108Vlag van Suid-Korea Suid-Korea99 5380.07%
109Vlag van Hongarye Hongarye93 0320.06%
110Vlag van Portugal Portugal91 9820.06%Sluit die Azores en Madeiraeilande in.
111Vlag van Frans-Guyana Frans-Guyana90 0000.06%Franse oorsese département.
112Vlag van Jordanië Jordanië89 3420.06%
113Vlag van Serwië Serwië88 3610.06%Sluit die VN-geadministreerde gebied van Kosovo in[6]
114Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan86 6000.06%Sluit die eksklave Nachitsjevan Outonome Republiek en die Nagorno-Karabakhgebied in.
115Vlag van Oostenryk Oostenryk83 8580.06%
116Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate83 6000.06%
117Vlag van Tsjeggië Tsjeggiese Republiek78 8660.05%
118Vlag van Panama Panama75 5170.05%
119Vlag van Sierra Leone Sierra Leone71 7400.05%
120Vlag van Republiek Ierland Republiek van Ierland70 2730.05%
121Vlag van Georgië Georgië69 7000.05%Sluit Abkhazia (8 600 km²[verwysing benodig]) en Suid-Ossetië in.
122Vlag van Sri Lanka Sri Lanka65 6100.04%
123Vlag van Litaue Litaue65 3000.04%
124Vlag van Letland Letland64 6000.04%
125Vlag van Togo Togo56 7850.04%
126Vlag van Kroasië Kroasië56 5380.04%
127Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië-Herzegowina51 1970.03%
128Vlag van Costa Rica Costa Rica51 1000.03%Sluit Isla del Coco in.
129Vlag van Slowakye Slowakye49 0330.03%
130Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek48 6710.03%Sluit die Vasteland Dominikaanse Republiek, Saonaeiland, en ander onder beheer van die Dominikaanse Regering in.
131Vlag van Bhoetan Bhoetan47 0000.03%
132Vlag van Estland Estland45 1000.03%Sluit 1 520 eilande in die Oossee in.
133Vlag van Denemarke Denemarke43 0940.03%Sluit slegs die eintlike Denemarke in; die Koninkryk van Denemarke, insluitend Groenland en die Faroëreilande dek 2 220 093 km² wat dit in 13de plek sou plaas.
134Vlag van Nederland Nederland41 5280.03%Sluit slegs die eintlike Nederland in; die hele Koninkryk van Nederland dek 42 437 km².
135Vlag van Switserland Switserland41 2840.03%
136Vlag van Republiek van China Republiek China (Taiwan)36 188[7]0.02%Sluit slegs die gebiede in onder administrasie van die Republiek China, naamlik Taiwan, Penghu, Kinmen en Matsu.
137Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau36 1250.02%
138Vlag van Moldowa Moldawië33 8510.02%Sluit Transnistrië (Pridnestrovie) in.
139Vlag van België België30 5280.02%
140Vlag van Lesotho Lesotho30 3550.02%
141Vlag van Armenië Armenië29 8000.02%
142Vlag van Salomonseilande Solomoneilande28 8960.02%
143Vlag van Albanië Albanië28 7480.02%
144Vlag van Ekwatoriaal-Guinee Equatorial Guinee28 0510.02%
145Vlag van Burundi Burundi27 8340.02%
146Vlag van Haïti Haïti27 7500.02%
147Vlag van Rwanda Rwanda26 3380.02%
148Vlag van Noord-Masedonië Noord-Masedonië25 7130.02%
149Vlag van Djiboeti Djiboeti23 2000.02%
150Vlag van Belize Belize22 9660.02%
151Vlag van Israel Israel22 145 of 20 7700.01%Die hoër syfer sluit die Golanhoogland in. Beide syfers sluit die Wesoewer en Gazastrook uit.
152Vlag van El Salvador El Salvador21 0410.01%
153Vlag van Slowenië Slowenië20 2560.01%
154Vlag van Frankryk Nieu-Kaledonië18 5750.01%Franse afhanklikheid.
155Vlag van Fidji Fidji18 2740.01%
156Vlag van Koeweit Koeweit17 8180.01%
157Vlag van Eswatini Eswatini17 3640.01%
158Vlag van Oos-Timor Oos-Timor14 874<0.01%
159Vlag van Bahamas The Bahamas13 878<0.01%
160Vlag van Montenegro Montenegro13 812[8]<0.01%
161Vlag van Vanuatu Vanuatu12 189<0.01%
162Vlag van Falkland-eilande Falklandeilande12 173<0.01%Britse Oorsese Gebied. Aanspraak deur Argentinië. Sluit Suid-Georgië en die Suid-Sandwich Eilande uit.
163Vlag van Gambië Gambië11 295<0.01%
164Vlag van Katar Katar11 000<0.01%
165Vlag van Jamaika Jamaika10 991<0.01%
166Vlag van Libanon Libanon10 400<0.01%
167Vlag van Siprus Ciprus9 251<0.01%Sluit die Turkse Republiek van Noord-Ciprus in wat slegs deur Turkye erken word, en die Britse soewereine militêre basisse (Akrotiri en Dhekelia) in.
168Vlag van Puerto Rico Puerto Rico8 875<0.01%Gemenebes van die Verenigde State van Amerika.
169Vlag van Staat Palestina Palestynse gebiede6 020<0.01%Die syfer bestaan uit die Wes-Oewer en Gasastrook.
170Vlag van Broenei Broenei5 765<0.01%
171Vlag van Trinidad en Tobago Trinidad en Tobago5 130<0.01%
172Vlag van Kaap Verde Kaap Verde4 033<0.01%
173Vlag van Frans-Polinesië Frans-Polinesië4 000<0.01%Franse oorsese kollektiwiteit.
174Vlag van Samoa Samoa2 831<0.01%
175Vlag van Luxemburg Luxemburg2 586<0.01%
176Vlag van Frankryk Réunion2 510<0.01%Franse oorsese département.
177Vlag van Comore-eilande Comore2 235
<0.01%Gelyste syfer sluit Mayotte (373 km²) in. Die syfer sonder Mayotte is 1 862 km².[9] Mayotte is amptelik 'n oorsese kollektiwiteit van Frankryk en val nie onder die soewereiniteit van die Comore nie.
178Vlag van Mauritius Mauritius2 040<0.01%Sluit die Agaléga-eilande, Cargados Carajos Shoals (Saint Brandon), en Rodrigues in.
179Vlag van Frankryk Guadeloupe1 705<0.01%Franse oorsese département sluit in La Désirade, Marie Galante, Les Saintes, Sint-Bartholomeus en Sint-Martin (Franse deel). Let daarop dat Sint-Bartholomeus en Sint-Martin in 2007 aparte oorsese kollektiwiteite geword het en nie meer polities deel is van Guadeloupe nie.
180Vlag van Faroëreilande Faroëreilande1 399<0.01%'n Selfregerende gebied van Denemarke.
181Vlag van Martinique Martinique1 102<0.01%Franse oorsese département.
182Vlag van São Tomé en Príncipe Sao Tomé en Principe964<0.01%
183Vlag van Turks- en Caicoseilande Turks- en Caicoseilande948<0.01%Britse Oorsese Gebied. Oppervlak sluit beskermde water in.
184Vlag van Nederlands-Antille Nederlands-Antille800<0.01%Selfregerende deel van die Koninkryk van Nederland; sluit Bonaire, Curaçao, Saba, Sint Eustatius, en Sint Maarten in (Nederlandse deel van die eiland Sint-Martin).
185Vlag van Dominica Dominika751<0.01%
186Vlag van Tonga Tonga747<0.01%
187Vlag van Kiribati Kiribati726<0.01%Sluit drie eilandgroepe in – Gilberteilande, Line-eilande, Phoenixeilande.
188Vlag van Gefedereerde State van Mikronesië Gefedereerde State van Mikronesië702<0.01%Sluit Pohnpei (Ponape), Chuuk- (Truk) Eilande, Yapeilande, en Kosrae (Kosaie) in.
189Vlag van Bahrein Bahrein694<0.01%
190Vlag van Singapoer Singapoer683<0.01%VN syfer vir 2004. Amptelike oppervlak in 2006 is 704 km².[10]
191Vlag van Man (eiland) Eiland van Man572<0.01%Kroongebied van die VK.
192Vlag van Guam Guam549<0.01%Herorganiseerde nie-geïnkorporeerde gebied van die VSA.
193Vlag van St. Lucia Sint Lucia539<0.01%
194Vlag van Andorra Andorra468<0.01%
195Vlag van Noordelike Mariana-eilande Noordmarianaeilande464<0.01%Gemenebes in politiese unie met die VSA; sluit 14 eilande insluitend Saipan, Rota, en Tinian in.
196Vlag van Palau Palau459<0.01%
197Vlag van Seychelle Seychelle-eilande455<0.01%
198Vlag van Antigua en Barbuda Antigua en Barbuda442<0.01%Sluit Redonda, 1.6 km² in.
199Vlag van Barbados Barbados430
200Vlag van St. Vincent en die Grenadine Sint Vincent en die Grenadines388<0.01%
201Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande347<0.01%Herorganiseerde nie-geïnkorporeerde gebied van die VSA.
202Vlag van Grenada Grenada344<0.01%
203Vlag van Malta Malta316<0.01%
204Vlag van Maledive Maldive-eilande298<0.01%
205Vlag van Kaaimanseilande Kaaimanseilande264<0.01%Britse Oorsese gebied.
206Vlag van St. Kitts en Nevis Sint Kitts en Nevis261<0.01%
207Vlag van Niue Niue260<0.01%Selfregerende nasie in vrye assosiasie met Nieu-Seeland.
208Vlag van Frankryk Saint-Pierre et Miquelon242<0.01%Franse oorsese kollektiwiteit; sluit agt klein eilande in die Sint-Pierre en die Miquelon groepe in.
209Vlag van Cookeilande Cookeilande236<0.01%Selfregerende nasie in vrye assosiasie met Nieu-Seeland.
210Vlag van Wallis en Futuna Wallis en Futuna200<0.01%Franse oorsese kollektiwiteit; sluit Île Uvéa (Walliseiland), Île Futuna (Futunaeiland), Île Alofi, en 20 klein eilandjies in.
211Vlag van Amerikaans-Samoa Amerikaans-Samoa199<0.01%Nie-herorganiseerde, nie-geïnkorporeerde gebied van die VSA; sluit Rose-Eiland en Swainseiland in.
212Vlag van Marshalleilande Marshalleilande181<0.01%Sluit die atols Bikini, Enewetak, Kwajalein, Majuro, Rongelap, en Utirik in.
213Vlag van Aruba Aruba180<0.01%Selfregerende deel van die Koninkryk van Nederland.
214Vlag van Liechtenstein Liechtenstein160<0.01%Kleinste dubbellandingeslote land ter wêreld.
215Vlag van Britse Maagde-eilande Brits-Maagde-eilande151<0.01%Britse Oorsese Gebied; bestaan uit 16 bewoonde en meer as 20 onbewoonde eilande; sluit die eiland Anegada in.
216Vlag van Sint Helena Sint Helena122<0.01%Britse Oorsese Gebied; uitgesluit afhanklikhede.
217Vlag van Jersey Jersey116<0.01%Kroongebied van die VK.
218Vlag van Montserrat Montserrat102<0.01%Britse Oorsese Gebied.
219Vlag van Tristan da Cunha Tristan da Cunha98<0.01%Afhanklikheid van Sint Helena (VK). Oppervlak verwys slegs na die hoofeiland (die enigste bewoonde eiland). Totale oppervlak is 201 km².[11]
220Vlag van Anguilla (eiland) Anguilla91<0.01%Britse Oorsese Gebied.
221Vlag van Verenigde Koninkryk Ascension88<0.01%Afhanklikheid van die Britse Oorsese Gebied Sint Helena.
222Vlag van Guernsey Guernsey78<0.01%Kroongebied van die VK; sluit Alderney, Guernsey, Herm, Sark, en 'n paar ander kleiner eilande in.
223Vlag van San Marino San Marino61<0.01%
224Vlag van Bermuda Bermuda53<0.01%Britse Oorsese Gebied.
225Vlag van Norfolkeiland Norfolkeiland36<0.01%Selfregerende gebied van Australië.
226Vlag van Tuvalu Tuvalu26<0.01%Kleinste onafhanklike Britse Volkebondstaat.
227Vlag van Nauru Nauru21<0.01%Kleinste republiek ter wêreld.
228Vlag van Tokelau Tokelau12<0.01%Gebied van Nieu-Seeland.
229Vlag van Gibraltar Gibraltar6<0.01%Britse Oorsese Gebied.
230Vlag van Pitcairneilande Pitcairn Eilande5<0.01%Britse Oorsese Gebied.
231Vlag van Monaco Monaco1.95[12]<0.01%Kleinste Franssprekende land.
232Vlag van Vatikaanstad Vatikaanstad0.44[13]<0.01%Kleinste land ter wêreld.

Verwysings

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.