Eritrea
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eritrea (Tigrinya: ኤርትራ? ʾErtrā, Arabies: إرتريا Iritriyā) is 'n land in die ooste van Afrika. Die land grens in die noordweste aan Soedan, in die suide aan Ethiopië, in die suidooste aan Djibouti en in die ooste en noordooste aan die Rooisee. Eritrea was op 'n tyd 'n provinsie van Ethiopië gewees. Sedert 1993 is die land onafhanklik, maar omdat dit Ethiopië van die Rooisee afsny, is daar voortdurend spanning tussen die twee lande.
| |||||
Volkslied: Ertra, Ertra, Ertra ("Eritrea, Eritrea, Eritrea") | |||||
![]() | |||||
Hoofstad | Asmara | ||||
Grootste stad | Asmara | ||||
Amptelike tale | Tigrinya,[1][2] Arabies[1][2] en Engels[2] | ||||
Regering | Eenparty-nasionalistiese presidensiële republiek Isaias Afwerki | ||||
Onafhanklikheid | November 1941 1951 24 Mei 1991 24 Mei 1993 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
117 600 km2 (101ste) 45 405 myl2 0,14 | ||||
Bevolking - 2012-skatting - 2008-sensus - Digtheid |
6 233 682 (107de) 5 291 370 51,8 / km2 (154ste) 111,7 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2012-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2012-skatting | ||||
MOI (2013) | 0,381[4] (182ste) – laag | ||||
Geldeenheid | Nakfa (ERN ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .er | ||||
Skakelkode | +291 |

Aardrykskunde

Oppervlakte
totaal: 121 320 vk km. land: 121 320 vk km. water: 0 vk km.
Klimaat
Warm, droë woestynstrook langs Rooisee-kus; koeler en natter in die sentrale hoogland (tot 61 cm reënval jaarliks); semi-dor in westelike heuwels en laagland; reënval swaarste gedurende Junie-September, behalwe in kuswoestyn.
Terrein
Oorheers deur uitbreiding van die noordsuid-neigende Ethiopiese Hoogland, daal in ooste tot 'n kuswoestynvlakte, in die noordeweste tot heuwelagtige terrein en in die suidweste tot plat tot golwende vlaktes.
Natuurlike hulpbronne
Goud, potas, sink, koper, tafelsout, moontlik ru-olie en aardgas, vis.
Inwoners
Bevolking
4 447 307 (Julie 2004-skatting).
Nasionaliteit
Selfstandige naamwoord: Eritrees (-ese). Byvoeglike naamwoord: Eritrees.
Etniese groepe
Etniese Tigrinya 50%, Tigre 30%, Kunama 10%, Afar 4%, Saho (Rooisee-kusbewoners) 3%, ander 3%.
Godsdiens
Moslem, Koptiese Christen, Rooms-Katoliek, Protestants.
Tale
Afar, Arabies, Tigre, Kunama, Tigrinya, ander Koesjitiese tale.
Regering
Landnaam
Konvensionele lang vorm: Staat van Eritrea. Konvensionele kort vorm: Eritrea.
Regeringsoort
Oorgangsregering.
Nota: Ná 'n geslaagde referendum oor onafhanklikheid vir die Outonome Gebied van Eritrea op 23-25 April 1993, is 'n nasionale vergadering wat heeltemal bestaan het uit die Volksfront vir Demokrasie en Justisie of PFDJ, gestig as 'n oorgangswetgewer; 'n konstitusionele kommissie is ook gestig om 'n grondwet te skryf; ISAIAS Afworki is tot president verkies deur die oorgangswetgewer; die grondwet, wat in Augustus 1997 bekragtig is, het nie in werking getree nie hangende parlementêre en presidensiële verkiesings; parlemenêre verkiesings was veronderstel om gedurende Desember 2001 plaas te vind, maar dié verkiesings is onbepaald uitgestel ná die begin van die grenskonflik met Ethiopië. Op die oomblik is The People's Front for Democracy and Justice (PFDJ) die enigste wetlike party.
Hoofstad
Asmara (voorheen Asmera). Onafhanklik: 23-25 April 1993 is 'n referendum gehou ten gunste van onafhanklikheid; 24 Mei 1993 (van Ethiopië; voorheen die Eritrea Outonome Gebied).
Grondwet
Die oorgangsgrondwet, afgekondig op 19 Mei 1993, is vervang deur 'n nuwe grondwet, wat aanvaar is op 23 Mei 1997, maar word nog nie toegepas nie.
Regstelsel
Dit funksioneer op die grondslag van oorgangswette wat insluit voor onafhanklikheid-verordenings van die Eritrese Bevrydingsvolksfront, gewysigde Ethiopiese wette, gewoontereg en postonafhanklikheidswette.
Ekonomie
BBP: koopkragpariteit - $3,3-miljard (2002-skatting). BBP – per kop: koopkragpariteit - $700 (2002-skatting).
Nywerhede
Voedselverwerking, drinkgoed, klere en tekstielstof.
Geldeenheid
1 Eritrese nafka = 100 sent.
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.