From Wikipedia, the free encyclopedia
Samoa (Samoaans: Sāmoa, [ˌsaːˈmoa]; Engels: [səˈmoʊə]), amptelik die Onafhanklike Staat Samoa (Samoaans: Malo Sa'oloto Tuto'atasi o Sāmoa; Engels: Independent State of Samoa), tot op 4 Julie 1997 amptelik Wes-Samoa (Engels: Western Samoa), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 2 831 km² en 'n bevolking van 208 853 in 2024.[2]
| |||||
Nasionale leuse: Fa'avae i le Atua Sāmoa (Samoaans vir: "Samoa is gegrond op God") | |||||
Volkslied: O le fuʻa o le saʻolotoga o Samoa (Samoaans vir: "Die vaandel van vryheid") | |||||
Hoofstad | Apia | ||||
Grootste stad | Apia | ||||
Amptelike tale | Samoaans en Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Va'aletoa Sualauvi II Naomi Mataʻafa | ||||
Onafhanklikheid | 28 Oktober 1960 1 Januarie 1962[1] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 831[2] km2 (177ste) 1 093 myl2 0,3 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2021-sensus - Digtheid |
208 853[2] (184ste) 205 557[3] 73,8 / km2 (144ste) 191,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,702[5] (116de) – hoog | ||||
Gini (2013) | 38,7[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Tala (WST ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+13) (UTC+14) | ||||
Internet-TLD | .ws | ||||
Skakelkode | +685 | ||||
a. Staatshoof |
Samoa is in die ooste van Wallis en Futuna, in die suidooste van Tuvalu, in die suide van Tokelau, in die weste van Amerikaans-Samoa en in die noorde van Tonga geleë. Die hoofstad en grootste stad is Apia. Samoa vorm saam met die eilandgebied Amerikaans-Samoa die Samoa-eilande.[7]
Die westelike deel van Samoa het as gevolg van die Verdrag van Berlyn in 1889 'n Duitse kolonie geword, terwyl die oostelike deel 'n Amerikaanse kolonie geword het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is Duits-Samoa deur Nieu-Seeland beset en het ná die wapenstilstand van die Duitse Keiserryk 'n Volkebondmandaat van Nieu-Seeland geword. Op 1 Januarie 1962 het Wes-Samoa sy onafhanklikheid verkry van Nieu-Seeland. Samoa is 'n unitêre parlementêre grondwetlike republiek binne die Britse Statebond met die O le Ao o le Malo ("Opperhoof van die Regering") as staatshoof.
Daar is verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam "Samoa". Dit is moontlik afkomstig van 'n Polinesiese hoofman se naam, volgens 'n ander teorie beteken dit "plek van die moa".[8] Volgens 'n Samoaanse weergawe is dit saamgestel uit die woorde Sa ("stam, volk van") en Moa ("hoender") en verwys na die hoogste titelhouer in die oostelike Amerikaans-Samoa. Volgens taalkundige bewyse kan dit ook "mense van die oseaan of diepsee" beteken.[2][9] Luidens moderne verklarings is dit saamgestel uit die woorde sa ("heilig") en moa ("sentrum") en beteken "heilige sentrum", maar dit kan ook "plek van die heilige moa-voël" beteken.[2]
Die Nieu-Seelanders het rugby in Samoa gevestig en dit is verreweg die gewildste sportsoort in dié land. Samoa is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Fidji, Nieu-Seeland, Tonga en Wallis kan soortgelyke bewerings maak.[10] Die Samoaanse nasionale rugbyspan het sedert 1987 vir amper elke rugbywêreldbekertoernooi (behalwe vir dié van 1987) gekwalifiseer. Hulle is veral bekend vir die tradisionele Siva Tau-oorlogsdans voor elke wedstryd. Met 'n bevolking van amper 200 000 is die keuring van talentvolle spelers in vergelyking met ander lande baie klein, maar Samoa behoort konstant aan die 15 beste spanne wêreldwyd en hulle is redelik mededingend. Dié land ly egter onder 'n groot uitvloei aan talent, aangesien baie spelers in die professionele ligas in Australië, Nieu-Seeland, Europa of Japan speel en deur die onderskeie land ingeburger word. Volgens Wêreldrugby se reëls is 'n tydperk van vyf jaar ononderbroke blyplek genoeg om vir die nasionale span van 'n ander land uit te draf (tot aan die einde van 2020 was dit slegs drie jaar).[11] Sedert die 1970’s het baie Samoane veral na Nieu-Seeland vertrek. Van die bekendste Nieu-Seelandse spelers met 'n Samoaanse herkoms is Jerry Collins, Michael Jones, Chris Masoe, Mils Muliaina, Isaia Toeava en Tana Umaga, terwyl Manu Tuilagi vir Engeland uitdraf.
Die Stille Oseaan-eilandstate se beheerliggame is nie sterk genoeg om hierdie uitvloei aan talent stop te sit nie. Soms word die sistematiese stropery in 'n ironiese manier met die 19de eeuse Blackbirding vergelyk.[12] Samoane, wat hul eie land verteenwoordig, kan nie altyd vir hul nasionale span verskyn nie, aangesien veral Engelse klubs huiwerig is om spelers vir toetswedstryde beskikbaar te stel. Die professionele span Moana Pasifika, wat sedert 2022 aan die internasionale toernooi Superrugby deelneem, sal as ’n oplossing dien. In dié span, wat in die Nieu-Seelandse stad Auckland gesetel is, speel Samoane saam met Tongane en Nieu-Seelanders met ’n Polinesiese herkoms; dié span streef ’n verkieslik “Stille Oseaan”-karakter na.[13] Aan die begin van 2022 het Wêreldrugby ’n nuwe reël geïmplementeer wat vir die Stille Oseaan-eilandstate as baie voordelig beskou word. Hiervolgens kan nasionale spelers van ’n “groot” rugbyland na ’n ander land oorskakel, ongeag die aantal toetswedstryde wat tot dusver gespeel is. Hiervoor moes 36 maande verloop het sedert die laaste toetswedstryd en die speler moet in die betrokke land gebore wees; ’n oorskakeling is ook moontlik met ’n ouer of grootouer wat daar gebore is.[14]
Samoa beskik met die Apiapark oor 'n baie moderne rugbystadion, maar dit word die meeste van die tyd nie gebruik nie. Daar is min opponente wat bereid is om die lang rys na Samoa aan te pak. Australië en Nieu-Seeland kom slegs selde teen die eilandstate te staan. Teen einde van meer toetswedstryde is die Stille Oseaan-nasiesbekertoernooi (tot 2006 die Stille Oseaan-drienasies genoem) gestig, waaraan onder andere die nasionale spanne van Samoa, Fidji en Tonga deelneem.
Soos in ander Stille Oseaan-eilandstate word op Samoa 'n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen, kilikiti genoem.[15] Kilikiti word as die nasionale sportsoort van Samoa beskou.[16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.