Die jaar 1962 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 62ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Kalenders |
|
Swaeldioksied |
|
- 1 Januarie – Wes-Samoa word onafhanklik van Nieu-Seeland.
- 10 Januarie – Drie mense verdrink toe die Boesmansrivier sy walle oorstroom naby Estcourt en Weenen in Natal.
- 26 Januarie – Bouwerk begin aan die Pretoriase Kunsmuseum in Arcadia, Pretoria.
- 26 Januarie – Ranger-program: Ranger 3, 'n onbemande ruimtetuig, word lanseer.
- 20 Februarie – John Glenn, word die eerste Amerikaner wat om die Aarde wentel in Friendship 7.
- 8 Maart – Die Castel Bolognese-treinramp vind plaas naby Ravenna in Italië.
- 21 April – Die Universiteit van Brasília word geopen.
- 23 April – Ranger-program: Ranger 4, 'n onbemande ruimtetuig, word lanseer.
- 26 April – Die Ranger 4-ruimtetuig bots met die maan.
- 30 Mei-17 Junie – Die sewende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Chili gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 1 Julie – Burundi en Rwanda word onafhanklik van België.
- 3 Julie – Algerië word onafhanklik van Frankryk.
- 9 Julie – Die Starfish Prime-kernontploffing in die ruimte vind plaas.
- 10 Julie – Die kommunikasie satelliet Telstar 1 word lanseer.
- 22 Julie – Mariner-program: Mariner 1 word lanseer.
- 6 Augustus – Jamaika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 16 Augustus – Die Beatles vervang tromspeler Pete Best met Ringo Starr.
- 27 Augustus – Mariner-program: Mariner 2 word lanseer.
- 17 Augustus – Oos-Duitse grenswagte skiet die 18-jarige Peter Fechter dood tydens sy poging om oor die Berlynse Muur na Wes Berlyn te vlug.
- 31 Augustus – Trinidad en Tobago word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Oktober – Die fregat SAS President Kruger word in diens gestel.
- 9 Oktober – Uganda word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 18 Oktober – Ranger-program: Ranger 5, 'n onbemande ruimtetuig, word lanseer.
- 22 Oktober – Kubaanse missielkrisis: Die Amerikaanse president John F. Kennedy kondig op televisie aan dat Sowjetse kernwapens in Kuba ontdek is en dat hy ’n vlootkwarantyn van dié eilandnasie beveel het.
- 21 November – Meer as 200 lede van Poqo (die Pan Africanist Congress of Azania se militêre vleuel) val die polisiestasie en wit woonbuurtes van Paarl aan. Nadat drie Poqo-lede voor die polisiestasie doodgeskiet word, begin die vlugtende aanvallers huise in Loopstraat aanval en vermoor twee blanke burgerlikes; nog twee aanvallers word daarna doodgeskiet.
- 3 Desember – Londen word toegevou in 'n kombers van mis en tientalle mense gaan dood as gevolg van swaeldioksied-vergiftiging voor die mis vier dae later verdwyn.
- 14 Desember – Mariner 2 word die eerste ruimtetuig om verby Venus te vlieg.
- In Kanada word die Trans-Canada Highway geopen, die eerste regstreekse verbinding tussen die Pasifiese en Atlantiese kusgebiede van die land.
- 1 Januarie – Jaco Reinach, Springbokrugbyspeler en atleet. († 1997).
- 1 Januarie – Deon Coetzee, Suid-Afrikaanse akteur.
- 6 Januarie – Mike Schüssler, Suid-Afrikaanse ekonoom († 2022).
- 21 Januarie – Jennifer van den Heever, Namibiese politikus.
- 1 Februarie – Zanele kaMagwaza-Msibi, SA politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty († 2021).
- 22 Februarie – Steve Irwin, Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder († 2006).
- 9 Maart – Richard Quest, Engelse joernalis en verslaggewer van CNN International in Londen.
- 21 Maart – Zackie Achmat, Suid-Afrikaanse burgerregte-aktivis.
- 21 Maart – Rosie O'Donnell, Amerikaanse aktrise.
- 24 Maart – Francois Loots, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 16 April – Antony Blinken, Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake.
- 26 Mei – Colin Vearncombe, beter bekend onder sy verhoognaam Black, Engelse sanger en liedjieskrywer († 2016).
- 27 Mei – David Mundell, Britse dienede politikus.
- 30 Mei – Bernd Glemser, Duitse pianis en pedagoog.
- 8 Junie – Dr. Nicol Stassen, skrywer, sakeman en direkteur van Protea Boekhuis.
- 16 Junie – Arnold Vosloo, Suid-Afrikaanse akteur.
- 19 Junie – Paula Abdul, Amerikaanse aktrise en sanger.
- 2 Julie – Wei Qingguang, Chinese tafeltennisspeler, later in Japan bekend as Seiko Iseki.
- 3 Julie – Tom Cruise, Amerikaanse filmakteur.
- 5 Julie – Mandlenkosi Galo, Suid-Afrikaanse politikus.
- 15 Julie – Ebrahim Rasool, oud-premier van die Wes-Kaap.
- 19 Julie – Anthony Edwards, Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur.
- 30 Augustus – Nataniël (le Roux), Suid-Afrikaanse kabaretkunstenaar en TV-sjef.
- 15 September – François Bloemhof, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 18 September – John Mann, Kanadese musikant en akteur († 2019).
- 20 September – Jim Al-Khalili, Britse teoretiese fisikus en skrywer.
- 28 September – Thuli Madonsela, advokaat en voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.
- 28 September – Thomas Mørk, Deense akteur en regisseur.
- 12 Oktober – Michelle Botes, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 13 Oktober – Kelly Preston, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1 November – Anthony Kiedis, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur (Red Hot Chili Peppers).
- 14 November – Harland Williams, Kanadese akteur en skrywer.
- 4 Desember – Alexander Litvinenko, voormalige FSB-lid sterf in Londen na vermoedelike vergiftiging met polonium-210 († 2006).
- 21 Desember – Steven Mnuchin, 77ste Minister van Finansies van die Verenigde State.
- 17 Januarie – Gerrit Achterberg, Nederlandse digter (* 1905).
- 27 Januarie – Alfred Bitini Xuma, Suid-Afrikaanse leier, aktivis en ANC-president van 1940 tot 1949 (* 1893).
- 29 Januarie – Fritz Kreisler, Oostenryksgebore violis en komponis (* 1875).
- 17 Februarie – Bruno Walter, Duits-Oostenrykse dirigent, pianis en komponis (* 1876).
- 5 April – John Spurgeon Henkel Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1871).
- 28 April – Bennie Osler, Suid-Afrika se sewentiende Springbokkaptein (* 1901).
- 19 Junie – Frank Borzage, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger (* 1894).
- 1 Junie – Adolf Eichmann, Nazi-Duitse SS-offisier en oorlogsmisdadiger (* 1906).
- 5 Augustus – Marilyn Monroe word dood in haar bed aangetref met 'n leë houer slaappille by haar sy (* 1926).
- 3 September – E.E. Cummings, Amerikaanse digter (* 1894).
- 24 September – Charles Reisner, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer (* 1887).
- 8 Oktober – Solomon Linda, Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer (* 1909).
- 18 November – Niels Bohr, 'n Deense fisikus (* 1885).
- 28 November – Wilhelmina, koningin van Nederland (* 1880).
- 7 Desember – Bob Loubser, Springbokrugbyspeler en politikus (* 1884).
- 21 Desember – Alys Fane Trotter, Suid-Afrikaanse skryfster en kunstenares (* 1863).
- 21 Desember – Gary Hocking in 'n Lotus Climax sterf in 'n oefenwedren voor die Natalse Grand Prix op die Westmeadbaan (* 1937).
- 29 Desember – Hans Rosbaud, Oostenrykse dirigent (* 1895).