Die jaar 1875 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Kalenders |
|
H.C. Andersen |
|
- 11 Februarie – Louise Willy, Franse kabaretkunstenaar, teater- en rolprentaktrise († 1940).
- 7 Maart – Maurice Ravel, Franse komponis († 1937).
- 14 Maart – Norman O'Neill, Britse dirigent en komponis († 1934).
- 16 Maart – Bruckner de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus († 1948).
- 1 April – Edgar Wallace, Engelse skrywer († 1932).
- 2 April – Walter Chrysler, Amerikaanse nyweraar, pionier van die motorbedryf († 1940).
- 6 Junie – Thomas Mann, Duitse skrywer († 1955).
- 16 Junie – Philippus Christoffel Snyman, Afrikaanse gereformeerde professor in die teologie te Steynsburg († 1915)
- 5 Julie – Japie Hauptfleisch, Boerekryger († 1901).
- 28 Augustus – M.E.R., Afrikaanse skrywer († 1975).
- 1 September – Edgar Rice Burroughs, Amerikaanse skrywer en skepper van Tarzan († 1950).
- 3 September – Ferdinand Porsche, Oostenryks-Duitse motoringenieur († 1951).
- 4 Oktober – Gustav Preller, joernalis, redakteur en geskiedskrywer († 1943).
- 9 November – Hugh Lane, Ierse kunshandelaar, -versamelaar en galerydirekteur († 1915).
- 4 Desember – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter († 1926).
- 12 Desember – Gerd von Rundstedt, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1953).
- Aleister Crowley, wat die konsep van towerkrag gedefinieer het in okkultisme.
- 2 Februarie – Carl Jakob Sundevall, 'n Sweedse dierkundige (* 1801).
- 17 Februarie – Friedrich Wilhelm August Argelander, Duitse sterrekundige (* 22 Maart 1799).
- 27 Maart – Abraham Faure die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch (* 1795).
- 2 April – Karel Landman, 'n voortrekkerleier en tweede in bevel tydens die Slag van Bloedrivier (* 1796).
- 4 April – Karl Mauch, Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika (* 1837)
- 8 Mei – John Thomas Baines, was 'n Engelse kunstenaar en ontdekkingsreisiger van die Britse kolonies van Suider-Afrika en Australië (* 1820).
- 19 Mei – Sir Christoffel Josephus Brand, die eerste Speaker van die Kaapse parlement (* 1779).
- 3 Junie – Georges Bizet, Franse komponis (* 1838).
- 29 Junie – Ferdinand I, keiser van Oostenryk (* 1793).
- 31 Julie – Andrew Johnson, die 17de President van die Verenigde State (* 1808).
- 4 Augustus – Hans Christian Andersen, 'n Deense feëverhaal skrywer en digter (* 1805)
- 30 Desember – Adam Kok III, leier van die Griekwas (* 1811)