Hugh Lane
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir Hugh Percy Lane (* 9 November 1875; † 7 Mei 1915) was 'n Ierse kunshandelaar, -versamelaar en galerydirekteur wat veral bekendstaan as die stigter van Dublin se munisipale kunsmuseum, die Municipal Gallery of Modern Art (die eerste bekende openbare kunsgalery ter wêreld wat aan moderne kuns gewy is) en sy bydrae tot die bevordering van visuele kunste in Ierland, insluitende die Lane Bequest. In Suid-Afrika was hy naas Florence Phillips een van die twee sleutelfigure in die totstandkoming van die Johannesburgse Kunsmuseum.[1] Vir sowel die Goudstad se kunsmuseum asook die Michaelis-versameling te Kaapstad het Lane die oorspronklike kunsversamelings opgebou.
Hugh Lane | |
---|---|
Portret van Hugh Lane deur John Singer Sargent in 1906 | |
Gebore | Hugh Percy Lane 9 November 1875 County Cork, Ierland |
Sterf | 7 Mei 1915 (op 39) |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | kunstenaar |
Hugh Lane is aan boord van die passasierskip RMS Lusitania oorlede nadat dit op 7 Mei 1915 deur 'n Duitse torpedo getref is en vergaan het.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.