1274 – In Frankryk open die Tweede konsilie van Lyons om die verkiesing van die pous te reguleer.
1318 – Die spiritualistiese Franciskaner monikke Jean Barrani, Dieudonné Michaëlis, Guilhem Sancton en Pons Rocha van Narbonne verskyn voor die Inkwisisie en word in Accoulles op die brandstapel tereggestel.
1864 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Weermag van die Potomac, onder generaal Ulysses S. Grant, breek weg van die Slag van die Wildernis en beweeg suid.
1945 – Tweede Wêreldoorlog: Generaal Alfred Jodl teken voorwaardes vir onvoorwaardelike oorgawe by Reims, Frankryk, en beëindig Duitsland se deelname aan die oorlog. Die dokument is geldig vanaf die volgende dag.
1946 – Tokyo Telecommunications Engineering (later hernoem as Sony) gestig met ongeveer 20 werknemers.
1952 – Die konsep vir die geïntegreerde stroombaan, die basis vir alle moderne rekenaars, vir die eerste keer deur Geoffrey W.A. Dummer gepubliseer.
1999 – Kosovo-oorlog: In Joegoslawië sterf drie werknemers van die Chinese ambassade en 20 word gewond toe 'n NAVO-vliegtuig per ongeluk die Chinese ambassade in Belgrade bombardeer.
2021 – Die Colonial Pipeline-kuberaanval vind plaas, wat op daardie stadium die grootste kuberaanval op 'n olie-infrastruktuur-teiken in die geskiedenis van die Verenigde State was.