- Januarie – Corsair Gaming,'n Amerikaanse rekenaar randapparatuur en hardeware maatskappy gestig.
- 1 Januarie – Die NAFTA word gestig deur Kanada, Meksiko en die Verenigde State van Amerika.
- 3 Januarie – ’n Toepolef Tu-154 straalvliegtuig van Baikal Lugredery, stort neer kort nadat dit opstyg vanaf Irkoetsk, in Rusland, en 125 mense, insluitende een op die grond, sterf.
- 17 Januarie – Die Northridge-aardbewing skud die Amerikaanse stad Los Angeles, Kalifornië op Martin-Luther-King-dag.
- 12-27 Februarie – Die 17de Olimpiese Winterspele word in Lillehammer, Noorweë, aangebied.
- 22 Februarie – Die Merriespruit-slikdamramp vind plaas te Virginia.
- 1 Maart – Walvisbaai word amptelik aan Namibië oorhandig deur Suid-Afrika.
- 4 Maart – Die Vryheidsfront Plus, 'n Suid-Afrikaanse politieke party, word gestig.
- 10–19 Maart – Die sesde Paralimpiese Winterspele word in Lillehammer, Noorweë, aangebied.
- 15 Maart – Suid-Afrika se nuwe nasionale vlag word onthul.
- 27 Maart – Die Eurofighter Typhoon vegvliegtuig onderneem sy nooiensvlug in Europa.
- 28 Maart – Die "Shell House"-slagting tussen lede van die Inkatha-Vryheidsparty en die African National Congress vind in Johannesburg plaas.
- 6 April – Die Rwandese volksmoord begin toe die vliegtuig met die President van Rwanda, Juvénal Habyarimana, en die President van Burundi, Cyprien Ntaryamira, deur ekstremiste met missiele neergeskiet is.
- 15 April – Die Marrakesj-verdrag word geteken om die Wêreldhandelsorganisasie te vorm.
- 18 April – Brian Lara teken 375 lopies aan in 'n beurt in 'n kriekettoetswedstryd, en verbeter so Garfield Sobers se vorige rekord van 365.
- 27 April tot 29 April – Suid-Afrika se eerste volledig demokratiese verkiesing word gehou.
- 10 Mei – Nelson Mandela word as Suid-Afrika se eerste swart President ingehuldig.
- 1 Junie – Die Republiek van Suid-Afrika word hertoegelaat tot die Britse Statebond.
- 17 Junie – O.J. Simpson, voetbalheld, gearresteer vir die moord op sy vrou.
- 17 Junie-17 Julie – Die 15de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in die Verenigde State van Amerika gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 22 Julie – 'n Staatsgreep vind in die Gambië plaas. Die 29-jarige Yahya Jammeh word die nuwe president.
- 18–28 Augustus – Die Statebondspele word in Victoria, Kanada aangebied.
- 20 Augustus – Vuyani Bungu, 'n Suid-Afrikaanse juniorveergewigbokser, behaal 'n onverwagse oorwinning oor die Amerikaner Kennedy McKinney om die titel van IBF-kampioen te verower.
- 1 Oktober – Palau word van die Verenigde State van Amerika onafhanklik.
- 14 Januarie – Dricus du Plessis Suid-Afrikaanse professionele gemengde gevegskunstenaar
- 25 Januarie – Chloe Tryon, Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler
- 1 Februarie - Harry Styles, Engelse sanger-liedjieskrywer.
- 10 Februarie – Justin Basson, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (slot).
- 23 Februarie – Dakota Fanning, Amerikaanse aktrise.
- 24 Februarie – Kang Seul-gi, Koreaanse popsangeres.
- 28 Februarie – Jake Bugg, Engelse sanger en liedjieskrywer.
- 1 Maart – Justin Bieber, Kanadese sanger.
- 11 Maart – Handré Pollard, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springboklosskakel.
- 9 April – Joey Pollari, Amerikaanse akteur.
- 18 April – Moisés Arias, Amerikaanse akteur.
- 26 April – Daniil Kvyat, Russiese Formule Eenrenjaer.
- 7 Mei – Jean-Luc du Plessis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (losskakel).
- 16 Mei – Miles Heizer, Amerikaanse akteur.
- 24 Mei – Cayden Boyd, Amerikaanse akteur.
- 22 Junie – Marnus Labuschagne, Suid-Afrikaansgebore Australiese krieketspeler.
- 28 Junie – Anish Giri, Russies-Nederlandse skaakgrootmeester.
- 4 Augustus - Greg Joseph, Suid-Afrikaanse-Amerikaanse voetbalspeler.
- 19 Augustus – Tamaryn Green, Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin, Mej Suid-Afrika 2018.
- 1 September – Carlos Sainz jr., Spaanse Formule Eenberoepsrenjaer.
- 16 September – Aleksandar Mitrović, Serwiese sokkerspeler.
- 25 September – Jansen Panettiere, Amerikaanse akteur († 2023).
- 18 Oktober – Pascal Wehrlein, Duitse Formule Eenberoepsrenjaer.
- 17 Desember – Nat Wolff, Amerikaanse akteur en komponis.
- 1 Januarie – Cesar Romero, Kubaans-Amerikaanse akteur en komediant (* 1907).
- 2 Februarie – Marija Gimbutas, Litaus-Amerikaanse argeoloog (* 1921).
- 19 Februarie – Francois Krige, Suid-Afrikaanse kunstenaar. Broer van die skrywer Uys Krige (* 1913).
- 24 Februarie – Dinah Shore, Amerikaanse sangeres (* 1916).
- 26 Februarie – Avery Fisher, Amerikaanse uitvinder, ondernemer, musiekgeesdriftige en filantroop (* 1906).
- 6 Maart – Koos Prinsloo, Afrikaanse joernalis en skrywer van postmodernistiese kortverhale (* 1957).
- 9 Maart – Charles Bukowski, Duits-Amerikaanse digter, romanskrywer en kortverhaalskrywer (* 1920).
- 5 April – Kurt Cobain, Amerikaanse musikant (* 1967).
- 2 April – Betty Furness, Amerikaanse aktrise en skrywer (* 1916).
- 7 April – Golo Mann, Duitse geskiedkundige, publisis en skrywer (* 1909).
- 22 April – Richard Nixon, Amerikaanse politikus en staatsman; 37ste President van die Verenigde State (* 1913).
- 1 Mei – Ayrton Senna, Brasiliaanse renjaer (* 1960).
- 12 Mei – Erik Erikson, Duits-Amerikaanse ontwikkelingsielkundige (* 1902).
- 19 Mei – Jacqueline Kennedy Onassis, 'n Amerikaanse boekredakteur, sosiale vlinder asook die Eerste Dame van die Verenigde State van Amerika, (* 1929).
- 29 Mei – Erich Honecker, Oos-Duitse politikus (* 1912)
- 8 Julie – Cora Marie, Suid-Afrikaanse country-sangeres (* 1953).
- 8 Julie – Kim Il Sung, politikus van Noord-Korea (* 1912).
- 8 Julie – Dick Sargent, Amerikaanse akteur (* 1930).
- 11 Julie – Shannon Wilsey (Savannah), Amerikaanse aktrise, pornoster (* 1970).
- 23 Julie – Lennox Sebe, Ciskei president (* 1926).
- 29 Julie – Dorothy Crowfoot Hodgkin, 'n Britse grondlegger van proteïen kristallografie (* 1910).
- 19 Augustus – Linus Pauling, Amerikaanse chemikus, biochemikus, chemiese ingenieur en Nobelpryswenner (* 1901)
- 12 September – Tom Ewell, Amerikaanse akteur (* 1909).
- 17 September – Karl Popper, Oostenryks-Britse filosoof (* 1902)
- 20 Oktober – Burt Lancaster, Amerikaanse akteur (* 1913)
- 23 Oktober – Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog (* 1916)
- 5 November – Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die NG Kerk (* 1928)
- 8 Desember – Antônio Carlos Jobim, Brasiliaanse liedjieskrywer, komponis en sanger (* 1927).
- 10 Desember – G.S. Nienaber, Afrikaanse taalkundige (* 1903).
- 12 Desember – Stuart Roosa, Amerikaanse lugvaartingenieur en ruimtevaarder (* 1933).