13 Mei
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
13 Mei is die 133ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (134ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 232 dae in hierdie jaar.
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
Gebeure
- 535 – Pous Agapetus I volg Pous Johannes II op.
- 609 – Die kerk van Maria en alle martelare wat op die plek van die Panteon gebou is, word deur Pous Bonifatius IV ingewy.
- 1572 – Pous Gregorius XIII volg Pous Pius V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1585 – Pous Sixtus V stel sy kleinneef Alessandro Damasceni (14 jaar oud) aan as kardinaal.
- 1607 – Jamestown, Virginië bewoon as 'n Engelse kolonie.
- 1619 – Nederlandse staatsman Johan van Oldenbarnevelt word tereggestel in Den Haag nadat hy aangekla is van verraad.
- 1653 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII) word aartsbiskop van Imola.
- 1787 – Kaptein Arthur Phillip verlaat Portsmouth, Engeland met elf skepe vol gevangenes om 'n gevangeniskolonie te stig in Australië.
- 1830 – Ecuador verkry onafhanklikheid.
- 1846 – Mexikaanse-Amerikaanse Oorlog: Die Verenigde Koninkryk verklaar oorlog teen Mexico.
- 1848 – Eerste uitvoering van Finland se volkslied.
- 1871 – Die Italiaanse parlement erken die soewereiniteit van die Pous.
- 1880 – Thomas Edison toets sy elektriese spoorweg vir die eerste keer in Menlo Park, New Jersey.
- 1884 – Sir Thomas Upington word eerste minister van die Kaapkolonie.
- 1888 – Brasilië stop die praktyk van slawerny.
- 1912 – In die Verenigde Koninkryk, word die Royal Flying Corps (nou genoem die Royal Air Force) gevorm.
- 1913 – Igor Sikorsky word die eerste persoon wat 'n viermotorige vliegtuig vlieg.
- 1917 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word biskop gewy.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Nazi Duitsland se inval van Frankryk begin toe die Duitse weermag die Meuserivier oorsteek.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Koningin Wilhelmina van Nederland vlug voor die Nazi-inval van Nederland na Groot-Brittanje. Prinses Juliana neem haar kinders na Kanada vir hulle veiligheid.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse Afrika Korps en Italiaanse troepe in Noord-Afrika gee oor aan die geallieerde magte.
- 1958 – Pierre Pflimlin word Eerste Minister van Frankryk
- 1958 – Velcro se handelsmerk word geregistreer.
- 1960 – Dhaulagiri, die 7de hoogste berg word geklim.
- 1969 – Rassebetoogings in Kuala Lumpur, Malaysië, later bekend as die May 13 Incident.
- 1978 – Rebelle beset Kolwezi in Zaïre en neem omtrent 3,000 Europeërs as gyselaars, van wie omtrent 280 vermoor word.
- 1981 – Mehemet Ali Agca probeer om Pous Johannes Paulus II om die lewe te bring by die St. Peter Plein in Rome.
- 2000 – Vuurwerkfabriek in Enschedese wyk Roombeek ontplof, waartydens 23 mense sterf.
Geboortes
- 1655 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII), die 244ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1724).
- 1713 – Alexis Clairaut, 'n Franse wiskundige en denker († 1765).
- 1792 – Pous Pius IX, die 255ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1878).
- 1840 – Alphonse Daudet, bekende 19de eeuse Franse skrywer († 1897).
- 1887 – Elena Caragiani-Stoenescu, eerste vroulike vlieënier in Roemenië († 1929).
- 1907 – Dame Daphne du Maurier, Britse outeur († 1989).
- 1914 – Joe Louis, Amerikaanse bokser († 1981).
- 1922 – Bea Arthur, Amerikaanse aktrise († 2009).
- 1924 – Harry Schwarz, Suid-Afrikaanse politikus en VN-ambassadeur († 2010).
- 1939 – Harvey Keitel, Amerikaanse akteur.
- 1949 – Glenda Kemp, Suid-Afrikaanse ontkleedanseres, aktivis en onderwyseres.
- 1950 – Stevie Wonder, sanger, pianis, tromspeler.
- 1968 – Scott Morrison, 30ste Eerste Minister van Australië.
- 1977 – Tom Cotton, junior senator vir Arkansas.
- 1980 – Jaco Peyper, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 1983 – Grégory Lemarchal, Franse sanger († 2007).
- 1989 – Melinda Bam, Suid-Afrikaanse internasionale model, Mej. Suid-Afrika 2011.
Sterftes
- 1925 – Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie en lid van die Britse kabinet (* 1852).
- 1930 – Fridtjof Nansen, Noorse ontdekkingsreisiger en wenner van die Nobelprys vir Vrede (* 1861).
- 1947 – Prof. Nicolaas Johannes Brümmer, Afrikaanse skrywer, NG predikant en hoogleraar aan die Kweekskool (* 1866).
- 1961 – Gary Cooper, Amerikaanse akteur (* 1901).
- 1972 – Dan Blocker, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 1981 – Josef-Ernst Fürst Fugger von Glött, Duitse politikus (* 1895).
- 1984 – Stanislaw Ulam, Pools-Amerikaanse wiskundige en kernfisikus (* 1909).
- 2009 – Monica Bleibtreu, Oostenrykse aktrise (* 1944).
- 2019 – Doris Day, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 2022 – Khalifa bin Zayed Al Nahayan, President van die Verenigde Arabiese Emirate (* 1948).
Vakansiedae
- Moedersdag - 2001, 2007, 2012
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.