29 Mei is die 149ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (150ste in skrikkeljare). Daar volg nog 216 dae.
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
Gebeure
- 363 – Die Romeinse Keiser Julian en sy leër behaal 'n oorwinning oor die leër van die Sassanide by Ktesiphon.
- 757 – Pous Paulus I volg sy ouer broer Pous Stefanus II op.
- 1138 – Pous Innocentius II se pontifikaat nie verder betwis nie. Teenpous Victor IV (Gregorius) onderwerp hom aan Innocentius.
- 1157 – Die Cisterciënsers open hul eerste abdei buite Europa, die klooster van Balamand in die hertogdom van Tripoli.
- 1176 – Slag van Legnano, die leër van die Lombardiese Liga verslaan die leër van keiser Frederik I Barbarossa.
- 1289 – Pous Nicolaas IV kroon Karel II van Napels en Sisilië tot koning.
- 1328 – Philip VI word as koning van Frankryk gekroon.
- 1390 – Pous Bonifatius IX kroon Ladislaus tot koning van Napels.
- 1418 – In die burgeroorlog tussen die Armagnacs en Bourguignons slaag laasgenoemde daarin om die stad Parys in te neem. Die stad se inwoners open een van die stadspoorte vir die offisier Jean de Villiers de l'isle-Adam.
- 1453 – Ottomaanse magte aangevoer deur Sultan Mehmet II Fatih neem Konstantinopel in na 'n beleg van byna twee maande. Die verowering verseël die ondergang van die Bisantynse Ryk.
- 1453 – In die Hagia Sophia kerk in Konstantinopel word die eerste Moslemgebed na die val van die stad gehou.
- 1500 – Voor die Kaap die Goeie Hoop sink vier skepe van die tweede Portugese Indië Ekspedisie wat deur Pedro Álvares Cabral gelei word. Bartolomeus Dias sterf tydens die voorval.
- 1529 – Die Protestantse predikant Jakob Kaiser word in Schwyz as ketter op die brandstapel verbrand omdat hy in die Rooms-Katolieke stadjie Uznach die gereformeerde leer gepreek het. Sy teregstelling word een van die beweegredes vir die Eerste Kappeleroorlog.
- 1537 – Pous Paulus III publiseer die bul Sublimus Dei wat die verslawing van Amerikaanse Indiane verbied.
- 1555 – Ottomaanse–Safawidiese oorlog: Die vrede van Amasya beëindig die Ottomaanse–Safawidiesevid oorlog wat tussen van 1532 te 1555 gewoed het. Vir die volgende 20 jaar is daar vrede tussen die Ottomaanse en die Persiese Ryk.
- 1605 – Pous Paulus V word gekroon deur kardinaal Francesco Sforza.
- 1660 – Charles II herstel tot die troon van Engeland.
- 1692 – Die Franse Vloot word tydens die seeslagte van Barfleur en La Hougue teen die Nederlandse en Britse Vloot drasties uitgedun.
- 1715 – Pous Clemens XI stel vier nuwe kardinale aan waaronder Henri-Pons de Thiard de Bissy, biskop van Meaux, Frankryk.
- 1717 – In Suid-Amerika word die Spaanse vise-koninkryk Nieuw-Granada gestig.
- 1724 – Pous Benedictus XIII volg Pous Innocentius XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1727 – Pieter II word tsaar van Rusland.
- 1733 – Reg van Kanadese om Indiaanse slawe te besit goedgekeur in Quebec
- 1775 – Pous Pius VI stel sy oom Giovanni Carlo Bandi, biskop van Imola, aan as kardinaal.
- 1790 – Rhode Island word die 13de deelstaat van die Verenigde State.
- 1807 – Onder die druk van die Janissaries word Selim III, wat sedert 1789 die heerser van die Ottomaanse Ryk was, onttroon en in hegtenis geneem.
- 1809 – In die tweede slag van Bergisel verslaan die Tirolers onder Andreas Hofer, die Beiere wat in bondgenootskap met die Franse staan.
- 1813 – Die Optiese Telegraaflyn Metz–Mainz word deur die Franse na die stelsel Claude Chappes geopen. Belangrike boodskappe is in ´n gekodeerde vorm deur middel van sein-stasies aangestuur.
- 1814 – Die Franse besetting van die stad Hamburg word beëindig. Die Franse onder die bevel van Louis-Nicolas Davout wat die stad sedert 30 Mei 1813 in hulle mag hou, oorhandig de stad aan die Koalisiemagte onder Levin August von Bennigsen.
- 1848 – Wisconsin word ingehuldig as die dertigste staat van die Verenigde State.
- 1864 – Keiser Maximilian van Meksiko arriveer die eerste meer in Meksiko.
- 1865 – In Kiel word die Duitse Seereddingsvereniging gestig.
- 1886 – Apteker John Pemberton begin om Coca-Cola te adverteer (advertensie in die Atlanta Journal).
- 1886 – Die Putneybrug word in Wes-Londen geopen.
- 1895 – Japannese magte land in Keelung op die eiland Taiwan (wat China aan Japan gesedeer het) om die Republiek van Formosa te beveg.
- 1900 – Die Franse stig Fort Lamy in Noord-Afrika. Dit word later die hoofstad van Tsjad , en word later in N'Djamena herdoop.
- 1903 – Alexander Obrenovic, Koning van Serbië vermoor in Belgrade deur die Swart Hand (Crna Ruka) organisasie.
- 1913 – Igor Strawinski se tweeledige avantgardistiese ballet- en orkesstuk Le Sacre du printemps word vir die eerste keer deur die Russiese balletgeselskap Ballets Russes in die Paryse Théâtre des Champs-Élysées opgevoer.
- 1914 – Die skip Empress of Ireland sink in die Golf van St. Lawrence; 1 024 mense sterf.
- 1918 – Finland ontvang sy nasionale vlag, die wit en blou simboliseer mere en sneeu.
- 1919 – Die waarneming van die verskuiwing van sterposisies gedurende 'n sonsverduistering bevestig Albert Einstein se relatiwiteitsteorie.
- 1920 – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word priester.
- 1921 – In 'n referendum in Salzburg stem 99.5% van die stemgeregtigdes vir ´n aansluiting van Salzburg aan Duitse Ryk. Die referendum het egter geen staatskundige gevolge nie.
- 1935 – Die Franse passasierskip Normandie vertrek op sy nooiensvaart. Die reuseskip is vir vyf jaar lank die wêreld se grootste skip.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Tydens die begrafnis van Wilhelm, prins van Pruise in Potsdam vind ´n spontane betoging plaas waaraan ongeveer 50 000 mense deelneem. Hierdie betoging gee aanleiding tot Hitler se "Prinzenerlass", 'n proklamasie waarin alle prinse se deelname aan die oorlog verbied word. Prins Wilhelm het tydens Duitsland se veldtog in die Weste gesneuwel.
- 1950 – St. Roch, die eerste skip wat rondom Noord-Amerika vaar, arriveer in Halifax, Nova Scotia.
- 1953 – Sir Edmund Hillary en Sherpa Tenzing Norgay word die eerste mense wat die piek van Everest bereik.
- 1954 – In die Hotel de Bilderberg in die Nederlandse dorp Oosterbeek begin die eerste streng geheime Bilderbergkonferensies.
- 1954 – Pous Pius XII verklaar Pous Pius X heilig.
- 1963 – In Oslo, word die Munchmuseum geopen om die werke van die Noorse skilder en grafiese kunstenaar Edvard Munch te vertoon.
- 1974 – In Israel volg Yitzhak Rabin die afgetrede Golda Meir as Eerste Minister op, en Shimon Peres die voormalige Minister van Verdediging, Moshe Dayan.
- 1977 – Janet Guthrie word die eerste vrou om te kwalifiseer vir die Indianapolis 500.
- 1986 – Die nuwe Vlag van Europa word vir die eerste keer op maat van die Europese volkslied voor die Berlaymontgebou in Brussel gehys.
- 1990 – Boris Jeltsin word tot President van die Parlement van die Sowjetrepubliek van Rusland verkies.
- 1992 – Switserland word lid van die Wêreldbank en die Internasionale monetêre Fonds.
- 1993 – In Solingen, Duitsland word tydens 'n xenofobiese brandstigting van 'n huis, vyf Turkse vroue en meisies vermoor.
- 1999 – Nigerië word 'n Federale Republiek met 'n presidensiële demokrasie. Die President is Olusegun Obasanjo.
- 2000 – Nadat die hele Kabinet van Fidji tydens 'n staatsgreep op 19 Mei deur George Speight gyselaar geneem is, en die President Kamisese Mara bedank het, verklaar die hoof van die gewapende magte, Frank Bainimarama, homself as tussentydse staatshoof om die staatsgreep af te weer.
- 2001 – In Afghanistan word bepaal dat alle nie-Moslems 'n geel teken op hulle klere moet vertoon.
- 2005 – 54,8% van die Franse kiesers verwerp die nuwe EU-grondwet tydens 'n referendum. 9 EU-Lande het egter reeds die nuwe grondwet bekragtig.
- 2012 – Aung San Suu Kyi, die opposisie-politikus van Mianmar, besoek op haar eerste reis na die buiteland in 24 jaar die naburige Thailand. Die militêre regering van Mianmar het haar jarelank onder huisarres geplaas.
- 2024 – Die sewende algemene verkiesing in Suid-Afrika wat onder die voorwaardes van algemene volwasse stemreg gehou word sedert die einde van die apartheidsera in 1994.
Geboortes
- 1439 – Francesco Todeschini Piccolomini (later Pous Pius III), die 215de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1503).
- 1630 – Koning Charles II van Engeland († 1685).
- 1804 – Ds. Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen, predikant († 1869).
- 1860 – Isaac Albeniz, Spaanse komponis († 1909).
- 1874 – G. K. Chesterton, Britse skrywer († 1936).
- 1877 – Otto Gebühr, Duitse akteur († 1954).
- 1880 – Oswald Spengler, Duitse kultuurhistorikus; (Die ondergang van die Awendland) († 1936).
- 1894 – Beatrice Lillie, Engelse aktrise († 1989).
- 1901 – Wolfgang Schmieder, Duitse bibliotekaris en musiekkundige († 1990).
- 1903 – Bob Hope, Amerikaanse komediant, akteur († 2003).
- 1907 – Alfred Rasser, Switserse komediant, akteur en politikus (* 1977).
- 1914 – Sherpa Tenzing Norgay (sien ook gebeure van 1953 hierbo) († 1986).
- 1917 – John F. Kennedy, 35ste President van die Verenigde State († 1963).
- 1926 – Abdoulaye Wade, Senegalese president.
- 1935 – André P. Brink, Suid-Afrikaanse skrywer (prosaïs, dramaturg, teoretikus) († 2015).
- 1939 – Ilse Pagé, Duitse aktrise (* 2017).
- 1940 – Farooq Leghari, voormalige president van Pakistan.
- 1958 – Annette Bening, Amerikaanse aktrise.
- 1959 – Rupert Everett, Britse akteur.
- 1981 – Juliana Knust, Brasiliaanse aktrise.
- 1987 – Anita Briem, Yslandse musikant en aktrise.
Sterftes
- 1259 – Christoph I, koning van Denemarke (* 1219).
- 1453 – Konstantyn XI Palaiologos, die laaste Bisantynse keiser (* 1405).
- 1500 – Bartolomeu Dias (50), Portugese seevaarder en ontdekkingsreisiger (* 1450).
- 1691 – Cornelis Tromp, Nederlandse admiraal (* 1629).
- 1814 – Joséphine de Beauharnais, keiserin van Frankryk (* 1763).
- 1861 – Joachim Lelewel, Poolse geskiedkundige, muntkundige en vryheidsvegter (* 1786).
- 1876 – Friedrich Christian Diez, Duitse filoloog.
- 1884 – Sir Henry Bartle Frere, 'n Britse goewerneur aan die Kaapkolonie (* 1815).
- 1897 – Julius Sachs, Duitse plantkundige (* 1934).
- 1935 – Josef Suk, Tsjeggiese komponis, skoonseun van Antonín Dvořák (* 1874).
- 1942 – John Barrymore, Amerikaanse akteur (* 1882).
- 1948 – Dame May Whitty, Britse aktrise (* 1865).
- 1950 – Wilhelm Bendow, Duitse akteur en komediant.
- 1951 – Fanny Brice, Amerikaanse sanger, komediant, aktrise (* 1891).
- 1958 – Juan Ramón Jiménez, Spaanse digter en Nobelpryswenner.
- 1973 – P. Ramlee, Maleisiese sanger, akteur en liedjieskrywer (* 1929).
- 1975 – Kurt Großkurth, Duitse akteur en sanger.
- 1979 – Mary Pickford, Amerikaanse aktrise (* 1892).
- 1982 – Romy Schneider, Oostenrykse aktrise (* 1938).
- 1994 – Erich Honecker, leier van Duitse Demokratiese Republiek, gedurende sy ballingskap in Chili (* 1912).
- 2014 – Stefans Grové, Suid-Afrikaanse klassieke komponis (* 1922).
- 2021 – Gavin MacLeod, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 2021 – B.J. Thomas, Amerikaanse sanger en akteur (* 1942).
Vakansiedae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 May. |
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.