Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wolfgang Schmieder (* 29 Mei 1901 in Bromberg, provinsie Posen; † 8 November 1990 in Freiburg im Breisgau) was 'n Duitse bibliotekaris en musiekkundige.
Schmieder het musiekwetenskap, literêre geskiedenis en kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Heidelberg studeer, waar hy sy doktorsgraad in 1927 ontvang het en tot 1930 as assistent by die musiekwetenskapinstituut gewerk het. In 1931 het hy die bibliotekaris-eksamen in Leipzig geslaag en daarna as bibliotekaris by die TH Dresden-biblioteek gewerk. Van 1933 tot 1942 was hy 'n argivaris en musiekbibliotekaris by Breitkopf–Härtel in Leipzig. Van 1942 tot sy aftrede in 1963 het hy by die Stad en Universiteitsbiblioteek in Frankfurt am Main gewerk en vanaf 1946 as hoof van hul nuutgestigte musiekdepartement. Vanaf sy aftrede tot sy afsterwe het hy in Freiburg in Breisgau geleef.
Schmieder is veral bekend vir die Bach-Werke-Verzeichnis (BWV), wat hy geskep het tussen 1946 en 1950, waarin hy die werke van Johann Sebastian Bach gekatalogiseer het. Die Bach-Werke-Verzeichnis is sedertdien 'n feitlik wêreldwye standaard onder musikante en liefhebbers.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.