Shimon Peres

From Wikipedia, the free encyclopedia

Shimon Peres
Remove ads

Shimon Peres (Hebreeus: שמעון פרס ), gebore as Szymon Perski, (2 Augustus 1923 in Vishnyeva, Pole – 28 September 2016 in Ramat Gan) was 'n Israelse politikus. Hy was eers lid van die Mapai-party, daarna die Rafi-, die Verbond-, die Arbeidsparty en uiteindlik Kadima.

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...
Jasser Arafat en Shimon Peres

Peres is oorspronklik afkomstig uit Pole, maar emigreer in 1934 na die Britse mandaat van Palestina.

Hy was die Eerste Minister in 1977 (waarnemend), van 1984 tot 1986 en van 1995 tot 1996 gewees. Hy het ook van 2007 tot 2014 die amp van president beklee. Daarbenewens het hy (adjunk-)ministersposte beklee en was hy baie jare lank 'n partyleier. Van 1959 tot 2007 was hy 'n lid van die Knesset gewees.

Peres het sy mening gewysig en 'n voorstander van die Tweestaatoplossing geword: naas Israel, ook 'n Palestynse staat.

In 1994 het hy vanweë die Oslo-ooreenkomste saam met Jasser Arafat en Yitzhak Rabin die Nobelprys vir Vrede ontvang.[1]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads