Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Innocentius XIII was die 244ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 2 jaar, 9 maande en 25 dae, van 1721 tot 1724.
Pous Innocentius XIII | |
---|---|
Geboortenaam | Michelangelo Conti |
Pontifikaat begin | 8 Mei 1721 |
Pontifikaat eindig | 7 Maart 1724 |
Voorganger | Clemens XI |
Opvolger | Benedictus XIII |
Gebore | 13 Mei 1655 Poli, Kerklike Staat |
Sterf | 7 Maart 1724 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Innocentius |
Pous Innocentius XIII[1] is gebore as Michelangelo Conti (of Michelangelo Conti di Poli) op 13 Mei 1655 in Poli, Kerklike Staat. Hy was 'n lid van die Conti familie, heersers van Segni. Sy voorouers sluit in Pous Innocentius III, Pous Gregorius IX en Pous Alexander IV. Sy vader was Carlo II, graaf van Poli en sy moeder Isabella Monti. Hy studeer in Ancona en aan die Gregoriaanse Universiteit in Rome. Pous Alexander VIII stel hom aan as ere-kamerheer en onder Pous Innocentius XII word hy lid van die Romeinse prelatuur. Op 14 Augustus 1691 word hy referendaris van die Tribunaal van die Apostoliese Signatura van Geregtigheid en Genade. Op 17 Augustus 1691 goewerneur van Ascoli. Op 13 Junie 1695 word hy titulêr aartsbiskop van Tarsus en word as nuntius na Luzern gestuur. In 1698 word hy nuntius in Lissabon en op 7 Junie 1706 stel Pous Clemens XI hom aan as kardinaal. In 1709 word Conti biskop van Osimo en in 1712 biskop van Viterbo. Op 8 Mei 1721 volg hy Pous Clemens XI en word gekroon op 18 Mei 1721 deur kardinaal Benedetto Pamphili. Hy regeer tot sy dood op 7 Maart 1724 en word opgevolg deur Pous Benedictus XIII. Die naam ‘Innocentius’ beteken 'onskuldige'.
Pous Innocentius XIII[2] word verkies nadat die gunsteling, kardinaal Fabrizio Paolucci deur die Duitse keiser geveto is. Hy kies die naam Innocentius ter nagedagtenis aan sy voorouer Lotario de Conti, (Pous Innocentius III). Op 9 Junie 1722 leen hy die koninkryk van Napels en Sisilië aan keiser Karel IV. In 1723 maak hy van Wene 'n aartsbisdom. Die pous kom in stryd met die Jesuïte wat nie sy gesag volledig wil aanvaar nie. Die Janseniste het egter vergeefs probeer om die bul "Unigenitas" te laat annuleer.
Innocentius III het soos sy voorganger Pous Clemens XI, James Francis Edward Stuart gesteun in sy aansprake op die Britse troon. Die pous se neef Francesco Maria Conti was die kamerheer van James se hofhouding in Rome.
Pous Innocentius XIII het slegs drie nuwe kardinale aangestel in twee konsistories.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.