Die jaar 1914 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Kalenders |
|
Gavrillo Princip |
|
- 6 Maart – Kiril Kondrašin, Sowjet- en Russiese dirigent († 1981).
- 8 Maart – Priscilla Lawson, Amerikaanse aktrise († 1958).
- 18 Maart – Anna Scheepers, ’n Suid-Afrikaanse vakbondleier († 1999)
- 31 Maart – Octavio Paz, Meksikaanse skrywer, diplomaat († 1993).
- 2 April – Alec Guinness, Engelse akteur († 2000).
- 21 April – Anthony Quinn, Amerikaanse akteur († 2001).
- 29 April – Reinhard Kolldehoff, Duitse akteur († 1995).
- 4 Mei – Hilgard Muller, politikus, burgemeester van Pretoria, Nasionale Party kabinetsminister († 1985).
- 9 Mei – Carlo Maria Giulini, Italiaanse dirigent († 2005).
- 12 Mei – Bertus Aafjes, Nederlandse digter en skrywer († 1993).
- 13 Mei – Joe Louis, Amerikaanse bokser († 1981).
- 14 Mei – Blaar Coetzee, Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman († 1974).
- 24 Mei – Lilli Palmer, Duitse aktrise († 1986).
- 29 Mei – Sherpa Tenzing Norgay († 1986).
- 3 Junie – Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent († 1991).
- 4 Junie – Jannie Loots, Suid-Afrikaanse politikus († 1998).
- 15 Junie – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus († 1984).
- 17 Junie – John Hersey, Amerikaanse outeur en joernalis († 1993).
- 25 Junie – Mavis Pugh, Britse aktrise († 2006).
- 12 Julie – Topsy Smith, Afrikaanse jeugboekskrywer († 1985).
- 20 Julie – John Phillips, Engelse akteur († 1995).
- 9 Augustus – Ferenc Fricsay, Hongaarse dirigent († 1963).
- 7 September – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike († 2006).
- 8 September – Denys Lasdun, Britse argitek († 2001).
- 29 September – D.J. Opperman, Afrikaanse digter († 1985).
- 6 Oktober – Thor Heyerdahl, 'n Noorse ontdekkingsreisiger († 2002).
- 28 Oktober – Jonas Salk, Amerikaanse mediese navorser, viroloog en ontdekker van die polio-entstof († 1995).
- 2 November – Ray Walston, Amerikaanse akteur († 2001).
- 8 November – Norman Lloyd, Amerikaanse akteur († 2021).
- 9 November – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder († 2000).
- 14 November – Florentine Rost van Tonningen, voorstander van die Nasionaal Sosialistiese Beweging (NSB) in Nederland († 2007).
- 18 November – Bettie Cilliers-Barnard, een van Suid-Afrika se bekendste skilders († 2010).
- 25 Desember – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus († 1998).
- Onbekend – Abdul Karim Kassem, Irakse militaris en politikus († 1963).
- 24 Januarie – Sir David Gill, 'n Skotse sterrekundige en hoof van die Kaapse Sterrewag (* 1843).
- 25 Maart – Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter (* 1830).
- 20 Augustus – Pous Pius X, die 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1835).
- 25 Augustus – Jacobus Abraham Smuts, vader van genl. Jan Smuts (* 1845).
- 27 Augustus – Eugen Böhm von Bawerk, Oostenrykse ekonoom (* 1851).
- 2 September – Sir John de Villiers, Hoofregter van die Kaapkolonie en die eerste Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1842).
- 15 September – Koos de la Rey, Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (* 1847).
- 14 November – Lord Frederick Sleigh Roberts, Britse maarskalk (* 1832).
- 20 Desember – Jopie Fourie, Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1878).
- Onbekend – Paul von Mauser, wapenontwerper (* 1838).