25 Junie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
25 Junie is die 176ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (177ste in skrikkeljare). Daar volg nog 189 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
Gebeure
- 253 – Pous Lucius I volg Pous Cornelius op.
- 1080 – Die sinode van Brixen kies Wibert van Ravenna as Pous Clemens III.
- 1439 – Die konsilie van Basel veroordeel Pous Eugenius IV as ketter.
- 1447 – Casimir IV, groothertog van Litoue, word koning van Pole.
- 1530 – Die Ausburg belydenis word op die ryksdag in Ausburg aan keiser Karel V gegee.
- 1706 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word kardinaal-priester van S. Susanna.
- 1788 – Virginië word die 10de deelstaat van die Verenigde State.
- 1827 – Pous Leo XII stel Ignazio Nasalli, titulêr aartsbiskop van Cyrrhus en Joachim-Jean-Xavier d'Isoard, dekaan van die Heilige Roomse Rota aan as kardinale.
- 1876 – Slag van Little Bighorn-river: George Armstrong Custer se laaste geveg.
- 1910 – Die première van Igor Strawinski en Michel Fokine se 'The Firebird' by die Paryse Opera.
- 1943 – Smith-Conally anti-stakingswet in die VSA Kongres aanvaar.
- 1947 – Die Boeing B-50 Superfortress onderneem sy nooiensvlug.
- 1950 – Die Korea-oorlog begin.
- 1975 – Mosambiek kry sy onafhanklikheid van Portugal.
- 1983 – Indië klop Wes-Indië in die eindstryd met 43 lopies en wen sodoende die derde Krieketwêreldbeker in Engeland.
- 1991 – Kroasië en Slowenië verklaar hul onafhanklikheid van Joego-Slawië.
- 1993 – Kim Campbell word verkies tot leier van die Progressiewe konserwatiewe party van Kanada en word die eerste vroulike Eerste minister van Kanada.
- 1996 – Die Khobar Towers-bomaanval in Saoedi-Arabië laat 19 VSA-soldate dood.
- 1998 – Microsoft Windows-98 word vrygestel.
- 2019 – Die Nederlandse elektriese- voertuigmaatskappy Lightyear het 'n prototipe van sy eerste model onthul – 'n sonkrag-elektriese motor met die naam 'Lightyear One' met 'n beweerde reikafstand van 725 km.
- 2022 – Gaboen en Togo word onderskeidelik die 55ste en 56ste lid van die Britse Statebond.
Geboortes
- 1852 – Antoni Gaudí, argitek († 1926).
- 1886 – Henry H. Arnold, Amerikaanse generaal in beide die Amerikaanse Leër en Amerikaanse Lugmag († 1950).
- 1887 – George Abbott, Amerikaanse regisseur, skrywer en vervaardiger († 1995).
- 1894 – Hermann Oberth, Duitse fisikus en ingenieur († 1989).
- 1900 – I.D. du Plessis, Afrikaanse skrywer en digter († 1981).
- 1900 – Georgia Hale, Amerikaanse stilfilmaktrise († 1985).
- 1900 – Louis Mountbatten, Britse staatsman en vlootoffisier († 1979).
- 1903 – George Orwell (nom de plume van Eric Arthur Blair), skrywer en kritikus († 1950).
- 1903 – Anne Revere, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 1914 – Mavis Pugh, Britse aktrise († 2006).
- 1915 – Peter Lind Hayes, Amerikaanse akteur († 1998).
- 1920 – Lassie Lou Ahern, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 1924 – Sidney Lumet, Amerikaanse regisseur, skrywer en vervaardiger († 2011).
- 1925 – June Lockhart, Amerikaanse aktrise.
- 1926 – Ingeborg Bachmann, Oostenrykse skryfster († 1973).
- 1928 – Seki Matsunaga, Japannese sokkerspeler († 2013).
- 1939 – William Smith, Suid-Afrikaanse wetenskap- en wiskunde-onderwyser, bekend op televisie († 2024).
- 1940 – Mary Beth Peil, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1942 – Patricia Brake, Engelse aktrise († 2022).
- 1945 – Carly Simon, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer.
- 1949 – Brigitte Bierlein, 'n Oostenrykse juris en politikus († 2024).
- 1956 – Anthony Bourdain, Amerikaanse akteur en komediant († 2018).
- 1961 – Ricky Gervais, Engelse komediant, akteur, regisseur, sanger.
- 1963 – George Michael, Britse popster en vervaardiger († 2016).
- 1963 – Yann Martel, Spaanse-Kanadese skrywer.
- 1963 – John Benjamin Hickey, Amerikaanse akteur.
- 1964 – Danie Botha, Afrikaanse sanger wat veral geestelike liedere sing.
- 1975 – Wladimir Kramnik, Russiese skaakkampioen.
- 1979 – Busy Philipps, Amerikaanse aktrise.
- 1996 – Pietro Fittipaldi, Brasiliaans-Amerikaanse renjaer.
- 1997 – Curwin Bosch, heelagter van die Springbokke en Sharks in Superrugby.
- 2006 – Mckenna Grace, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1533 – Maria Tudor, koningin van Frankryk (* 1496).
- 1696 – Clamor Heinrich Abel, 'n Duitse komponis (* 1634).
- 1767 – Georg Philipp Telemann, Duitse komponis (* 1681).
- 1799 – Asada Goryu, Japannese sterrekundige (* 1734).
- 1822 – E.T.A. Hoffmann, Duitse komponis (* 1776).
- 1861 – Abdülmecid I, Ottomaanse sultan (* 1823).
- 1863 – Johann Karl Ehrenfried Kegel, Duitse landbouwetenskaplike en ontdekkingsreisiger (* 1784).
- 1892 – Iwan Tsjerski, Pools-Russiese geoloog en geograaf (* 1845).
- 1964 – Gerrit Rietveld, Nederlandse meubelontwerper en argitek (* 1888).
- 1984 – Michel Foucault, Franse filosoof (* 1926).
- 1997 – Jacques-Yves Cousteau, Franse oseanograaf (* 1910).
- 1999 – William Sage Rapson, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse-chemikus (* 1912).
- 2009 – Farrah Fawcett, Amerikaanse aktrise (* 1947).
- 2009 – Michael Jackson, Amerikaanse sanger (* 1958).
- 2012 – Hennie Smit, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
- 2015 – Patrick Macnee, Brits-Amerikaanse akteur (* 1922).
- 2016 – Wille Martin, Afrikaanse skryfster (* 1934).
- 2016 – Adam Small, Afrikaanse digter en dramaturg (* 1936).
- 2018 – David Goldblatt, 'n Suid-Afrikaanse fotograaf (* 1930).
- 2021 – Petra Müller, 'n Afrikaanse digter en skrywer (* 1935).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Gepubliseer
Teologie
- 1766 – Quam graviter, Aan Franse biskoppe om te kla oor 'n Franse regeringsbesluit - deur Pous Clemens XIII.
- 1768 – Accedamus cum fiducia, Proklamasie van 'n universele jubileum vir alle Christene - deur Pous Clemens XIII.
- 1834 – Singulari Nos, Oor die foute van Lammenais - deur Pous Gregorius XVI.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 Junie. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.