Remove ads
1950–1953 oorlog tussen Noord- en Suid-Korea From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Korea-oorlog (Suid-Koreaanse hangoel: 한국전쟁; hanja: 韓國戰爭; Hanguk Jeonjaeng, letterlik: "Koreaanse oorlog"; Noord-Koreaanse Chosŏn'gŭl: 조국해방전쟁; hancha: 祖國解放戰爭; Choguk haebang chǒnjaeng, letterlik: "Vaderlandse bevrydingsoorlog"; 25 Junie 1950 – 27 Julie 1953[40]) was 'n oorlog in Korea tussen Noord-Korea en Suid-Korea, wat op 25 Junie 1950 begin en op 27 Julie 1953 met 'n skietstilstand geëindig het. Die oorlog duur amptelik voort tot vandag toe.
Korea-oorlog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Koue Oorlog | |||||||||
Die Korea-oorlog | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Verenigde Nasies Kommando: Suid-Korea |
Noord-Korea China Sowjetunie Mediese ondersteuning: | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Syngman Rhee Douglas MacArthur (Bevelvoerder van die VNK) Harry S. Truman |
Kim Il-sung Pak Hon-yong | ||||||||
Sterkte | |||||||||
602 902[7] 326 863[8][9][10][11] |
1 350 000[19] | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
Totaal: 178 426 dood en 32 925 vermis Totaal gewond: 566 434 Suid-Korea:[18] |
Totaal dood: 367 283–750 282 Totaal gewond: 686 500–789 000 Noord-Korea: | ||||||||
Totaal burgerlikes dood/gewond: 2,5 miljoen (geskat)[18] Suid-Korea: 990 968 |
Korea was sedert 1910 'n Japannese kolonie en is met die oorgawe van Japan ná die Tweede Wêreldoorlog in twee onafhanklike lande verdeel. Noord-Korea was deur die Sowjetunie ondersteun en Suid-Korea deur die Verenigde State van Amerika.
'n Oorlog begin met die aanval van Noord-Koreaanse troepe op Suid-Koreaanse grondgebied op 25 Junie 1950. Noord-Korea beset byna die hele grondgebied van Suid-Korea behalwe Busan. Die Verenigde Nasies neem 'n resolusie aan wat westerse magte magtiging gee om betrokke te raak. As gevolg hiervan word die Noord-Koreaanse troepe teruggedryf tot teen die grens van die Volksrepubliek China. China tree tot die oorlog toe en help om die Westerse magte terug te dryf na die Deling-grens. Op 27 Julie 1953 word 'n skietstilstand tussen Noord-Korea en Suid-Korea gesluit en sedertdien is Korea verdeel in Noord- en Suid-Korea.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.