Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir Winston Leonard Spencer Churchill (Woodstock, Oxfordshire, 30 November 1874 – Londen, 24 Januarie 1965) was 'n Britse politikus, veral bekend as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Gedurende sy lewe het hy verskillende beroepe beoefen waaronder soldaat, joernalis, skrywer en politikus. Churchill word allerweë as een van Brittanje en die wêreld se belangrike leiers erken.
Winston Churchill | |
Ampstermyn 26 Oktober 1951 – 6 April 1955 | |
Vise | Anthony Eden |
---|---|
Monarg | George VI Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Clement Attlee |
Opgevolg deur | Anthony Eden |
Ampstermyn 10 Mei 1940 – 26 Julie 1945 | |
Vise | Clement Attlee |
Monarg | George VI |
Voorafgegaan deur | Neville Chamberlain |
Opgevolg deur | Clement Attlee |
Leier van die Opposisie | |
Ampstermyn 26 Julie 1945 – 26 Oktober 1951 | |
Monarg | George VI |
Eerste minister | Clement Attlee |
Voorafgegaan deur | Clement Attlee |
Opgevolg deur | Clement Attlee |
Leier van die Konserwatiewe Party | |
Ampstermyn 9 November 1940 – 7 April 1955 | |
Voorafgegaan deur | Neville Chamberlain |
Opgevolg deur | Anthony Eden |
Staatsekretaris vir Verdediging | |
Ampstermyn 28 Oktober 1951 – 1 Maart 1952 | |
Voorafgegaan deur | Emanuel Shinwell |
Opgevolg deur | Harold Alexander |
Ampstermyn 10 Mei 1940 – 26 Julie 1945 | |
Voorafgegaan deur | Ernle Chatfield |
Opgevolg deur | Clement Attlee |
Eerste Lord van die Admiraliteit | |
Ampstermyn 3 September 1939 – 11 Mei 1940 | |
Eerste minister | Neville Chamberlain |
Voorafgegaan deur | James Stanhope |
Opgevolg deur | Albert Victor Alexander |
Ampstermyn 24 Oktober 1911 – 25 Mei 1915 | |
Eerste minister | Herbert Asquith |
Voorafgegaan deur | Reginald McKenna |
Opgevolg deur | Arthur Balfour |
Kanselier van die Skatkis | |
Ampstermyn 6 November 1924 – 4 Junie 1929 | |
Eerste minister | Stanley Baldwin |
Voorafgegaan deur | Philip Snowden |
Opgevolg deur | Philip Snowden |
Staatsekretaris vir die Kolonies | |
Ampstermyn 13 Februarie 1921 – 19 Oktober 1922 | |
Eerste minister | David Lloyd George |
Voorafgegaan deur | Alfred Milner |
Opgevolg deur | Victor Cavendish |
Staatsekretaris vir Lugvaart | |
Ampstermyn 10 Januarie 1919 – 13 Februarie 1921 | |
Eerste minister | David Lloyd George |
Voorafgegaan deur | William Weir |
Opgevolg deur | Frederick Edward Guest |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 30 November 1874 Woodstock, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 24 Januarie 1965 (op 90) Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Konserwatiewe Party (1900–04, 1924–64) Liberale Party (1904–24) |
Eggenoot/-note | Clementine Churchill |
Kind(ers) | 5 |
Alma mater | Harrow School Royal Military Academy, Sandhurst |
Religie | Kerk van Engeland |
Militêre Diens | |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse leër |
Jare in diens | 1895–1900, 1902–24 |
Rang | Luitenant-kolonel |
Toekennings | Nobelprys vir Letterkunde (1953) |
Die meeste Britte onthou en bewonder hom as ’n goeie leier wat Brittanje se oorwinning in die oorlog verseker het. Hy is beroemd vir die toesprake wat hy tydens die oorlog gemaak het, veral oor radio, waarin hy die Britse volk aangemoedig het om te glo dat hulle sal seëvier. Churchill is dikwels met ’n hoed en ’n dik sigaar afgeneem. Hy is ook bekend as die een wat die V-teken gemaak het om sy geloof in ’n Britse oorwinning te wys.[1]
Churchill se volle van was Spencer-Churchill, maar sy vader, Lord Randolph Churchill, het weggedoen met die voorvoegsel en het altyd net die van Churchill gebruik in sy politieke loopbaan.
Winston Churchill het as politikus en staatsman vir meer as 'n halwe eeu 'n belangrike en dikwels kontroversiële rol in Brittanje gespeel. Dit was veral as Britse Eerste Minister tydens die Tweede Wêreldoorlog dat sy spesifieke leierskapstyl besonder effektief was.
Sy uitmuntende redenaarsvermoë en militêre insig het van hom 'n besielende oorlogsleier van Engeland en die Geallieerdes gemaak. Sy gevierde woorde, "We shall fight on the beaches...we shall never surrender" is alombekend as een van die mees oortuigende propaganda-toesprake ooit. Sy kennis van oorlogsake was soms beter as dié van Stalin en dikwels beter as dié van Roosevelt.
Sir Winston Leonard Spencer Churchill is gebore in Blenheim Palace in Oxfordshire. Hy is die seun van lord Randolph Churchill en Jeanette Jerome, 'n Amerikaner. Hy was 'n moeilike kind wie van jongs af oorlogspeletjies meer as skoolgaan geniet het.
Ná min sukses te Harrow word hy in 1893 'n kavallerie-kadet in Sandhurst. Hier het hy geblom. In 1896 het sy regiment in Brits-Indië gedien.
Churchill se tweede passie in die lewe was skryf en in 1898 skryf hy sy eerste boek, waarin hy openlik kritiek op die leërleiding uitspreek. In dieselfde jaar het hy as verslaggewer deelgeneem aan Kitchener se opmars na Khartoem en aan die slag by Omdoerman.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog is hy deur die Morning Post as verslaggewer na Suid-Afrika gestuur waar hy deur die Boere in Natal gevang is maar op 'n gewaagde wyse weer ontsnap het.
Toe hy in 1900 na Engeland terugkeer, is hy as konserwatiewe lid tot die Laerhuis verkies. In 1904 gaan hy oor na die liberale party omdat hy as vryhandelaar dit nie eens was met die tariefplanne van Joseph Chamberlain nie.
Tussen 1905 en 1910 dien hy as onderminister van kolonies en minister van handel en binnelandse sake. In 1911 word hy hoof van die Britse Vloot.
Hy het 'n groot bydrae tot die opbou van die Britse vloot gemaak maar toe sy plan om deur 'n landing op Gallipoli die Turke te tref en die deurtog na Rusland moontlik te maak, misluk, moes hy in 1915 uittree.
In 1917 het Lloyd George hom as minister van munisie weer in die regering opgeneem. Daarna het hy as minister van kolonies saam met Lloyd George 'n vredesverdrag met die Ierse Sinn Fein leiers probeer sluit, 'n handeling wat die konserwatiewes woedend gemaak het. Nietemin het hy in 1924 teruggekeer na die konserwatiewes en was van 1924 tot 1929 minister van finansies. Churchill was te onafhanklik om partygebonde te wees en het telkens die party ondersteun wat sy oogmerke verteenwoordig het.
Van 1929–1939 was hy buite die kabinet. Hy het die konserwatiewe regerings, veral van Baldwin en Neville Chamberlain, herhaaldelik gewaarsku teen die opkomende mag van Hitler se Derde Ryk.
Aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog is hy weer aangestel as hoof van die vloot en op 10 Oktober 1940 word hy met die Duitse inval in Nederland en België, eerste minister.
In Junie 1945 het sy party by die stembus verloor en word hy leier van die opposisie in die Laerhuis. In dié hoedanigheid het hy 'n belangrike rol gespeel in die politieke skommelinge van die na-oorlogse Europa.
Hy het byvoorbeeld teen Sowjet-imperialisme gewaarsku en aangedring op nouer samewerking met die VSA. Verder het hy wyslik die versoening van die verslane Duitsland met Engeland en Frankryk om die vorming van 'n verenigde Europa te bespoedig, bepleit.
In kragtige woorde het hy hom verset teen die "likwidasie" van die Britse ryk deur die arbeidersregering en het onder meer teen die nasionalisasie van die staalfabrieke te velde getrek. Op 25 Oktober 1951 het die konserwatiewe party die verkiesing gewen en het Churchill weer premier geword.
Hy is 1953 tot ridder geslaan. In 1955 het hy weens hoë ouderdom afgetree, maar het tot 1964 lid van die Laerhuis gebly. Kort daarna is hy op 24 Januarie 1965 oorlede.
Churchill was behalwe politikus ook 'n historikus, skrywer en amateurskilder. In 1953 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken[3] vir sy meesterlike hantering van historiese en biografiese beskrywing en vir die rol wat sy besondere redenaarsvermoëns gespeel het in die behoud van menslike waardes.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.