30 November is die 334ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (335ste in skrikkeljare). Daar volg nog 31 dae in die res van die jaar.
- 722 – Pous Gregorius II wy Sint Bonifatius tot biskop.
- 1406 – Pous Gregorius XII volg Pous Innocentius VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1700 – Pous Clemens XI as biskop ingewy.
- 1799 – Begin van die konklaaf na die dood van Pous Pius VI.
- 1838 – Pous Gregorius XVI stel Gabriele Ferretti, aartsbiskop van Fermo aan as kardinaal.
- 1872 – Engeland en Skotland speel in die eerste internasionale sokkerwedstryd met 0–0 gelykop.
- 1939 – Sowjet-magte val Finland aan, wat die begin van die Winteroorlog inlui.
- 1954 – In Sylacauga, Alabama, val 'n 4 kg meteoriet deur die dak van 'n huis en tref Ann Hodges wat ernstige beserings opdoen in die eerste gedokumenteerde geval waar 'n voorwerp uit die ruimte 'n mens tref.
- 1954 – Johannes Gerhardus Strijdom begin sy termyn as die premier van die Unie van Suid-Afrika.
- 1966 – Barbados word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1967 – Suid-Jemen word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1974 – Die geraamte van "Lucy", 'n 3,18 miljoen-jaar oue vroulike hominied word in Ethiopië ontdek.
- 1977 – Volksraadsverkiesing waarin die Nasionale Party 134, die Progressiewe Federale Party 17 en die Nuwe Republiek Party 10 setels wen.
- 1979 – Die rockgroep Pink Floyd reik die treffer-rockopera The Wall uit.
- 1987 – In die Transkei lei generaalmajoor Bantu Holomisa, hoof van die Transkeise Weermag, 'n bloedlose staatsgreep teen die Transkeise regering van Eerste Minister Stella Sigcau. Hy vorm 'n militêre regering wat die tuisland onder hom regeer.
- 1987 – Die soektog na die 159 passasiers van die Helderberg word afgelas. Niemand op die vlug het oorleef nie.
- 1999 – Tienduisende mense kom saam om te betoog teen die Wêreldhandelsorganisasie by hulle vergadering in Seattle, Verenigde State.
- 2006 – Suid-Afrika word die vyfde land ter wêreld waar huwelike tussen mense van dieselfde geslag gewettig word.
- 2016 – Die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC) verander die name van die chemiese elemente 113, 115, 117 en 118 na nihonium (Nh), moskovium (Mc), tennessien (Ts) en oganesson (Og) onderskeidelik.
- 2019 – Adriano Visagie ontvang die Sotigui-toekenning vir beste akteur Suider-Afrika, vir sy hoofrol in die Namibiese film Salute! .
- 2021 – Barbados verander sy status van 'n grondwetlike monargie in 'n grondwetlike republiek.
- 1508 – Andrea Palladio, Italiaanse Renaissance-argitek († 1580)
- 1667 – Jonathan Swift, Anglo-Ierse satirikus, essayis, politiese pamfletmaker († 1745)
- 1699 – Christiaan VI van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1746).
- 1734 – Cornelis Jacob van de Graaff, een van die latere Hollandse goewerneurs van die Kaap de Goede Hoop († 1812).
- 1817 – Theodor Mommsen, Duitse politikus, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1902 († 1903).
- 1835 – Samuel Langhorne Clemens, bekend as Mark Twain, 'n Amerikaanse skrywer en humoris († 1910).
- 1866 – Robert Broom, Suid-Afrikaanse wetenskaplike, dokter en paleontoloog wat Mev. Ples in die Sterkfontein-grotte ontdek het († 1951).
- 1874 – Winston Leonard Spencer Churchill, Britse staatsman († 1965).
- 1874 – Lucy Maud Montgomery, Kanadese fiksieskrywer († 1942)
- 1923 – Emgee Pretorius, Afrikaanse akteur († 2007).
- 1946 – Marina Abramović, Serwiëse kunstenaar.
- 1947 – Sergio Badilla Castillo, Chileense digter, essayis, vertaler en universiteitsprofessor.
- 1948 – Achmat Dangor, tussentydse direkteur vir die Wêreldvigsveldtog († 2020).
- 1956 – Ali Asadov, eerste minister van Azerbeidjan.
- 1958 – Stacey Q, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1965 – Ben Stiller, Amerikaanse akteur.
- 1966 – Mika Salo, Finse professionele renjaer.
- 1982 – Elisha Cuthbert, Amerikaanse aktrise.
- 1990 – Magnus Carlsen, Noorse skaakspeler.
- 1997 - George Sargeant, British actor
- 594 – Gregorius van Tours (* 538).
- 1016 – Koning Edmund II van Engeland (* 988).
- 1557 – Galvarino, Mapuche-kryger (* onbekend).
- 1647 – Bonaventura Cavalieri, Italiaanse wiskundige (* 1598).
- 1671 – Pieter Hackius, die vyfde kommandeur en eerste goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop (* onbekend)
- 1751 – Jean-Philippe de Chéseaux, ’n sterrekundige van Lausanne in Switserland (* 1718).
- 1830 – Pous Pius VIII, 253ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1761).
- 1900 – Oscar Wilde, Anglo-Ierse skrywer in Dublin, Ierland (* 1854).
- 1909 – Peter MacOwan, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1830).
- 1965 – Richard Saul, Britse vegvlieënier en lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1891).
- 1979 – Zeppo Marx, Amerikaanse akteur (* 1901).
- 2007 – Evel Knievel, Amerikaanse waaghals en vermaakkunstenaar (* 1938).
- 2013 – Colin Eglin, leier van die Progressiewe Reformisteparty en Progressiewe Federale Party (* 1925).
- 2013 – Paul Walker, Amerikaanse akteur (* 1973).
- 2014 – Ian Player, Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en broer van Gary Player (* 1927).
- 2017 – Eddie Daniels, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis (* 1928).
- 2018 – George H.W. Bush, Amerikaanse politikus en 41ste President van die Verenigde State (1989–1993) (* 1924).
- 2019 – Mariss Jansons, 'n Letlandse dirigent (* 1943).
- 2020 – Jan Morris, Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer (* 1926).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 November. |