24 November is die 328ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (329ste in skrikkeljare). Daar volg nog 37 dae in die res van die jaar.
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
Gebeure
- 496 – Pous Anastasius II volg Pous Gelasius I op.
- 642 – Pous Theodorus I volg Pous Johannes IV op.
- 1608 – Pous Paulus V stel vyf kardinale aan, waaronder Michelangelo Tonti, titulêr aartsbiskop van Nasaret.
- 1642 – Abel Tasman lei die eerste Europese ontdekkingstog om Tasmanië te bereik.
- 1644 – Pous Innocentius X verklaar Sint Bernard Tolomeo salig.
- 1675 – Pous Clemens X verklaar die 19 martelare van Gorcum salig.
- 1694 – Pous Innocentius XII verklaar Osanna Andreasi salig.
- 1792 – Pous Pius VI publiseer Quae causa met die afkondiging van 'n aflaat.
- 1848 – Pous Pius IX vlug uit Rome na Gaeta.
- 1859 – Charles Darwin publiseer On the Origin of Species.
- 1917 – Nege polisielede en een landsburger is dood toe ’n bom ontplof by die polisiehoofkwartier in Milwaukee, Wisconsin.
- 1935 – Die Senegalese Sosialistiese Party vergader vir sy tweede kongress.
- 1939 – Die NG gemeente Gobabis stig af van die NG gemeente Windhoek.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die USS Liscome Bay word gesink deur ’n torpedo naby Tarawa en byna 650 bemanning is dood.
- 1951 – Vrystaatse Goudveld: Die eerste goudstaaf word in Welkom in die Vrystaat gegiet.
- 1963 – ’n Sluipmoord word uitgevoer op Lee Harvey Oswald deur Jack Ruby in die kelder van die Dallas polisiedepartement se hoofkwartier tydens ’n lewendige beeldsending.
- 1966 – ’n Bulgaarse vliegtuig met 82 passasiers aan boord stort neer naby Bratislava, Slowakye.
- 1969 – Apollo program: Apollo 12 se beheermodule plons veilig neer in die Stille Oseaan wat ’n einde bring aan die tweede bemande sending na die Maan.
- 1993 – In Liverpool word die 11-jariges Robert Thompson en Jon Venables skuldig bevind van die moord op die tweejarige James Bulger.
Geboortes
- Onbekend (moontlik 1868) – Scott Joplin, Amerikaanse komponis en pianis, veral bekend vir sy treffer, "The Entertainer" († 1917).
- 1632 – Baruch Spinoza, Nederlandse filosoof († 1677).
- 1713 – Laurence Sterne, Iersgebore Engelstalige romansier, en Anglikaanse predikant († 1768).
- 1784 – Zachary Taylor, die twaalfde President van die Verenigde State († 1850).
- 1806 – William Webb Ellis, Britse geestelike en die Vader van rugby († 1872).
- 1887 – Erich von Manstein, Duitse generaal († 1973).
- 1919 – Felix du Plessis, Suid-Afrika se twintigste Springbokkaptein († 1978).
- 1920 – Prof. M.C.E. van Schoor, ook bekend as Tienie van Schoor, Afrikaanse historikus en skrywer († 2009).
- 1931 – Arthur Chaskalson, Suid-Afrikaanse regsgeleerde († 2012).
- 1934 – Alfred Schnittke, Sowjet-Duitse komponis († 1998).
- 1942 – Hennie Maas, Suid-Afrikaanse omroeper († 2024).
Sterftes
- 1572 – John Knox, Skotse predikant (* circa 1514).
- 1876 – William Robertson, Skotse predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (* 1805).
- 1916 – Hiram Maxim, uitvinder van die Maxim-masjiengeweer (* 1840).
- 1972 – Basil Schonland, Suid-Afrikaanse fisikus (* 1896).
- 1980 – George Raft, Amerikaanse akteur (* 1901).
- 1991 – Freddie Mercury, hoofsanger van die Britse rockgroep Queen (* 1946).
- 1999 – Hilary Minster, Britse akteur (* 1944).
- 2002 – John Rawls, Amerikaanse filosoof (* 1921).
- 2005 – Pat Morita, Amerikaanse akteur (* 1932).
- 2006 – Hercules von Molendorff, Bolandse rugby- en krieketspeler (* 1941).
- 2009 – Samak Sundaravej, Thaise premier (* 1935).
- 2020 – Mamadou Tandja, van 1999 tot 2010 die president van Niger (* 1938).
- 2024 – Breyten Breytenbach, Suid-Afrikaanse digter, skrywer en skilder (* 1939).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 November. |
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.