3 November is die 307de dag van die jaar (308ste in skrikkeljare ) van die Gregoriaanse kalender , met 58 dae oor.
1483 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II ) word biskop van Bologna .
1534 – Pous Paulus III word in Rome gekroon deur kardinaal Innocenzo Cibo.
1591 – Pous Innocentius IX word gekroon deur kardinaal Andreas van Austria.
1793 – Franse dramaturg , joernalis en uitgesproke feminis Olympe de Gouges word per guillotine tereggestel vir haar revolusionêre idees.
1838 – The Bombay Times and Journal of Commerce word gestig en word later herdoop na The Times of India Johan Rudolf Thorbecke
1848 – 'n Veranderde grondwet vir die Nederlande word geproklameer. Dit is deur Johan Rudolf Thorbecke opgestel en perk die magte van die Nederlandse koningshuis sterk in.
1868 – Ulysses S. Grant word verkies tot die eerste van sy twee termyne as die President van die V.S.A.
1896 – William McKinley word verkies tot president van die V.S.A.
1903 – Met aansporing van die Verenigde State , verklaar Panama homself onafhanklik van Colombia . Die V.S.A. se destydse president Theodore Roosevelt wou hê dat die V.S.A. die Panama kanaal bou maar Colombia was daarteen gekant.
1908 – William Howard Taft word tot die president van die V.S.A. verkies.
1911 – Chevrolet betree die motorvoertuigmark om met die Ford Model T mee te ding.
1918 – Eerste Wêreldoorlog : Oostenryk-Hongarye sluit 'n wapenstilstand ooreenkoms met die Geallieerdes .
1918 – Pole verklaar onafhanklikheid van Rusland .
1923 – Lady Louise Mountbatten trou met Gustav, Kroonprins van Swede
1935 – George II van Griekeland kry sy troon terug.
1936 – Franklin D. Roosevelt word herkies tot 'n tweede termyn.
1942 – Tweede Wêreldoorlog : Tweede Slag van El Alamein eindig - Die Duitse magte onder bevel van Erwin Rommel word geforseer om gedurende die nag te onttrek .
1954 – Die eerste van die Godzilla rolprentreeks word vrygestel in Japan .
1955 – Debuut van die muskiekblyspel Guys and Dolls , met Marlon Brando en Frank Sinatra in die hoofrolle.
1956 – The Wizard of Oz word vir die eerste keer op televisie uitgesaai (in die V.S.A.) met 'n geraamde kykertal van ongeveer 45 miljoen.
1957 – Spoetnik-ruimteprogram : Die Sowjet-Unie lanseer Spoetnik 2 . Aan boord is een van die eerste diere in die ruimte - 'n hond genaamd Laika .
1964 – Die ampsbekleder van die Amerikaanse presidentskap Lyndon B. Johnson word weer verkies tot president met meer as 60 persent steun van die kiesers.
1967 – Viëtnam oorlog : Die Slag van Dak To begin - rondom Dak To (ongeveer 450 kilometer noord van Saigon geleë, naby die grens van Kambodja ) beide kante ly swaar verliese maar die V.S.A. "wen" die slag net-net op die 22ste November .
1971 – Die UNIX Programmers Manual word gepubliseer.
1973 – Mariner-program : NASA lanseer Mariner 10 na Mercurius (op 29 Maart , 1974 word dit die eerste ruimtetuig om daardie planeet te bereik).
1978 – Dominica verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk van Brittanje.
1979 – In Greensboro, Noord-Carolina , word vyf lede van die Kommunistiese Werkersparty doodgeskiet en sewe gewond deur 'n groep Ku Klux Klan lede en neo-Nazis gedurende 'n saamtrek.
1986 – Die Gefedereerde State van Mikronesië word van die Verenigde State van Amerika onafhanklik.
1986 – Iran-Contra-aangeleentheid: Die Libanese tydskrif Ash-Shiraa berig dat die V.S.A. wapens aan Iran verkoop in die geheim verkoop het in 'n poging om die vrylating van sewe Amerikaanse gyselaars wat deur pro-Iranse groepe in Libanon aangehou is, te verseker.
1992 – Bill Clinton verslaan die ampsbekleër George H.W. Bush in die Amerikaanse presidentsverkiesing.
1994 – Red Hat Linux 1.0 word vrygestel.
1998 – Voormalige professionele rofstoeier, Jesse Ventura word verkies tot Goewerneur van Minnesota in die V.S.A.
2021 – Damon Galgut wen die Booker-prys met sy boek The Promise .
39 – Lucanus, Romeinse digter
1500 – Benvenuto Cellini , Italiaanse goudsmid en beeldhouer († 1571 ).
1558 – Thomas Kyd , Engelse dramaturg († 1594 ).
1604 – Osman II , sultan van Turkye en keiser van die Ottomaanse Ryk († 1622 ).
1618 – Aurangzeb , Mogolkeiser († 1707 ).
1801 – Vincenzo Bellini , Italiaanse opera komponis († 1835 ).
1901 – Leopold III van België , koning van België († 1983 ).
1903 – Walker Evans , Amerikaanse fotograaf († 1975 ).
1921 – Charles Bronson , Amerikaanse rolprentster († 2003 ).
1933 – Florence Ribeiro , anti-apartheidsaktivis († 1986 ).
1933 – Jeremy Brett , Engelse akteur († 1995 ).
1933 – Ken Berry , Amerikaanse akteur († 2018 ).
1938 – Daniel Sleigh , 'n Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en digter († 2023 ).
1952 – Roseanne Barr , Amerikaanse aktrise, komediante.
1953 – Kate Capshaw , Amerikaanse aktrise.
1955 – Phumzile Mlambo-Ngcuka , Suid-Afrikaanse politikus.
1961 – Moeketsi Majoro , premier van Lesotho.
1964 – Brenda Fassie , Suid-Afrikaanse popsangeres († 2004 ).
1995 – Kendall Jenner , Amerikaanse aktrise.
361 – Constantius II , Romeinse keiser (* 317 )
1254 – Johannes III Doukas Vatatzes , keiser van die Niceense Ryk (* 1193 )
1947 – Nelson McDowell , Amerikaanse akteur (* 1870 )
1954 – Henri Matisse , Franse kunstenaar (* 1869 )
1990 – Mary Martin , Amerikaanse aktrise (* 1913 )
1996 – Jean-Bédel Bokassa , president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (* 1921 )
2014 – Tinus Linee , 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1969 ).
2016 – Clive Derby-Lewis , Suid-Afrikaanse politikus, vir sy aandeel in die Chris Hani-moord gevonnis (* 1936 ).
2018 – Sondra Locke , Amerikaanse aktrise (* 1944 ).
Japan - Kultuurdag (na 1946), Keiser se geboortedag (voor 1946)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 November .