Die jaar 1996 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Kalenders |
|
Die Columbia land |
|
- 1 Januarie – Slowenië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 19 Januarie – CAF se Afrikanasiesbeker skop af in Johannesburg, Suid-Afrika.
- 3 Februarie – Laaste wedstryd van die Afrikanasiesbeker word in Johannesburg gespeel en deur Suid-Afrika gewen.
- 14 Februarie–17 Maart – Die 6de Krieketwêreldbeker word in Indië, Pakistan en Sri Lanka aangebied en deur Sri Lanka gewen.
- 25 April – 'n T-43 (militêre weergawe van 'n Boeing 737) bots teen 'n berg naby Dubrovnik, Kroasië en 35 mense sterf, insluitende VSA se Sekretaris van Handel, Ron Brown.
- 11 Mei – 'n DC-9 van die Amerikaanse laekosteredery ValuJet Airlines stort by Miami in die moerasgebied van die Everglades Nasionale Park, Florida, neer: 109 insittendes sterf.
- 17 Julie – Die Gemeenskap van Portugese Lande word deur Angola, Brasilië, Guinee-Bissau, Kaap Verde, Mosambiek, Portugal en São Tomé en Príncipe in Lissabon gestig.
- 19 Julie-4 Augustus – Die 26ste Olimpiese Somerspele word in Atlanta, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 4 Augustus – Josia Thugwane word die eerste swart Suid-Afrikaanse atleet om 'n goue Olimpiese medalje te verower – tydens die Olimpiese Spele in Atlanta in die maraton.
- 15-26 Augustus – Die tiende Paralimpiese Somerspele word in Atlanta, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 5 November – Bill Clinton verslaan sy teenstander, Bob Dole, in die Amerikaanse presidentsverkiesing vir sy tweede ampstermyn.
- 7 Desember – Columbia keer terug na die aarde na 18 dae in die ruimte om sodoende die langste ruimtependeltuigvlug nog te voltooi.
- 3 Januarie – Florence Pugh, Britse aktrise.
- 5 Januarie – Suné Luus, Suid-Afrikaanse internasionale vrouekrieketspeler.
- 15 Januarie – Dove Cameron, Amerikaanse aktrise.
- 7 Februarie – Pierre Gasly, Franse Formule Eenrenjaer.
- 9 Februarie – Jimmy Bennett, Amerikaanse akteur.
- 17 Februarie – Sasha Pieterse, Suid-Afrikaansgebore Amerikaanse aktrise, en vervaardiger.
- 3 Maart – Andile Phehlukwayo, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 15 Maart – Alan Hatherly, Suid-Afrikaanse professionele bergfietsryer.
- 23 Maart – Alexander Albon, Brits-Thaise Formule Eenrenjaer.
- 14 April – Abigail Breslin, Amerikaanse aktrise.
- 17 April – Lorna Fitzgerald, Engelse aktrise.
- 25 April – Allisyn Ashley Arm, Amerikaanse aktrise.
- 3 Mei – Noah Munck, Amerikaanse akteur en platejoggie.
- 13 Junie – Kodi Smit-McPhee, Australiese akteur.
- 25 Junie – Pietro Fittipaldi, Brasiliaans-Amerikaanse renjaer.
- 23 Julie – Rachel G. Fox, Amerikaanse aktrise.
- 7 Augustus – Brendan Peyper, Afrikaanse sanger en akteur.
- 1 September – Zendaya, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 12 September – Colin Ford, Amerikaanse akteur.
- 17 September – Esteban Ocon, Franse Formule Eenrenjaer.
- 27 September – Astro Amerikaanse akteur, kletsrymer en vervaardiger.
- 25 Oktober – Rosemarie Mosbæk, Deense aktrise.
- 11 November – Tye Sheridan, Amerikaanse akteur.
- 13 November – Dougie Baldwin, Australiese akteur.
- 18 November – Noah Ringer, Amerikaanse akteur.
- 22 November – Madison Davenport, Amerikaanse aktrise.
- 23 November – Andrie Steyn, Suid-Afrikaanse internasionale vrouekrieketspeler.
- 29 November – Raisibe Ntozakhe, Suid-Afrikaanse internasionale vrouekrieketspeler.
- 6 Desember – Stefanie Scott, Amerikaanse aktrise.
- 29 Desember – Dylan Minnette, Amerikaanse akteur.
- 30 Desember – Stephanie Del Valle, Puerto Ricaanse musikant, model en skoonheidskoningin (Mej Wêreld 2016).
- 19 Januarie – Don Simpson, Amerikaanse rolprentvervaardiger, akteur en skrywer (* 1943).
- 28 Januarie – Joseph Brodsky, Russies-Amerikaanse digter en essayis (* 1940).
- 29 Januarie – Jamie Uys, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur (* 1921).
- 4 Februarie – Gerry Brand, Springbokrugbyspeler (* 1906).
- 19 Februarie – Douglas Livingstone, Suid-Afrikaanse digter (* 1932).
- 28 Maart – Dick Findlay, Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar en dramaturg (* 1928).
- 6 April – Kristo Pienaar, Suid-Afrikaanse plantkundige, skrywer, akteur en TV-aanbieder (* 1922).
- 6 April – Greer Garson, Engelse aktrise (* 1904).
- 18 April – Piet Hein, Deense wetenskaplike, wiskundige, uitvinder, skrywer en digter (* 1905).
- 9 Mei – Basil Kenyon, Suid-Afrika se een-en-twintigste Springbokkaptein (* 1918).
- 14 Mei – Elsabe Steenberg, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1938).
- 20 Mei – Jon Pertwee, Engelse akteur (* 1919).
- 2 Junie – Pilar Lorengar, Spaanse sopraan-operasanger (* 1928).
- 15 Junie – Ella Fitzgerald, Amerikaanse sangeres (* 1917).
- 17 Junie – Thomas Kuhn, Amerikaanse akademikus (* 1922).
- 18 Junie – Erika Dannhoff, Duitse aktrise (* 1909).
- 18 Julie – W.A. de Klerk, Suid-Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1917).
- 1 Augustus – Frida Boccara, Franse sangeres (* 1940).
- 14 Augustus – Sergiu Celibidache, Romeense orkesdirigent en komponis (* 1912)
- 13 September – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet (* 1971).
- 14 September – Helen Cohan, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 14 September – Juliet Prowse, Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 26 September – Geoffrey Wilkinson, FRS en Engelse chemikus en Nobelpryswenner (* 1921).
- 3 November – Jean-Bédel Bokassa, president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (* 1921).
- 9 Desember – Mary Leakey, Britse argeoloog en antropoloog (* 1913).
- 16 Desember – Laurens van der Post, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1906).
- 20 Desember – Carl Sagan, Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer (* 1934).