1766 – Pous Clemens XIII stel 13 nuwe kardinale aan, waaronder Ludovico Calini, titulêr patriarg van Antiogië.
1789 – Thomas Jefferson word aangestel as die eerste Staatsekretaris van die VSA, John Jay die eerste hoofregter, Samuel Osgood die eerste posmeester-generaal en Edmund Randolph as die eerste minister van justisie.
1791 – Pous Pius VI stel Fabrizio Dionigi Ruffo, tesourier generaal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinaal.
1799 – Bloedige veldslag tussen Franse en Russiese troepe op die St. Gotthardpas (“Schöllenen”) eindig met die oorwinning van die Franse onder Massena. Die Russe onder generaal Suwarow vlug ooswaarts en lê groot gedeeltes van Switserland in puin.
1983 – Luitenant-kolonel Stanislav Petrov van die Sowjetunie verhoed 'n wêreldwye kernoorlog deur sy weiering om in weerwil van rekenaarverslae te aanvaar dat die VSAmissiele teen die USSR lanseer het.