20 September is die 263ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (264ste in skrikkeljare). Daar volg nog 102 dae tot die einde van die jaar.
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 827 – Pous Gregorius IV volg Pous Valentinus op.
- 1277 – Pous Johannes XXI gekroon.
- 1342 – Pous Clemens VI benoem vyf van sy familielede tot kardinale en in 1348 nog drie.
- 1378 – Teenpous Clemens VII word verkies en die Westerse Skisma begin.
- 1493 – Pous Alexander VI stel twaalf nuwe kardinale aan waaronder sy seun Cesare Borgia en Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) famililid van sy minnares Guilia Farnese.
- 1499 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Savona.
- 1562 – Die Verdrag van Hampton Court, waarvolgens Engelse troepe na Rouen (die historiese hoofstad van Normandië), Frankryk, gestuur sou word om aan die Protestante hulp te verleen, word onderteken.
- 1728 – Pous Benedictus XIII stel Pierluigi Carafa junior (titulêre aartsbiskop van Larissa) en Giuseppe Accoramboni (biskop van Imola) aan as kardinale.
- 1784 – Pous Pius VI stel Giovanni Andrea Archetti, titulêre aartsbiskop van Kalsedonië, aan as kardinaal.
- 1829 – Die NG gemeente Wynberg stig af van die NG gemeente Kaapstad.
- 1839 – Die eerste spoorlyn in Nederland, tussen Haarlem en Amsterdam, word amptelik geopen.
- 1854 – Die Britse troepeskip Charlotte vergaan in Algoabaai.
- 1879 – Pous Pius IX kapituleer en koning Victor Emmanuel lyf Rome in by Italië.
- 1932 – Vier maande ná die voltooiing van die Afsluitdyk in Nederland word die naam van die Suidersee amptelik gewysig na Ijsselmeer.
- 2019 – Die negende Rugbywêreldbeker begin in Japan.
Geboortes
- 1551 – Hendrik III, koning van Frankryk.
- 1700 – Hendrik Swellengrebel, die eerste VOC-goewerneur van die Kaapkolonie wat plaaslik gebore is († 1763).
- 1778 – Fabian Gottlieb von Bellingshausen in Saaremaa (Ösel) in Estland. As bevelvoerder van die tweede Russiese om die wêreldvaart word hy een van drie mense om Antarktika vir die eerste keer waar te neem († 1852).
- 1859 – Cyriel Buysse, Vlaamse naturalistiese skrywer en dramaturg († 1932).
- 1859 – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman († 1930).
- 1869 – Antonie Kock, regter van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1948).
- 1903 – Alexandre Deulofeu, 'n Spaanse politikus en bekend vir sy sikliese teorie oor die evolusie van beskawings († 1978).
- 1904 – P.J. Schoeman, Afrikaanse skrywer († 1988).
- 1948 – George R. R. Martin, Amerikaanse skrywer, scenarioskrywer en televisievervaardiger.
- 1952 – Marian Tredoux, Suid-Afrikaanse geoloog († 2019).
- 1960 – Wouter Kellerman, Suid-Afrikaanse fluitspeler en Grammy-wenner.
- 1962 – Jim Al-Khalili, Britse teoretiese fisikus en skrywer.
- 1968 – Chen Jing, tafeltennisspeler en Olimpiese kampioen vir China en later Olimpiese medaljewenner vir Chinese Taipei.
- 1969 – Mark Pilgrim, Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid († 2023).
- 1975 – Juan Pablo Montoya, Colombiaanse Formule Eenrenjaer.
Sterftes
- 1898 – Theodor Fontane, Duitse skrywer en joernalis (* 1819).
- 1921 – Jules Porgès, Frans-Suid-Afrikaanse entrepreneur en Randheer (* 1839).
- 1943 – Ferdinand von Sammern-Frankenegg, Duitse SS-bevelvoerder (* 17 Maart 1897)
- 1943 – Andrew Murray McGregor, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan 'n kwarteeu in die NG gemeente Drieankerbaai, Kaapstad (* 1873).
- 1957 – Jean Sibelius, Finse komponis van die laat-Romantiese tydperk (* 1865).
- 1993 – Erich Hartmann, Duitse bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1922).
- 2010 – S.J.A. de Villiers, skrywer van die bekendste kookboek in Suid-Afrika, Kook en Geniet (* 1919).
- 2018 – Pieter Kooij, Suid-Afrikaanse pianis, musiekonderwyser en -resensent (* 1937).
- 2024 – Kathryn Crosby, Amerikaanse aktrise (* 1933).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Agapetus I in die Rooms-Katolieke Kerk, die Ortodokse Kerk vier dit op 22 April.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 September. |
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.