Die jaar 1879 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 79ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Kalenders |
|
Koning Cetshwayo |
|
- Onbekend – Ida Labia, vrou van die Italiaanse prins Natale Labia († 1961).
- 1 Januarie – E.M. Forster, Engelse romansier, kortverhaalskrywer, essayis († 1970).
- 14 Februarie – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus († 1956)
- 24 Februarie – Herman Teirlinck, Vlaamse skrywer († 1967)
- 12 Maart – Alfred Abel, Duitse akteur en filmregisseur († 1937)
- 14 Maart – Albert Einstein, Duitse fisikus en ontvanger van die Nobelprys vir Fisika, 1921 († 1955).
- 27 Maart – Edward Steichen, Amerikaanse fotograaf en skilder († 1973).
- 29 April – Thomas Beecham, Britse dirigent († 1961).
- 8 Mei – Tielman Roos, advokaat, regter, politikus en Suid-Afrikaanse minister van justisie († 1935).
- 22 Mei – Jean Cras, Bretonse komponis en vlootoffisier († 1932).
- 2 Junie – Adolf Herckenrath, Vlaamse digter, dramaturg, uitgewer en boekhandelaar. († 1958).
- 5 Julie – Dwight F. Davis, die stigter van die Davis Cup († 1945).
- 10 Julie – Paul Charles Édouard Bertrand, Franse paleobotanis († 1944).
- 15 Julie – Ferdinand Postma, eerste rektor van die PU vir CHO († 1950).
- 9 Augustus – Mabel Malherbe, ’n Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria) († 1964).
- 24 Augustus – D.G. Conradie, joernalis, redakteur van Die Volksblad, politikus en administrateur-generaal van Suidwes-Afrika († 1966).
- 10 Oktober – Uncle Dobbin, Suid-Afrika se twaalfde Springbokkaptein († 1950).
- 10 Oktober – Louise Guthrie, Suid-Afrikaanse plantkundige en botaniese kunstenaar († 1966).
- 24 Desember – Émile Nelligan, Franssprekende Kanadese digter († 1941).