Saaremaa
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
Die Estiese eiland Saaremaa is op een na die grootste eiland in die Oossee met 'n oppervlakte van 2 673 vierkante kilometer groot en 'n bevolking 40 312 mense. Sowat 16 000 van Saaremaa se inwoners woon in die hoofdorp Kuressaare. Die naam van die eiland beteken niks meer as 'eiland' nie en dit geld ook vir die Sweeds/Duitse naam Ösel.
Saaremaa Inheemse naam: Saaremaa | |
---|---|
Ligging van Saaremaa in Estland | |
Geografie | |
Ligging | Estland, Oossee |
Koördinate | 58°25′N 22°30′O |
Argipel | Wes-Estniese argipel |
Hoofeilande | Hiiumaa en Saaremaa |
Oppervlakte | 2 673 vk km |
Hoogste punt | Viidu Raunamägi 54 m |
Administrasie | |
Estland | |
County | Saare |
Hoofstad | Kuressaare |
Grootste stad | Kuressaare (14 706) |
Demografie | |
Bevolking | 39 231 |
Grootste eiland van Estland |
Saaremaa is dig bebos. Kenmerkend van die plantlewe is die talryke jenewerstruike. Die kus is baie gevarieerd met steil rotse in die noorde by Panga en klipstrande in ander gebiede. Kultuurhistories het Saaremaa baie aan te bied. Die hoofdorp Kuressaare het rondom 'n biskopsburg ontstaan en is vanouds bekend as kuuroord. Baie van die dorpies op Saaremaa het baie ou kerke (onder meer: Valjala, Karja, Pöide, Kaarma) wat ook 'n verdedigingsfunksie gehad het. Naby die stad Karja kan nog vyf windmeule besigtig word wat op 'n heuwel geleë is. Nog in die vroeë 20ste eeu het elke dorp op Saaremaa oor 'n soortgelyke windmeuleheuwel beskik. Die vyf meule in Karja se hoë fondamente is op stene gebou; hul boustyl lyk baie op dié van vroeë Europese windmeule.[1]
'n Opvallende aantreklikheid van Saaremaa is die kratermeer van Kaali in die ooste van die eiland, wat 'n deursnee van vyftig meter het en aan die begin van die eerste millennium v.C. ontstaan het as gevolg van 'n meteorietinslag. Dit is die beste bereikbare meteorietkrater in Europa.
Die eiland het 'n vaste verbinding met die naburige Muhu, waarmee dit saam een distrik vorm. Muhu is vanuit die Estiese hawe Virtsu bereikbaar. Daar is ook is 'n bootverbinding met Hiiumaa, wat ten noorde van Saaremaa geleë is. Pogings om veerbootdienste vanuit Letland en vanaf Gotland in die lewe te roep het tot dusver (2002) misluk.