negende Rugbywêreldbeker From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rugbywêreldbeker 2019 (Japannees: ラグビーワールドカップ2019) is van 20 September tot 2 November 2019 in Japan beslis. Dit was die negende rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die vyfde in die Noordelike Halfrond. Dit was die eerste keer wat dié toernooi in Asië en buite die “tradisionele tuiste” van rugby aangebied is.[3] Al die vorige rugbywêreldbekertoernooie is afwisselend in lande van óf die destydse Drienasiesreeks (nou bekend as die Rugbykampioenskap, Suidelike Halfrond) of die destydse Vyfnasiestoernooi (nou bekend as die Sesnasies-toernooi, Noordelike Halfrond) gehou.
Rugbywêreldbeker 2019 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Japan |
Datums | 20 September – 2 November |
Aantal nasies | 20 (93 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Suid-Afrika |
Naaswenner | Engeland |
Derde plek | Nieu-Seeland |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 48 |
Bywoning | 1 700 498 (gem. 35 427 per wedstryd) |
Drieë | 285 (gemiddeld 5.94 per wedstryd) |
Meeste punte | Handré Pollard (69)[1] |
Meeste drieë | Josh Adams (7)[2] |
← 2015 |
2023 → |
Die toernooi se formaat van 2003, 2007, 2011 en 2015 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2019 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2015-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Georgië, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Fidji, Kanada, Namibië, Rusland, Samoa, Tonga, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die Rugbywêreldbeker 2019 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 20 September tussen die gasheer Japan en Rusland op Chōfu, Tokio, se Ajinomoto-stadion afgeskop. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk gekwalifiseer het. Suid-Afrika het die eindstryd op Internasionale Stadion Jokohama teen Engeland met 32–12 gewen en sodoende sy derde wêreldtitel ná 1995 en 2007 ingepalm. Hiermee het Suid-Afrika Nieu-Seeland se vorige rekord van drie titels geëwenaar en word gelyktydig die suksesvolste span in die rugbywêreldbekergeskiedenis, nadat die Springbokke die eerste twee toernooie misgeloop het. Die telling, waarin twee drieë gedruk is, is behaal met ses strafskoppe deur Handré Pollard en die twee drieë deur Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe, teenoor slegs die vier strafdoele deur Engeland se Owen Farrell. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Wallis in die vierde plek geëindig. Soos tydens die Rugbywêreldbeker 2015 was daar geen nuwe toetreders nie.
Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2019 is Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Engeland as gunstelinge op die titel beskou.[4] Die gasheer Japan se oorwinning oor Ierland – een van die groot gunstelinge voor dié toernooi – word as een van die grootste verrassings in die rugbygeskiedenis beskou, soos ook ná die Japannese oorwinning oor Suid-Afrika tydens die Rugbywêreldbeker 2015.[5] Enkele dae vroeër het Uruguay die eerste groot verrassing besorg toe hulle Fidji met 30–27 geklop het.[6] Die grootste skok was die uitskakeling van die mede-gunsteling Argentinië tydens die groepfase nadat hulle deur Engeland met 39–10 geklop is. Die gasheer Japan het hul 2015-sukses oortref en al sy vier opponente tydens die groepfase – Rusland, Ierland, Samoa en Skotland – verslaan. Japan het vervolgens as die eerste Asiatiese span ooit tot die uitklopfase gevorder, hul beste prestasie in internasionale rugby tot dusver; die gasheer is egter deur die latere wêreldkampioen Suid-Afrika met 26–3 geklop.
Vir die eerste keer in die rugbywêreldbekertoernooi se geskiedenis moes wedstryde, eers dié tussen Nieu-Seeland en Italië asook tussen Engeland en Frankryk, weens die tifoon Hagibis afgelas word. Albei wedstryde is as ’n 0–0-gelykop geag en elke span het vervolgens twee bykomende tabelpunte gekry.[7][8][9][10] Later moes ook die groepwedstryd tussen Kanada en Namibië afgelas word, met dieselfde uitslag vir die tabel.[11]
Die Japannese Nasionale Stadion, wat herbou is vir die Olimpiese Somerspele 2020, was oorspronklik die kern van die Japannese bod vir die Rugbywêreldbeker 2019, maar as gevolg van hersienings aan die planne vir die Japannese Nasionale Stadion moes die stadions vir die Rugbywêreldbeker 2019 opnuut gereël word.[12] Die Internasionale Stadion Jokohama het vervolgens die nuwe hoofstadion geword en ook die eindstryd gehuisves; dié stadion is al tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gebruik.
Met sowat 857,28 miljoen televisiekykers wêreldwyd was die Rugbywêreldbeker 2019 die destyds mees gesiene rugbywêreldbekertoernooi. Altesaam is daar sowat 1,7 miljoen kaartjies vir die 45 wedstryde verkoop, waarmee elke wedstryd gemiddeld 37 745 toeskouers gelok het.[13][14] Saam met die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio was die Rugbywêreldbeker 2019 een van twee groot sportkompetisies in Japan binne twee jaar; albei behoort tot die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld. Tydens die Olimpiese Somerspele 2020 is sewesrugbywedstryde gehou, waarmee Japan twee van die rugbywêreld se belangrikste toernooie binne twee jaar gehuisves het. Die Olimpiese Somerspele 2020 is as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie deur die Internasionale Olimpiese Komitee en die Japannese reëlingskomitee egter vir een jaar uitgestel.[15][16]
Die wêreldbeheerliggaam Wêreldrugby (tot 2014: Internasionale Rugbyraad) het tot op 15 Augustus 2008 vir bode van belangstellende lande wat die Rugbywêreldbeker 2015 of Rugbywêreldbeker 2019 wou aanbied tyd gegee. Tot op hierdie datum was slegs ’n formele verklaring sonder gedetailleerde planne voldoende. ’n Rekord van tien lande het vervolgens hul belangstelling vir een van die twee toernooie aangekondig: Australië, Engeland, Ierland, Italië, Jamaika, Japan, Rusland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.[17] Van hierdie tien lande het ses hul kandidatuur in die eerste helfte van 2009 teruggetrek. Engeland, Italië, Japan en Suid-Afrika was vervolgens die moontlike kandidaatlande; met Engeland en Japan as gunstelinge.[18]
Tydens ’n spesiale vergadering van die Internasionale Rugbyraad wat op 28 Julie 2009 in Dublin gehou is, is die Rugbywêreldbeker 2015 aan Engeland toegeken, terwyl die Rugbywêreldbeker 2019 aan Japan toegewys is.[3][19] Japan het voorheen ook aangebied om die Rugbywêreldbeker 2011 te huisves, maar dié toernooi is in Nieu-Seeland aangebied.[20] Die Internasionale Rugbyraad was destyds van mening dat Japan nie volle stadions kan waarborg nie.[21]
Beide Hongkong en Singapoer het aangebied om van die wedstryde te huisves en het deel gevorm van die Japannese Rugbyunie se oorspronklike suksesvolle gasheerbod, maar albei stadstate was nie deel van die 14 plekke wat die organiseerders op 5 November 2014 amptelik as gasheerstede aangekondig het nie.[3] Daarmee het dit ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika, die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië en die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland die vierde rugbywêreldbekertoernooi geword wat geheel en al in een land aangebied is.
Naas die gasheer Japan, wat ook met sy derde plek tydens die groepfase van die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer het, het ook die agt deelnemers aan die kwarteindrondte en die drie ander derdeplek-spanne van die 2015-groepfase vir die Rugbywêreldbeker in 2019 gekwalifiseer. Vervolgens is agt van die 20 plekke van die toernooi tydens die kwalifisering uitgespeel. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië. Twee plekke elk is vir die nasionale spanne van die Amerikas en Oseanië gereserveer en een elk vir Afrika en Europa. Die twee oorblywende plekke is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte (uitspeel tussen Europa en Oseanië) en ’n uitspeelwedstryd gespeel.[22] As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 93 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Japan.
Die volgende spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer: Japan as gasheer en groep-derdeplek 2015, Nieu-Seeland as verdedigende kampioen, Australië as naaswenner en Suid-Afrika as derde plek in 2015, Argentinië as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Ierland, Frankryk, Skotland en Wallis, asook die derde plekke in die groepfase Italië, Georgië en Engeland. In Julie 2017 het die Verenigde State as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle Uruguay met ’n algehele telling van 80–44 verslaan het.[23] Twee weke later is Fidji en Tonga bevestig as kwalifiseerders van Oseanië, as onderskeidelik Oseanië 1 en 2.[24] Amerikas 2 is in Februarie die volgende jaar gevul toe Uruguay Kanada met ’n algehele telling van 70–60 geklop het.[25] In Julie 2018 het Samoa die uitspeelwedstryd teen Duitsland gewen en vir die toernooi gekwalifiseer.[26] Een maand later het Namibië vir sy sesde agtereenvolgende rugbyêreldbekertoernooi gekwalifiseer toe die span die Afrikabeker beklink het.[27] Kanada het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span die uitspeelrondte gewen het.[28]
Aanvanklik het Roemenië as Europa 1 vir die toernooi gekwalifiseer, maar nadat die nasionale rugbyspanne van België, Roemenië en Spanje tydens hul kwalifisering uitgeslote spelers ingespan het, is hulle vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet.[29][30] Vervolgens het Rusland onmiddellik vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer, terwyl Duitsland, ondanks soms swaar nederlae, tot die volgende rondte gevorder het.[31] Duitsland, wat as naaswenner van die uitspeel geëindig het, het die Rugbywêreldbeker 2019 egter net-net misgeloop, nadat hulle die beslissende wedstryd teen Kanada verloor het.
Die volgende 20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer. Rusland, wat Roemenië vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2015. Dit is die eerste toernooi wat Roemenië misgeloop het.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Japan | Gasgeer | Negende | 2015 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) | A |
Argentinië | Regstreeks | Negende | 2015 | Derde plek (2007) | C |
Australië | Negende | 2015 | Kampioen (1991, 1999) | D | |
Engeland | Negende | 2015 | Kampioen (2003) | C | |
Frankryk | Negende | 2015 | Naaswenner (1987, 1999, 2011) | C | |
Georgië | Vyfde | 2015 | Groepfase (2003, 2007, 2011, 2015) | D | |
Ierland | Negende | 2015 | Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011, 2015) | A | |
Italië | Negende | 2015 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) | B | |
Nieu-Seeland | Negende | 2015 | Kampioen (1987, 2011, 2015) | B | |
Skotland | Negende | 2015 | Vierde plek (1991) | A | |
Suid-Afrika | Sewende | 2015 | Kampioen (1995, 2007) | B | |
Wallis | Negende | 2015 | Derde plek (1987) | D | |
Fidji | Oseanië 1 | Agste | 2015 | Kwarteindrondte (1987, 2007) | D |
Kanada | Uitspeelwenner | Negende | 2015 | Kwarteindrondte (1991) | B |
Namibië | Afrika 1 | Sesde | 2015 | Groepfase (1999, 2003, 2007, 2011, 2015) | B |
Rusland | Europa 1 | Tweede | 2011 | Groepfase (2011) | A |
Samoa | Uitspeelwedstrydwenner | Agtste | 2015 | Kwarteindrondte (1991, 1995) | A |
Tonga | Oseanië 2 | Agtste | 2015 | Groepfase (1987, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) | C |
Uruguay | Amerikas 2 | Vierde | 2015 | Groepfase (1999, 2003, 2015) | D |
Verenigde State | Amerikas 1 | Agtste | 2015 | Groepfase (1987, 1991, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) | C |
Die lys wat in 2009 bekendgemaak is ná die toernooitoewysing het 22 stadions bevat. Oorspronklik is oorweeg om van die wedstryde in Hongkong (Hongkong-stadion) en Singapoer (Nasionale Stadion) te huisves.[32] Die amptelike lys wat op 2 Maart 2015 bekendgemaak is, het 12 stadions bevat. Onder andere is die Internasionale Stadion Jokohama bygevoeg, wat nie op die oorspronklike lys was nie. Hongkong en Singapoer is van dié lys verwyder, waarvolgens al die wedstryde in Japan aangebied is.[33]
Die kernpunt van die Japannese bod was die Japannese Nasionale Stadion in Tokio, wat met die oog op die Olimpiese Somerspele 2020 deur Zaha Hadid ontwerp is. Met ’n beplande kapasiteit van 80 000 sou dit die grootste stadion wees; dit was ook as plek vir die eindstryd en ander belangrike wedstryde beplan. Weens ’n massiewe koste-oorskryding het eerste minister Shinzō Abe op 17 Julie 2015 aangekondig dat dié projek geskrap en ’n nuwe aansoek ingedien sal word. As gevolg van hierdie vertraging was die nuwe Japannese Nasionale Stadion nie vir die Rugbywêreldbeker 2019 beskikbaar nie.[34] In ’n verklaring het Wêreldrugby sy teleurstelling oor dié beslissing uitgedruk, veral nadat beide die bodkomitee en die Japannese Sportraad herhaaldelik verseker het dat die projek betyds klaar sou wees.[35]
Wêreldrugby het vervolgens tot einde September 2015 tyd gegun om ’n alternatiewe plan te ontwerp. Te midde van verskeie mediaberigte oor ’n nuwe toewysing van die toernooi aan óf Italië óf Suid-Afrika, het raadspresident Bernard Lapasset beklemtoon dat Japan in elk geval gasheer sal wees en dat daar nie ’n “Plan B” is nie.[36] Op 28 September 2015 het Wêreldrugby ’n ooreenkoms met die reëlingskomitee oor ’n nuwe stadionkonsep bekend gemaak. Die belangrikste stadion was nou die Internasionale Stadion Jokohama, terwyl die Ajinomoto-stadion, in ’n voorstad van Tokio, Chōfu, ook gebruik is.[12] Die Internasionale Stadion Jokohama is al tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gebruik en het ook die eindstryd gehuisves.
Chōfu, Honsjoe | Jokohama, Honsjoe | Fukuroi, Honsjoe | Higashiosaka, Honsjoe |
---|---|---|---|
Ajinomoto-stadion | Int’l Stadion Jokohama | Shizuoka-stadion | Hanazono Rugbystadion |
35°39′51.4″N 139°31′37.7″O | 35°30′36.16″N 139°36′22.49″O | 34°44′35.60″N 137°58′13.81″O | 34°40′8.2″N 135°37′35″O |
Kapasiteit: 49 970 | Kapasiteit: 72 327 | Kapasiteit: 50 889 | Kapasiteit: 30 000 |
Fukuoka, Kioesjoe | Toyota, Honsjoe | ||
Level-5-stadion | Toyota-stadion | ||
33.585889°N 130.46079°O | 35°05′04.2″N 137°10′14.2″O | ||
Kapasiteit: 22 563 | Kapasiteit: 45 000 | ||
Sapporo, Hokkaido | Ōita, Kioesjoe | ||
Sapporo Dome | Ōita Bank Dome | ||
43°0′54.62″N 141°24′35.16″O | 33°12′2″N 131°39′27″O | ||
Kapasiteit: 41 410 | Kapasiteit: 40 000 | ||
Kumamoto, Kioesjoe | Kobe, Honsjoe | Kumagaya, Honsjoe | Kamaishi, Honsjoe |
Umakana Yokana-stadion | Noevir Stadion Kobe | Kumagaya Rugbystadion | Kamaishi Recovery Memorial Stadion |
32°50′13″N 130°48′0″O | 34°39′24.15″N 135°10′8.27″O | 36.164°N 139.411002°O | 39°16′N 141°53′O |
Kapasiteit: 32 000 | Kapasiteit: 30 312 | Kapasiteit: 24 000 | Kapasiteit: 16 187 |
Die Rugbywêreldbeker 2019 is oor 44 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 20 September op die Ajinomoto-stadion in Chōfu naby Tokio met die openingswedstryd tussen die gasheer Japan en Rusland afgeskop. Die toernooi het geëindig by Internasionale Stadion Jokohama op 2 November met die eindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2019 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 spanne wat in vier groepe van vyf spanne gedeel is met dieselfde formaat as wat in 2003, 2007, 2011 en 2015 gebruik is. Die loting vir die groepfase was op 10 Mei 2017 in Kioto se Staatsgastehuis waar die twaalf regstreekse kwalifiseerders in drie groepe gedeel is na aanleiding van hul posisie op die IRR-ranglys.[37] Die loting is geskuif van die tradisionele datum ná die eindjaarrugbytoetsreeks gedurende die Novembermaand ná die vorige Rugbywêreldbekertoernooi sodat die spanne meer tyd gehad het om hul wêreldranglysposisie voor die loting te verbeter.[38]
Die lootstelsel van vorige rugbywêreldbekertoernooie is behou met die twaalf regstreekse kwalifiseerders uit 2015 wat op die lotingsdag aan hul onderskeie groepe toegewys is, gebaseer op hul plek op die Wêreldrugby-ranglys op 10 Mei 2017:
Die oorblywende twee groepe bestaan uit die agt bykomende spanne, met die toewysing in elke groep gebaseer op die vorige Rugbywêreldbekertoernooi:
Dit beteken dat die 20 deelnemende spanne, gekwalifiseerde en kwalifiserende, soos volg gekeur is (volgens hul plek op die wêreldranglys op 10 Mei 2017):
Groep 1 | Groep 2 | Groep 3 | Groep 4 | Groep 5 |
---|---|---|---|---|
|
|
|
|
Ná die loting op 10 Mei 2017 lyk die groepe soos volg:[39]
Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 2003, 2007, 2011 en 2015 is die 20 spanne wat vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer het in vier groepe verdeel. Die groepe is verdeel van Groep A tot Groep D en elke groep het bestaan uit vyf spanne. Elke groep het een semifinalis en een kwarteindfinalis (regstreekse kwalifiseerders) van die Rugbywêreldbeker 2015 bevat, met die ander drie plekke wat deur die kwalifiseringstelsel aangevul is. Elke land het een keer teen elke ander span in sy groep gespeel: elke land het dus vier wedstryde tydens die groepfase gespeel.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee of meer spanne ewe veel punte behaal het, is ’n kriteriastelsel gebruik om te bepaal watter span ’n hoër rang gehad het. Die kriteriastelsel het berus op ’n gedetailleerde analise van die wedstryde waaraan die spanne deelgeneem het. As geen uitslag met die stelsel bereik kon word nie, is die span wat die hoër rang op die amptelike ranglys van Wêreldrugby gehad het (soos gepubliseer op 14 Oktober 2019) die hoër rang toegeken.[41]
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.[41]
Soos tydens die rugbywêreldbekertoernooie van 2007, 2011 en 2015 het die top drie spanne in elke groep regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk gekwalifiseer. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.
Kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2019 is in agt fases verdeel dwarsdeur 2018 en tot in Januarie 2019, toe in die laaste fase die oorblywende kaartjies vrygestel is.[42] In Julie 2018 is daar aangekondig dat daar reeds 900 000 van die 1,8 miljoen kaartjies verkoop is.[43] Altesaam is daar 1,72 miljoen kaartjies verkoop, wat dit die grootste enkelsportoernooi in Japan maak; die 99% bywoning gedurende die 45 wedstryde is die hoogste in die rugbywêreldbekergeskiedenis.[44]
Die wêreldwye vennote van die toernooi was Emirates, Heineken, Land Rover, Mastercard, Société Générale en DHL, en die amptelike borge sluit in Canon, Toto, Secom, Lipod, Mitsubishi, NEC, Hito en Taisei.[45] Gilbert het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Sirius-wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by rugbywêreldbekertoernooie voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995), Revolution- (1999), Xact- (2003), Synergie- (2007), Virtuo- (2011) en Match XV-balle (2015) vir vorige toernooie verskaf het.[46] Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers Tudor, Toppan, Canterbury, NTT Docomo, EY, Suntory en Aggreko.[45]
’n Paneel van twaalf skeidsregters, sewe lynregters en vier televisieskeidsregters is vir die 48 wedstryde ingespan.[47]
|
|
Elke land kon 31 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 8 September 2019 aan Wêreldrugby voorgelê word. Nadat die span voorgelê is, kon ’n beseerde speler vervang word, maar so ’n speler is nie toegelaat om weer by die span aan te sluit nie.[48]
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2023. |
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2023. |
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2023 mis. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die drie beste spanne regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer het.
20 September 2019 | Japan | 30–10 | Rusland | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
19:45 (JST) | Drieë: Kotaro Matsushima (3), Pieter Labuschagne Doelskoppe: Yu Tamura, Rikiya Matsuda Strafdoele: Yu Tamura (2) |
Verslag | Drie: Kirill Golosnitsky Doelskop: Joeri Koesjnaref Strafdoel: Joeri Koesjnaref |
Bywoning: 45 745 Skeidsregter: Nigel Owens (Wal) Speler van die wedstryd: Kotaro Matsushima (JPN) | |
|
22 September 2019 | Ierland | 27–3 | Skotland | Int’l Stadion Jokohama, Jokohama | |
16:45 (JST) | Drieë: James Ryan, Rory Best, Tadhg Furlong, Andrew Conway Doelskoppe: Johnny Sexton, Conor Murray Strafdoel: Jack Carty Kaart: Tadhg Beirne 70' tot 80' |
Verslag | Strafdoel: Greig Laidlaw | Bywoning: 63 731 Skeidsregter: Wayne Barnes (Eng) Speler van die wedstryd: CJ Stander (Irl) | |
|
24 September 2019 | Rusland | 9–34 | Samoa | Kumagaya Rugbystadion, Kumagaya | |
13:15 (JST) | Strafdoele: Joeri Koesjnaref (2) Skepdoel: Joeri Koesjnaref Kaart: Kirill Gotowtsef 45' tot 55' |
Verslag | Drieë: Alapati Leiua (2), Afaesetiti Amosa, Ed Fidow (2), Rey Lee-Lo Doelskoppe: Tusi Pisi (2) Kaarte: Rey Lee-Lo 28' tot 38', Motu Matu’u 30' tot 40' |
Bywoning: 22 564 Skeidsregter: Romain Poite (Fra) Speler van die wedstryd: Alapati Leiua (Sam) | |
|
28 September 2019 | Japan | 19–12 | Ierland | Shizuoka-stadion, Fukuroi | |
16:15 (JST) | Drie: Kenki Fukuoka Doelskop: Yu Tamura Strafdoele: Yu Tamura (4) |
Verslag | Drieë: Garry Ringrose, Rob Kearney Doelskop: Jack Carty |
Bywoning: 47 813 Skeidsregter: Angus Gardner (Aus) Speler van die wedstryd: Shota Horie (JPN) | |
|
30 September 2019 | Skotland | 34–0 | Samoa | Noevir Stadion Kobe, Kobe | |
19:15 (JST) | Drieë: Sean Maitland, Greig Laidlaw, Strafdrie (2) Doelskoppe: Greig Laidlaw (2) Strafdoel: Greig Laidlaw Skepdoel: Stuart Hogg |
Verslag | Kaart: Ed Fidow 57', 75' | Bywoning: 27 586 Skeidsregter: Pascal Gaüzère (Fra) Speler van die wedstryd: Jonny Gray (Sko) | |
|
3 Oktober 2019 | Ierland | 35–0 | Rusland | Noevir Stadion Kobe, Kobe | |
19:15 (JST) | Drieë: Rob Kearney, Peter O’Mahony, Rhys Ruddock, Andrew Conway, Garry Ringrose Doelskoppe: Johnny Sexton (3), Jack Carty (2) |
Verslag | Kaarte: Bogdan Fedotko 34' tot 44', Andrei Ostrikof 51' tot 61' | Bywoning: 26 856 Skeidsregter: Jérôme Garcès (Fra) Speler van die wedstryd: Rhys Ruddock (Irl) | |
|
5 Oktober 2019 | Japan | 38–19 | Samoa | Toyota-stadion, Toyota | |
19:30 (JST) | Drieë: Timothy Lafaele, Kazuki Himeno, Kenki Fukuoka, Kotaro Matsushima Doelskoppe: Yu Tamura (3) Strafdoele: Yu Tamura (4) |
Verslag | Drie: Henry Taefu Doelskop: Henry Taefu Strafdoele: Henry Taefu (4) Kaart: TJ Ioane 25' tot 35' |
Bywoning: 39 695 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: Lomano Lemeki (JPN) | |
|
9 Oktober 2019 | Skotland | 61–0 | Rusland | Shizuoka-stadion, Fukuroi | |
16:15 (JST) | Drieë: Adam Hastings (2), George Horne (3), George Turner, Tommy Seymour, John Barclay, Stuart McInally Doelskoppe: Adam Hastings (8) |
Verslag | Bywoning: 44 123 Skeidsregter: Mathieu Raynal (Fra) Speler van die wedstryd: Adam Hastings (Sko) | ||
|
12 Oktober 2019 | Ierland | 47–5 | Samoa | Level-5-stadion, Fukuoka | |
19:45 (JST) | Drieë: Rory Best, Tadhg Furlong, Johnny Sexton (2), Jordan Larmour, CJ Stander, Andrew Conway Doelskoppe: Johnny Sexton (4), Joey Carbery (2) Kaart: Bundee Aki 29' |
Verslag | Drie: Jack Lam Kaarte: Seilala Lam 6' tot 16', TJ Ioane 59' tot 69' |
Bywoning: 17 967 Skeidsregter: Nic Berry (Aus) Speler van die wedstryd: Jordan Larmour (Irl) | |
13 Oktober 2019 | Japan | 28–21 | Skotland | Int’l Stadion Jokohama, Jokohama | |
19:45 (JST) | Drieë: Kotaro Matsushima, Keita Inagaki, Kenki Fukuoka (2) Doelskoppe: Yu Tamura (4) |
Verslag | Drieë: Finn Russell, Willem Nel, Zander Fagerson Doelskoppe: Greig Laidlaw (2), Finn Russell |
Bywoning: 67 666 Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NZL) Speler van die wedstryd: Kenki Fukuoka (JPN) | |
|
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 4 | 3 | 1 | 0 | 157 | 22 | +135 | 22 | 2 | 16 |
Suid-Afrika | 4 | 3 | 0 | 1 | 185 | 36 | +149 | 27 | 3 | 15 |
Italië | 4 | 2 | 1 | 1 | 98 | 78 | +20 | 14 | 2 | 12 |
Namibië | 4 | 0 | 1 | 3 | 34 | 175 | –141 | 3 | 0 | 2 |
Kanada | 4 | 0 | 1 | 3 | 14 | 177 | –163 | 2 | 0 | 2 |
21 September 2019 | Nieu-Seeland | 23–13 | Suid-Afrika | Int’l Stadion Jokohama, Jokohama | |
18:45 (JST) | Drieë: George Bridge, Scott Barrett Doelskoppe: Richie Mo’unga (2) Strafdoele: Richie Mo’unga (2), Beauden Barrett |
Verslag | Drie: Pieter-Steph du Toit Doelskop: Handré Pollard Strafdoel: Handré Pollard Skepdoel: Handré Pollard |
Bywoning: 63 649 Skeidsregter: Jérôme Garcès (Fra) Speler van die wedstryd: Beauden Barrett (NZL) | |
|
22 September 2019 | Italië | 47–22 | Namibië | Hanazono Rugbystadion, Higashiosaka | |
14:15 (JST) | Drieë: Strafdrie, Tommaso Allan, Tito Tebaldi, Mattia Bellini, Carlo Canna, Jake Polledri, Matteo Minozzi Doelskoppe: Tommaso Allan (3), Carlo Canna (2) |
Verslag | Drieë: Damian Stevens, J. C. Greyling, Chad Plato Doelskoppe: Cliven Loubser (2) Strafdoel: Cliven Loubser |
Bywoning: 20 354 Skeidsregter: Nic Berry (Aus) Speler van die wedstryd: Federico Ruzza (Ita) | |
26 September 2019 | Italië | 48–7 | Kanada | Level-5-stadion, Fukuoka | |
16:45 (JST) | Drieë: Braam Steyn, Dean Budd, Sebastian Negri, Strafdrie, Mattia Bellini, Federico Zani, Matteo Minozzi Doelskoppe: Tommaso Allan (3), Carlo Canna Strafdoel: Tommaso Allan |
Verslag | Drie: Andrew Coe Doelskop: Peter Nelson Kaart: Matt Heaton 59' tot 69' |
Bywoning: 16 984 Skeidsregter: Nigel Owens (Wal) Speler van die wedstryd: Jake Polledri (Ita) | |
28 September 2019 | Suid-Afrika | 57–3 | Namibië | Toyota-stadion, Toyota | |
11:45 (JST) | Drieë: Bongi Mbonambi (2), Francois Louw, Makazole Mapimpi (2), Lukhanyo Am, Warrick Gelant, Siya Kolisi, Schalk Brits Doelskoppe: Elton Jantjies (6) |
Verslag | Strafdoel: Cliven Loubser Kaarte: Adriaan Booysen 17' tot 27', Aranos Coetzee 64' tot 74' |
Bywoning: 36 449 Skeidsregter: Mathieu Raynal (Fra) Speler van die wedstryd: Lood de Jager (RSA) | |
|
2 Oktober 2019 | Nieu-Seeland | 63–0 | Kanada | Ōita Bank Dome, Ōita | |
23:15 (JST) | Drieë: Strafdrie, Jordie Barrett, Sonny Bill Williams, Beauden Barrett, Rieko Ioane, Scott Barrett, Shannon Frizell, Brad Weber (2) Doelskoppe: Richie Mo’unga (8) |
Verslag | Bywoning: 34 411 Skeidsregter: Romain Poite (Fra) Speler van die wedstryd: Richie Mo’unga (NZL) | ||
|
4 Oktober 2019 | Suid-Afrika | 49–3 | Italië | Shizuoka-stadion, Fukuroi | |
18:45 (JST) | Drieë: Cheslin Kolbe (2), Bongi Mbonambi, Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, RG Snyman, Malcolm Marx Doelskoppe: Handré Pollard (4) Strafdoele: Handré Pollard (2) |
Verslag | Strafdoel: Tommaso Allan Kaart: Andrea Lovotti 43' |
Bywoning: 44 148 Skeidsregter: Wayne Barnes (Eng) Speler van die wedstryd: Cheslin Kolbe (RSA) | |
|
6 Oktober 2019 | Nieu-Seeland | 71–9 | Namibië | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
17:45 (JST) | Drieë: Sevu Reece (2), Anton Lienert-Brown (2), Angus Ta’avao-Matau, Ben Smith (2), Joe Moody, Sam Whitelock, Jordie Barrett, TJ Perenara Doelskoppe: Jordie Barrett (8) Kaarte: Nepo Laulala 31' tot 41', Ofa Tu’ungafasi 73' tot 80+' |
Verslag | Strafdoele: Damian Stevens (3) | Bywoning: 48 354 Skeidsregter: Pascal Gaüzère (Fra) Speler van die wedstryd: Anton Lienert-Brown (NZL) | |
|
8 Oktober 2019 | Suid-Afrika | 66–7 | Kanada | Noevir Stadion Kobe, Kobe | |
19:15 (JST) | Drieë: Damian de Allende, S'busiso Nkosi, Cobus Reinach (3), Warrick Gelant, François Steyn, Schalk Brits, Damian Willemse, Frans Malherbe Doelskoppe: Elton Jantjies (8) |
Verslag | Drie: Matt Heaton Doelskop: Peter Nelson Kaart: Josh Larsen 36' |
Bywoning: 28 014 Skeidsregter: Luke Pearce (Eng) Speler van die wedstryd: RG Snyman (RSA) | |
|
12 Oktober 2019 | Nieu-Seeland | 0–0 (afgelas)[7] |
Italië | Toyota-stadion, Toyota | |
13:45 (JST) | Verslag | Bywoning: 0 Skeidsregter: Luke Pearce (Eng) | |||
|
13 Oktober 2019 | Namibië | 0–0 (afgelas)[11] |
Kanada | Kamaishi Recovery Memorial Stadion, Kamaishi | |
12:15 (JST) | Verslag | Bywoning: 0 Skeidsregter: Paul Williams (NZL) | |||
|
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 4 | 3 | 1 | 0 | 119 | 20 | +99 | 17 | 3 | 17 |
Frankryk | 4 | 3 | 1 | 0 | 79 | 51 | +28 | 9 | 1 | 15 |
Argentinië | 4 | 2 | 0 | 2 | 106 | 91 | +15 | 14 | 3 | 11 |
Tonga | 4 | 1 | 0 | 3 | 67 | 105 | –38 | 9 | 2 | 6 |
Verenigde State | 4 | 0 | 0 | 4 | 52 | 156 | –104 | 7 | 0 | 0 |
21 September 2019 | Frankryk | 23–21 | Argentinië | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
16:15 (JST) | Drieë: Gaël Fickou, Antoine Dupont Doelskoppe: Romain Ntamack (2) Strafdoele: Romain Ntamack (2) Skepdoel: Camille Lopez |
Verslag | Drieë: Guido Petti Pagadizábal, Julián Montoya Doelskop: Nicolás Sánchez Strafdoel: Nicolás Sánchez, Ben Urdapilleta (2) |
Bywoning: 40 004 Skeidsregter: Angus Gardner (Aus) Speler van die wedstryd: Gaël Fickou (Fra) | |
|
22 September 2019 | Engeland | 35–3 | Tonga | Sapporo Dome, Sapporo | |
19:15 (JST) | Drieë: Manu Tuilagi (2), Jamie George, Luke Cowan-Dickie Doelskoppe: Owen Farrell (3) Strafdoele: Owen Farrell (3) |
Verslag | Strafdoel: Sonatane Takulua | Bywoning: 35 923 Skeidsregter: Paul Williams (NZL) Speler van die wedstryd: Manu Tuilagi (Eng) | |
26 September 2019 | Engeland | 45–7 | Verenigde State | Noevir Stadion Kobe, Kobe | |
19:45 (JST) | Drieë: George Ford, Billy Vunipola, Luke Cowan-Dickie, Joe Cokanasiga (2), Ruaridh McConnochie, Lewis Ludlam Doelskoppe: George Ford (5) |
Verslag | Drie: Bryce Campbell Doelskop: AJ MacGinty Kaart: John Quill 70' |
Bywoning: 27 194 Skeidsregter: Nic Berry (Aus) Speler van die wedstryd: George Ford (Eng) | |
|
28 September 2019 | Argentinië | 28–12 | Tonga | Hanazono Rugbystadion, Higashiosaka | |
13:45 (JST) | Drieë: Julián Montoya (3), Santiago Carreras Doelskoppe: Ben Urdapilleta (4) |
Verslag | Drieë: Telusa Veainu (2) Doelskop: Sonatane Takulua |
Bywoning: 21 971 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: Julián Montoya (Arg) | |
2 Oktober 2019 | Frankryk | 33–9 | Verenigde State | Level-5-stadion, Fukuoka | |
16:45 (JST) | Drieë: Yoann Huget, Alivereti Raka, Gaël Fickou, Baptiste Serin, Jefferson Poirot Doelskoppe: Thomas Ramos, Camille Lopez (3) |
Verslag | Strafdoele: AJ MacGinty (3) | Bywoning: 17 660 Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NZL) Speler van die wedstryd: Camille Lopez (Fra) | |
|
5 Oktober 2019 | Engeland | 39–10 | Argentinië | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
17:00 (JST) | Drieë: Jonny May, Elliot Daly, Ben Youngs, George Ford, Jack Nowell, Luke Cowan-Dickie Doelskoppe: Owen Farrell (3) Strafdoel: Owen Farrell |
Verslag | Drie: Matias Moroni Doelskop: Emiliano Boffelli Strafdoel: Ben Urdapilleta Kaart: Tomás Lavanini 18' |
Bywoning: 48 185 Skeidsregter: Nigel Owens (Wal) Speler van die wedstryd: Sam Underhill (Eng) | |
|
6 Oktober 2019 | Frankryk | 23–21 | Tonga | Umakana Yokana-stadion, Kumamoto | |
16:45 (JST) | Drieë: Virimi Vakatawa, Alivereti Raka Doelskoppe: Romain Ntamack (2) Strafdoel: Romain Ntamack (3) |
Verslag | Drieë: Sonatane Takulua, Mali Hingano, Zane Kapeli Doelskoppe: Sonatane Takulua (2), Latiume Fosita |
Bywoning: 28 477 Skeidsregter: Nic Berry (Aus) Speler van die wedstryd: Alivereti Raka (Fra) | |
9 Oktober 2019 | Argentinië | 47–17 | Verenigde State | Kumagaya Rugbystadion, Kumagaya | |
13:45 (JST) | Drieë: Nicolás Sánchez, Joaquín Tuculet (2), Juan Cruz Mallia (2), Jeronimo de la Fuente, Gonzalo Bertranou Doelskoppe: Nicolás Sánchez (5), Ben Urdapilleta |
Verslag | Drieë: Blaine Scully (2), Paul Lasike Doelskop: AJ MacGinty |
Bywoning: 24 377 Skeidsregter: Paul Williams (NZL) Speler van die wedstryd: Juan Cruz Mallia (Arg) | |
|
12 Oktober 2019 | Engeland | 0–0 (afgelas)[7] |
Frankryk | Int’l Stadion Jokohama, Jokohama | |
17:15 (JST) | Verslag | Bywoning: 0 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) | |||
|
13 Oktober 2019 | Verenigde State | 19–31 | Tonga | Hanazono Rugbystadion, Higashiosaka | |
14:45 (JST) | Drieë: Mike Te’o (2), Tony Lamborn Doelskoppe: AJ MacGinty (2) |
Verslag | Drieë: Siegfried Fisi’ihoi, Mali Hingano, Siale Piutau, Telusa Veainu Doelskoppe: Sonatane Takulua (2), James Faiva, Siale Piutau Strafdoel: Sonatane Takulua |
Bywoning: 22 012 Skeidsregter: Nigel Owens (Wal) Speler van die wedstryd: Siale Piutau (TGA) | |
21 September 2019 | Australië | 39–21 | Fidji | Sapporo Dome, Sapporo | |
13:45 (JST) | Drieë: Michael Hooper, Reece Hodge, Tolu Latu (2), Samu Kerevi, Marika Koroibete Doelskoppe: Christian Leali’ifano, Matt Toomua (2) Strafdoel: Reece Hodge |
Verslag | Drieë: Peceli Yato Senibitu, Waisea Nayacalevu Vuidravuwalu Doelskop: Ben Volavola Strafdoele: Ben Volavola (3) Kaart: Levani Botia 61' tot 71' |
Bywoning: 36 482 Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NZL) Speler van die wedstryd: Tolu Latu (Aus) | |
23 September 2019 | Wallis | 43–14 | Georgië | Toyota-stadion, Toyota | |
19:15 (JST) | Drieë: Jonathan Davies, Justin Tipuric, Josh Adams, Liam Williams, Tomos Williams, George North Doelskoppe: Dan Biggar (4), Leigh Halfpenny Strafdoel: Dan Biggar |
Verslag | Drieë: Sjalwa Mamoekasjwili, Lewan Chilachawa Doelskoppe: Tedo Abzhandadse (2) Kaart: Jaba Bregwadse 48' tot 58' |
Bywoning: 35 546 Skeidsregter: Luke Pearce (Eng) Speler van die wedstryd: Jake Ball (Wal) | |
25 September 2019 | Fidji | 27–30 | Uruguay | Kamaishi Recovery Memorial Stadion, Kamaishi | |
14:15 (JST) | Drieë: Mesulame Dolokoto, Eroni Mawi, Api Ratuniyarawa, Nikola Matawalu (2) Doelskop: JL Matavesi |
Verslag | Drieë: Santiago Arata, Manuel Diana Olaso, Juan Manuel Cat Piccardo Doelskoppe: Felipe Berchesi Pisano (3) Strafdoele: Felipe Berchesi Pisano (3) |
Bywoning: 14 025 Skeidsregter: Pascal Gaüzère (Fra) Speler van die wedstryd: Felipe Berchesi (Uru) | |
|
29 September 2019 | Georgië | 33–7 | Uruguay | Kumagaya Rugbystadion, Kumagaya | |
14:15 (JST) | Drieë: Sandro Todua, Otari Giorgadse, Lewan Chilachawa, Jaba Bregwadse, Giorgi Kweseladse Doelskoppe: Tedo Abzhandadse (4) |
Verslag | Drie: Andres Vilaseca Hontou Doelskop: Felipe Berchesi Pisano Kaart: Facundo Gattas 78' |
Bywoning: 24 895 Skeidsregter: Wayne Barnes (Eng) Speler van die wedstryd: Otar Giorgadze (Geo) | |
|
29 September 2019 | Australië | 25–29 | Wallis | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
16:45 (JST) | Drieë: Adam Ashley-Cooper, Dane Haylett-Petty, Michael Hooper Doelskoppe: Matt Toomua (2) Strafdoele: Bernard Foley, Matt Toomua |
Verslag | Drieë: Hadleigh Parkes, Gareth Davies Doelskoppe: Dan Biggar, Rhys Patchell Strafdoele: Rhys Patchell (3) Skepdoele: Dan Biggar, Rhys Patchell |
Bywoning: 47 885 Skeidsregter: Romain Poite (Fra) Speler van die wedstryd: Gareth Davies (Wal) | |
|
3 Oktober 2019 | Georgië | 10–45 | Fidji | Hanazono Rugbystadion, Higashiosaka | |
14:15 (JST) | Drie: Mamoeka Gorgodse Doelskop: Soso Matiasjwili Strafdoel: Soso Matiasjwili |
Verslag | Drieë: Waisea Nayacalevu Vuidravuwalu, Frank Lomani, Josua Tuisova Ratulevu, Semi Radradra (2), Semi Kunatani, Api Ratuniyarawa Doelskoppe: Ben Volavola (5) |
Bywoning: 21 069 Skeidsregter: Paul Williams (NZL) Speler van die wedstryd: Semi Radradra (Fij) | |
|
5 Oktober 2019 | Australië | 45–10 | Uruguay | Ōita Bank Dome, Ōita | |
15:15 (JST) | Drieë: Dane Haylett-Petty (2), Jordan Petaia, Tevita Kuridrani (2), Will Genia, James Slipper Doelskoppe: Christian Leali’ifano (5) Kaarte: Adam Coleman 14' tot 24', Lukhan Salakaia-Loto 29' tot 39' |
Verslag | Drie: Manuel Diana Olaso Doelskop: Felipe Berchesi Pisano Strafdoel: Felipe Berchesi Pisano |
Bywoning: 33 781 Skeidsregter: Mathieu Raynal (Fra) Speler van die wedstryd: Tevita Kuridrani (Aus) | |
9 Oktober 2019 | Wallis | 29–17 | Fidji | Ōita Bank Dome, Ōita | |
18:45 (JST) | Drieë: Josh Adams (3), Liam Williams Doelskoppe: Dan Biggar (2), Rhys Patchell Strafdoel: Rhys Patchell Kaarte: Ken Owens 8' tot 18', James Davies 53' tot 63' |
Verslag | Drieë: Josua Tuisova Ratulevu, Kini Murimurivalu, Strafdrie Kaarte: Tevita Cavubati 17' tot 27', Semi Kunatani 29' tot 39' |
Bywoning: 33 379 Skeidsregter: Jérôme Garcès (Fra) Speler van die wedstryd: Semi Radradra (Fij) | |
11 Oktober 2019 | Australië | 27–8 | Georgië | Shizuoka-stadion, Fukuroi | |
19:15 (JST) | Drieë: Nic White, Marika Koroibete, Jack Dempsey, Will Genia Doelskoppe: Matt Toomua (2) Strafdoel: Matt Toomua Kaart: Isi Naisarani 35' tot 45' |
Verslag | Drie: Sandro Todua Strafdoel: Soso Matiaskwili |
Bywoning: 39 802 Skeidsregter: Pascal Gaüzère (Fra) Speler van die wedstryd: Izack Rodda (Aus) | |
13 Oktober 2019 | Wallis | 35–13 | Uruguay | Umakana Yokana-stadion, Kumamoto | |
17:15 (JST) | Drieë: Nicky Smith, Josh Adams, Strafdrie, Tomos Williams, Gareth Davies Doelskoppe: Leigh Halfpenny (4) |
Verslag | Drie: German Kessler Lordon Doelskop: Felipe Berchesi Pisano Strafdoele: Felipe Berchesi Pisano (2) Kaart: Santiago Civetta 65' tot 75' |
Bywoning: 27 317 Skeidsregter: Angus Gardner (Aus) Speler van die wedstryd: Leigh Halfpenny (Wal) | |
|
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||||
19 Oktober – Ōita | ||||||||||
Engeland | 40 | |||||||||
26 Oktober – Jokohama | ||||||||||
Australië | 16 | |||||||||
Engeland | 19 | |||||||||
19 Oktober – Chōfu | ||||||||||
Nieu-Seeland | 7 | |||||||||
Nieu-Seeland | 46 | |||||||||
2 November – Jokohama | ||||||||||
Ierland | 14 | |||||||||
Engeland | 12 | |||||||||
20 Oktober – Ōita | ||||||||||
Suid-Afrika | 32 | |||||||||
Wallis | 20 | |||||||||
27 Oktober – Jokohama | ||||||||||
Frankryk | 19 | |||||||||
Wallis | 16 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
20 Oktober – Chōfu | ||||||||||
Suid-Afrika | 19 | 1 November – Chōfu | ||||||||
Japan | 3 | |||||||||
Nieu-Seeland | 40 | |||||||||
Suid-Afrika | 26 | |||||||||
Wallis | 17 | |||||||||
19 Oktober 2019 | Engeland | 40–16 | Australië | Ōita Bank Dome, Ōita | |
16:15 (JST) | Drieë: Jonny May (2), Kyle Sinckler, Anthony Watson Doelskoppe: Owen Farrell (4) Strafdoele: Owen Farrell (4) |
Verslag | Drie: Marika Koroibete Doelskop: Christian Leali’ifano Strafdoele: Christian Leali’ifano (3) |
Bywoning: 36 954 Skeidsregter: Jérôme Garcès (Fra) Speler van die wedstryd: Tom Curry (Eng) | |
|
19 Oktober 2019 | Nieu-Seeland | 46–14 | Ierland | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
19:15 (JST) | Drieë: Aaron Smith (2), Beauden Barrett, Codie Taylor, Matt Todd, George Bridge, Jordie Barrett Doelskoppe: Richie Mo’unga (4) Strafdoel: Richie Mo’unga Kaart: Matt Todd 77' tot 80+' |
Verslag | Drieë: Robbie Henshaw, Strafdrie Doelskop: Joey Carbery |
Bywoning: 48 656 Skeidsregter: Nigel Owens (Wal) Speler van die wedstryd: Beauden Barrett (NZL) | |
20 Oktober 2019 | Wallis | 20–19 | Frankryk | Ōita Bank Dome, Ōita | |
16:15 (JST) | Drie: Aaron Wainwright, Ross Moriarty Doelskoppe: Dan Biggar (2) Strafdoele: Dan Biggar (2) Kaart: Ross Moriarty 29' tot 39' |
Verslag | Drieë: Sebastien Vahaamahina, Charles Ollivon, Virimi Vakatawa Doelskoppe: Romain Ntamack (2) Kaart: Sebastien Vahaamahina 49' |
Bywoning: 34 426 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: Aaron Wainwright (Wal) | |
|
20 Oktober 2019 | Japan | 3–26 | Suid-Afrika | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
19:15 (JST) | Strafdoel: Yu Tamura | Verslag | Drieë: Makazole Mapimpi (2), Faf de Klerk Doelskop: Handré Pollard Strafdoele: Handré Pollard (3) Kaart: Tendai Mtawarira 10' tot 20' |
Bywoning: 48 831 Skeidsregter: Wayne Barnes (Eng) Speler van die wedstryd: Faf de Klerk (RSA) | |
26 Oktober 2019 | Engeland | 19–7 | Nieu-Seeland | Int’l Stadion Jokohama, Jokohama | |
17:00 (JST) | Drie: Manu Tuilagi Doelskop: Owen Farrell Strafdoele: George Ford (4) |
Verslag | Drie: Ardie Savea Doelskop: Richie Mo’unga |
Bywoning: 68 843 Skeidsregter: Nigel Owens (Wal) Speler van die wedstryd: Maro Itoje (Eng) | |
|
27 Oktober 2019 | Wallis | 16–19 | Suid-Afrika | Int’l Stadion Jokohama, Jokohama | |
18:00 (JST) | Drie: Josh Adams Doelskop: Leigh Halfpenny Strafdoele: Dan Biggar (3) |
Verslag | Drie: Damian de Allende Doelskop: Handré Pollard Strafdoele: Handré Pollard (4) |
Bywoning: 67 750 Skeidsregter: Jérôme Garcès (Fra) Speler van die wedstryd: Handré Pollard (RSA) | |
1 November 2019 | Nieu-Seeland | 40–17 | Wallis | Ajinomoto-stadion, Chōfu | |
18:00 (JST) | Drieë: Joe Moody, Beauden Barrett, Ben Smith (2), Ryan Crotty, Richie Mo’unga Doelskoppe: Richie Mo’unga (5) |
Verslag | Drieë: Hallam Amos, Josh Adams Doelskoppe: Rhys Patchell, Dan Biggar Strafdoel: Rhys Patchell |
Bywoning: 48 842 Skeidsregter: Wayne Barnes (Eng) Speler van die wedstryd: Brodie Retallick (NZL) | |
2 November 2019 | Engeland | 12–32 | Suid-Afrika | Int’l Stadion Jokohama, Jokohama | |
18:00 (JST) | Strafdoele: Owen Farrell (4) | Verslag | Drieë: Makazole Mapimpi, Cheslin Kolbe Doelskoppe: Handré Pollard (2) Strafdoele: Handré Pollard (6) |
Bywoning: 70 103 Skeidsregter: Jérôme Garcès (Fra) Speler van die wedstryd: Duane Vermeulen (RSA) | |
|
Rugbywêreldkampioen 2019 |
---|
Suid-Afrika |
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2019.[124]
Rang | Span | Groep | S | W | G | V | P | Drieë | Doelskoppe | Strafdoele | Skepdoele |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Suid-Afrika | B | 7 | 6 | 0 | 1 | 262 | 33 | 23 | 16 | 1 |
2 | Engeland | C | 7 | 5 | 1 | 1 | 190 | 22 | 16 | 16 | 0 |
3 | Nieu-Seeland | B | 7 | 5 | 1 | 1 | 250 | 36 | 28 | 4 | 0 |
4 | Wallis | D | 7 | 5 | 0 | 2 | 189 | 22 | 19 | 11 | 2 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Japan | A | 5 | 4 | 0 | 1 | 118 | 13 | 10 | 11 | 0 |
6 | Ierland | A | 5 | 3 | 0 | 2 | 135 | 20 | 15 | 1 | 0 |
7 | Australië | D | 5 | 3 | 0 | 2 | 152 | 21 | 13 | 7 | 0 |
8 | Frankryk | C | 5 | 3 | 1 | 1 | 98 | 12 | 10 | 5 | 1 |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Italië | B | 4 | 2 | 1 | 1 | 98 | 14 | 9 | 2 | 0 |
10 | Skotland | A | 4 | 2 | 0 | 2 | 119 | 16 | 13 | 2 | 1 |
11 | Argentinië | C | 4 | 2 | 0 | 2 | 106 | 14 | 12 | 4 | 0 |
12 | Fidji | D | 4 | 1 | 0 | 3 | 110 | 17 | 7 | 3 | 0 |
13 | Tonga | C | 4 | 1 | 0 | 3 | 67 | 9 | 8 | 2 | 0 |
14 | Georgië | D | 4 | 1 | 0 | 3 | 65 | 9 | 7 | 2 | 0 |
15 | Samoa | A | 4 | 1 | 0 | 3 | 58 | 8 | 3 | 4 | 0 |
16 | Uruguay | D | 4 | 1 | 0 | 3 | 60 | 6 | 6 | 6 | 0 |
17 | Namibië | B | 4 | 0 | 1 | 3 | 34 | 3 | 2 | 5 | 0 |
18 | Kanada | B | 4 | 0 | 1 | 3 | 14 | 2 | 2 | 0 | 0 |
19 | Verenigde State | C | 4 | 0 | 0 | 4 | 52 | 7 | 4 | 3 | 0 |
20 | Rusland | A | 4 | 0 | 0 | 4 | 19 | 1 | 1 | 3 | 1 |
Algeheel | 48 | 2196 | 285 | 208 | 107 | 6 |
Meeste punte aangeteken:[1]
|
Meeste drieë gedruk:[2]
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.