From Wikipedia, the free encyclopedia
Shinzo Abe (安倍 晋三 Abe Shinzō, IFA: [abe ɕin(d)zoː]; gebore 21 September 1954 – 8 Julie 2022) was 'n Japannese politikus en van 2012 tot 2020 premier van Japan en president van die Liberaaldemokratiese Party (LDP).
Shinzo Abe | |
Shinzo Abe in 2012 | |
Ampstermyn 26 Desember 2012 – 16 September 2020 | |
Vise | Tarō Asō |
---|---|
Monarg | Akihito Naruhito |
Voorafgegaan deur | Yoshihiko Noda |
Opgevolg deur | Yoshihide Suga |
Ampstermyn 26 September 2006 – 26 September 2007 | |
Monarg | Akihito |
Voorafgegaan deur | Junichiro Koizumi |
Opgevolg deur | Yasuo Fukuda |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 21 September 1954 Shinjuku, Tokyo, Japan |
Sterf | 8 Julie 2022 (op 67) Nara, Japan |
Eggenoot/-note | Akie Abe |
Op 28 Augustus 2020 kondig Abe sy uittrede weens gesondheidsredes aan.[1] Hy het lank reeds aan 'n chroniese inflammatoriese dermsiekte gely, wat veroorsaak het dat hy in 2007 ook skielik as premier moes bedank.[1] Nadat die siekte onder beheer gebring is, word hy in 2012 as premier herkies.[1] Abe word in 2019 die langsdienende premier van Japan.[1]
In Augustus 2020, het Abe sy hangende bedanking as premier aangekondig, met verwysing na 'n herlewing van sy ulseratiewe kolitis. Hy het tot 16 September 2020 in die amp aangebly, waarna die Kokkai geskeduleer was om sy opvolger te verkies, na aanleiding van die uitslag van 'n LDP-leierskapsverkiesing wat drie dae vantevore gehou is.[2]
Op 8 Julie 2022 is Abe is van agter geskiet, terwyl hy 'n veldtogtoespraak in Nara gelewer het. Hy was na bewering na die voorval in 'n hartstilstand en het onmiddellik ná die skietery geen lewenstekens getoon nie.[3] Die polisie het die vermeende skieter, Yamagami Tetsuya, weens poging tot moord in hegtenis geneem.[4] Abe is toe na die hospitaal gejaag en is daar oorlede. Hy was 67 jaar oud.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.