keiser van Japan From Wikipedia, the free encyclopedia
Naruhito (in Afrikaans ook gespel as Naroehito; Japannees: 徳仁, Naruhito; gebore op 23 Februarie 1960 in Tokio, Japan) is die huidige keiser (天皇 tennō?) van Japan, en die 126ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[1] Soos in Japan gebruiklik is, word hy tydens sy bewind nie op sy geboortenaam Naruhito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika).[2] Sy posthume naam sal Keiser Reiwa (令和天皇, Reiwa Tennō) wees, sy regeringstyd sal ná sy afsterwe as die Reiwa-tydperk (令和時代, Reiwa jidai) bekend staan.[3] Hy het die Krisanttroon in 2019 bestyg en is die enigste heersende monarg wat die titel keiser dra.[4]
Naruhito | |
---|---|
Keiser van Japan | |
Kroonprins Naruhito in 2023 | |
Dinastie | Keiserlike Huis van Japan |
Bewind | 1 Mei 2019 – hede |
Kroning | 22 Oktober 2019 |
Inhuldiging | 1 Mei 2019 |
Volle naam | Naruhito (徳仁) |
Gebore | 23 Februarie 1960 |
Keiserlike Huishoudelike Agentskap-hospitaal, Keiserlike Paleis, Tokio, Japan | |
Voorganger | Keiser Heisei |
Gade | Keiserin Masako |
Kinders | Aiko |
Vader | Keiser Heisei |
Moeder | Keiserin Michiko |
Naruhito is die oudste seun van Keiser Akihito en Keiserin Michiko, wat hom die erfgenaam van die Krisanttroon gemaak het. Naruhito is op 23 Februarie 1991, sy 31ste verjaarsdag, amptelik as Kroonprins van Japan aangewys. Sy titel in sy kinderjare was Prins Hiro (浩宮, Hiro-no-miya).
Akihito het op 8 Augustus 2016 sy abdikasie vir 30 April 2019 aangekondig. Vervolgens is Naruhito, Akihito se oudste seun, op 1 Mei 2019 ingehuldig. Naruhito se bewind staan bekend as Reiwa (令和, "mooi harmonie"). Naruhito is Japan se eerste keiser wat na die Tweede Wêreldoorlog gebore is.[5][6] Die kroningseremonie volgens Sjintoïsme (即位の礼, Sokui no Rei) het op 22 Oktober 2019 plaasgevind.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.