Wêreldrugby
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wêreldrugby (Engels: World Rugby), tot in November 2014 bekend as die Internasionale Rugbyraad (afgekort “IRR”; Engels: International Rugby Board (IRB), is die wêreldwye bestuursliggaam wat die reëls van rugby beheer. Die liggaam is in 1886 in die lewe geroep as die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) deur die Skotse, Walliese en Ierse rugbyunies. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het aanvanklik geweier om aan te sluit, maar hulle het in 1890 die eerste niestigtingslid geword wat aangesluit het.[1][2] Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het in 1949 volle lede geword en in 1978 het Frankryk gevolg. In 1987 is Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi om aan die eerste rugbywêreldbekertoernooi deel te neem wat gepaard gegaan het met lidmaatskaap. Tussen 1987 en 1999 het ’n verdere tagtig lede gevolg. Die raad is in 1998 herdoop tot die Internasionale Rugbyraad en het in November 2014 sy huidige naam aangeneem. Wêreldrugby se hoofkantoor is in Dublin, Ierland, gesetel.[3] Die amptelike tale is Engels, Frans, Italiaans en Spaans. Wêreldrugby se huidige voorsitter is die Franse rugbyadministrateur Bernard Lapasset.
Wêreldrugby | |
---|---|
Kenteken van Wêreldrugby | |
Engelse naam | World Rugby |
Land | wêreldwyd |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1886 |
Gestig in | Dublin, Ierland |
Gestig deur | IRFU, SRU en WRU |
Voorsitter | Brett Robinson |
Adjunkvoorsitter | Jonathan Webb |
Hoof- uitvoerende beampte | Alan Gilpin |
Setel | Dublin, Ierland |
Lede | 118 lidunies 15 geassosieerde unies |
Affiliasie | Internasionale Olimpiese Komitee |
Amptelike tale | Engels, Frans, Italiaans en Spaans |
Amptelike webwerf | world.rugby |
Wêreldrugby het 133 lede, waarvan 118 unies as volle lede en 15 geassosieerde lede.[4] Die vollede-unies vergader twee keer per jaar en die plaaslike verenigings hou gereelde vergaderings.[3] Die Raad reël van die sport se internasionale kompetisies, met die Rugbywêreldbeker (wat elke vier jaar plaasvind) as die gewildste en winsgewendste toernooi soos blyk uit die £81,8 miljoen bruto inkomste wat tydens die 2003-toernooi geïn is.[5] Hulle organiseer ook die Wêreldrugby o/20-kampioenskap en die Wêreldrugby o/20-trofee. Wêreldrugby hou ook toesig oor Sewesrugby wêreldwyd en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) saam.
Die Raad verskaf ook geld aan die rugbyspanne van kleiner lande, soos die Suidsee-Eilandspanne, wat nie genoegsame eie inkomste kan genereer nie.
Konfederasies
Wêreldrugby het ses konfederasies as lid, naamlik:
Deelnamesyfers
Wêreldrugby se grootste lede volgens aantal deelnemers in 2019:[6]
- Engeland (2,11 miljoen)
- Verenigde State (1,48 miljoen)
- Suid-Afrika (692 000)
- Frankryk (533 000)
- Australië (477 000)
- Japan (296 000)
- Colombia (266 000)
- Fidji (225 000)
- Kanada (217 000)
- Volksrepubliek China (215 000)
- Ierland (210 000)
- Skotland (182 000)
- Brasilië (174 000)
- Argentinië (161 000)
- Nieu-Seeland (156 000)
- Kenia (123 000)
- Spanje (114 000)
- Rusland (109 000)
- Wallis (108 000)
- Sri Lanka (96 000)
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.