From Wikipedia, the free encyclopedia
Asië Rugby (Engels: Asia Rugby, afgekort “AR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Asië. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1968 gestig en hulle hoofkantoor is in Hongkong, Volksrepubliek China, geleë. Die amptelike taal is Engels en Qais Al-Dhalai dien as president van Asië Rugby.
Asië Rugby | |
---|---|
Kenteken van Asië Rugby | |
Engelse naam | Asia Rugby |
Afkorting | AR |
Vasteland | Asië |
Lede | 36 |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1968 |
Gestig in | Bangkok, Thailand |
Sambreelorganisasie | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1988 |
President | Qais Al-Dhalai ( Verenigde Arabiese Emirate) |
Setel | Hongkong, Volksrepubliek China |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | asiarugby.com |
Asië Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Asiatiese Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Asië Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Asië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Olimpiese Raad van Asië (OCA) saam.
In 1968 is Asië Rugby onder die naam Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Asian Rugby Football Union) in Bangkok gestig deur Hongkong, Japan, Thailand, Suid-Korea, Sri Lanka, Maleisië, Singapoer en Taiwan.[2] In Junie 2015 is die Asiatiese Rugbyvoetbalunie hernoem in Asië Rugby.
Asië Rugby het tans 36 lede:[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.