Land in die Midde-Ooste From Wikipedia, the free encyclopedia
Irak (Arabies: العراق, al-‘Irāq; Koerdies: عێراق, Eraq), amptelik die Republiek Irak (Arabies: جُمُهورية العِراق;, Jumhūrīyyat al-‘Irāq, ; Koerdies: کۆماری عێراق, Komari Eraq), is 'n land in die Midde-Ooste en Suidwes-Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suidooste, Saoedi-Arabië in die suidweste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn aan die Persiese Golf wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide.
| |||||
Volkslied: موطني Mawtini (Arabies vir: "My vaderland") | |||||
Hoofstad | Bagdad | ||||
Grootste stad | Bagdad | ||||
Amptelike tale | Arabies en Koerdies[1] | ||||
Regering | Federale parlementêre grondwetlike republiek Latif Rashid Mohammed Shia' Al Sudani | ||||
Onafhanklikheid • Koninkryk • Republiek • Huidige grondwet |
van die Verenigde Koninkryk 3 Oktober 1932 14 Julie 1958 15 Oktober 2005 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
438 317 km2 (58ste) 169 235 myl2 4,62 (2015)[2] | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
40 462 701[3] (36ste) 82,7 / km2 (125ste) 214,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,686[5] (121ste) – medium | ||||
Gini (2012) | 29,5[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Dinar (IQD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .iq | ||||
Skakelkode | +964 |
Irak, vroeër bekend as Mesopotamië, het 'n bloeddorstige geskiedenis met gewelddadige oorloë teen Persië (nou Iran) en die Ottomaanse Ryk (nou Turkye). Irak, onder die bewind van die voormalige president Saddam Hoesein, was ook betrokke in drie van die grootste oorloë in die laaste helfte van die 20ste eeu, die Iran-Irakse Oorlog (1980–1988), die Golfoorlog (1991) en die Irakse Oorlog (2003), onderskeidelik ook as die Eerste, die Tweede en die Derde Golfoorlog bekend.
Irak lê in die gebied wat voorheen deel was van Mesopotamië ("Land van Twee Riviere", uit Grieks, weens sy ligging tussen die Eufraat- en Tigrisriviere), ook bekend as die wieg van die beskawing. Omstreeks 4 000 v.C. het die Sumeriese kultuur hier ontstaan en is die eerste skrif, die spykerskrif, ontwerp.
In 2340 v.C. het die Akkadiese militêre leier Sargon die gebied verower.
Irak het Koeweit op 2 Augustus 1990 eensydig ingeval en dit het gelei tot Operasie "Desert Storm" op 17 Januarie 1991 toe die Verenigde State en 28 ander lande Irak aangeval het met die seën van Verenigde Nasies-resolusie 678. Ongeveer 140 miljoen ton ammunisie is gebruik teen Irak, gelyk aan 7 Hirosjima-atoombomme. 'n Skietstaking is op 28 Februarie 1991 deur die Verenigde State aangekondig. Opstandigheid is deur die regering van Hoesein onderdruk.
Saddam Hoesein se Ba'ath-party het die land van 1968 tot 2003 met 'n ystervuis regeer. Hoesein het in 1979 as president van Irak aan bewind gekom toe generaal Ahmed Bakr deur middel van 'n staatsgreep afgesit is. Onder Hoesein se outokratiese bewind het Irak drie oorloë gevoer, die Iran-Irakse Oorlog, die Golfoorlog en die Irakse Oorlog.
Onder die bewind van die Ba'ath-party is die Soenni-gemeenskappe deur Hoesein se regering bevorder omdat hy deel van dié gemeenskap was. Die Sjiiete en Koerde het baie swaar gekry onder die regering, wat duisende van hulle uitgemoor het, veral omdat hulle 'n beweerde bedreiging vir die Ba'ath-regering was. Die regering se gewelddadige beleide het selfs veroorsaak dat die Sjiiete en Koerde die pro-Sjiïtiese Iran in die oorlog ondersteun het.
Irak bestaan uit 18 provinsies:
1. Bagdad |
10. Babil |
Die grootste dele van Irak is woestyn, alhoewel die gebied tussen die twee riviere uit uiters vrugbare grond bestaan. Die noord- en noordoostelike dele van die land bestaan hoofsaaklik uit bergreekse, terwyl die suidelike dele moerasagtige grond is. Die moerasse is egter deur Hoesein se regering gedreineer uit weerwraak teen die gebied se inwoners vir hul ondersteuning aan die Amerikaners na die Eerste Golfoorlog.
Irak het die vyfde grootste bekende ruoliereserwes ter wêreld.[7][8]
Ongeveer 4 miljoen Irakiërs woon in die buiteland. Hulle bestaan hoofsaaklik uit Koerde en Sjiiete wat weens politieke onderdrukking uit Irak gevlug het. Binne Irak bestaan ongeveer 90% van die bevolking uit Arabiere. Die res bestaan hoofsaaklik uit Koerde (10%), Asiate (Assiriërs) en Turke.
Ongeveer 97% van die bevolking is Moslems (Sjiiete 64% en Soenniete 31%), 3% Gnostisisme/Jesiede en sowat 1% is Christene.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.