From Wikipedia, the free encyclopedia
The Guardian, vroeër (tussen 1821 en 1959) bekend as The Manchester Guardian, is 'n invloedryke Britse dagblad wat in Londen uitgegee word en onder die Verenigde Koninkryk se voorste koerante gereken word.[1]
Die koerant is oorspronklik in 1821 in Manchester as 'n weekblad gestig, maar verskyn daagliks met die uitsondering van Sondae nadat die Britse regering in 1855 die belasting op dagblaaie (die sogenaamde stamp tax) opgehef het. Die verwysing na Manchester in die koerant se naam is in 1959 geskrap om die Guardian se status as nasionale dagblad van gehalte te weerspieël. Die redaksiekantore is in 1964 na Londen verskuif.
Die dagblad word deur die Guardian Media Group gepubliseer wat aan die Scott Trust behoort.
Die koerant is in 1821 deur tekstiel-verkopers en handelaars in Manchester gestig as The Manchester Guardian. Die koerant is as 'n orgaan van die middelklas beskou,[2] of soos deur C.P. Scott se seun Ted gestel: "'n koerant wat tot die einde bourgeois sal bly".[3] "Ek skryf vir die Guardian," sê Sir Max Hastings in 2005,[4] "omdat dit deur die nuwe establishment gelees word", 'n aanduiding van die koerant se groeiende invloed.
Die Sondagkoerant The Observer behoort sedert 1993 aan die Guardian Media Group. Ongeag die naam, is die koerant soortgelyk aan The Guardian, maar word slegs op Sondae gepubliseer.
Mense wat die dagblad lees het gewoonlik 'n links-liberale politiese oriëntasie. Volgens 'n stemming in 2004 stem 44% van die lesers vir die Arbeidersparty en 37% vir die Liberaal-Demokrate.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.