Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Las Vegas (dikwels afgekort tot "Vegas") is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Nevada en ook een van die volkrykste metropole in die weste van die VSA. Die stad staan vandag veral bekend as 'n internasionale toeristesentrum en eersterangse bestemming vir handelskoue en konferensies soos die jaarlikse Consumer Electronics Show (CES), die belangrikste internasionale handelskou vir elektroniese verbruikersware. Die plaaslike toerismebedryf steun veral op dobbelary, groot winkelsentrums en Las Vegas se vermaaklikheidsbedryf.
Kaart | Seël |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Nevada |
Koördinate | 36°11′N 115°13′W |
Gestig op | 15 Mei 1905 |
Geïnkorporeer op | 16 Maart 1911 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 340 vk km |
Hoogte bo seevlak | 610 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 641 903 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 527,46/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 2 265 461 |
Tydsone | UTC -8 (PST) |
- Somertyd | UTC -7 (PDT |
Klimaat | |
- Tipe | Woestynklimaat[1] |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 19,3 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 7,3 / 32,4 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 109 mm |
Burgemeester | Carolyn Goodman (O) |
Amptelike Webwerf | lasvegasnevada.gov |
Las Vegas word dikwels as die "Wêreld se Vermaaklikheidshoofstad" ("The Entertainment Capital of the World") beskryf – onder meer danksy die reusagtige luukse kasino's, die onbeperkte beskikbaarheid van alkoholiese dranke (net soos in die res van die deelstaat Nevada) en sy vermaak-industrie wat op volwassenes gemik is. Las Vegas, wat vroeër ook as Sin City bekend gestaan het, het daarnaas 'n gewilde toneel vir rolprente en televisieprogramme geword.
Las Vegas is in 1905 gestig en ses jaar later amptelik as 'n stad geïnkorporeer. Danksy die vinnige ekonomiese groei het Las Vegas tot die grootste Amerikaanse stad ontwikkel wat in die 20ste eeu gestig is. Die stad is op 29 ná die volkrykste metropool in die VSA, en sy metropolitaanse gebied vorm met sowat twee miljoen inwoners een van die belangrikste demografiese sentrums in die Amerikaanse weste.
Die naam Las Vegas word in die VSA ook dikwels gebruik om na die nie-geïnkorporeerde gebiede van Clark County te verwys, 'n gebied wat die stad omsluit en baie van die ontspanningsgebiede langs en naby Las Vegas Strip behels. Die bekende Las Vegas Boulevard met 'n totale lengte van 4,5 myl (7,2 kilometer) loop grotendeels buite die stadsgebied deur die nie-geïnkorporeerde nedersettings Paradise, Winchester en Enterprise.
Weergegewens vir Las Vegas (McCarran Internasionale Lughawe) | |||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | |
Hoogste maksimum (°C) | 25 | 31 | 33 | 37 | 43 | 47 | 47 | 47 | 45 | 39 | 31 | 26 | |
Gemiddelde maksimum (°C) | 13,9 | 17,2 | 20,8 | 25,6 | 31 | 37,2 | 40,1 | 38,8 | 34,3 | 27,1 | 18,9 | 14,1 | |
Gemiddelde minimum (°C) | 2,7 | 5,2 | 8,3 | 12,2 | 17,2 | 22,4 | 25,7 | 24,8 | 20,4 | 13,6 | 6,7 | 2,6 | |
Laagste minimum (°C) | −13 | −8,9 | −7,2 | −0,6 | 3 | 9 | 13 | 12 | 6 | −3,3 | −9,4 | −12 | |
Neerslag (mm) | 15 | 17,5 | 15 | 3,8 | 6,1 | 2 | 11,2 | 11,4 | 7,9 | 6,7 | 7,9 | 10,2 | |
Bron: NOAA/National Weather Service[2] |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.