From Wikipedia, the free encyclopedia
São Tomé en Príncipe (Portugees: São Tomé e Príncipe, [sɐ̃w tuˈmɛ i ˈpɾĩsɨpɨ]; letterlik: "Sint Tomas en Prins"), amptelik die Demokratiese Republiek São Tomé en Príncipe (República Democrática de São Tomé e Príncipe), is 'n klein eilandstaat in die Golf van Guinee. Dit bestaan uit twee eilande: São Tomé en Príncipe, omtrent 140 km van mekaar geleë en onderskeidelik omtrent 250 en 225 km van die noordwestelike kus van Gaboen. São Tomé en Príncipe is tussen die twee eilande Bioko en Annobón geleë, wat deel uitmaak van Ekwatoriaal-Guinee. Die hoofstad en grootste stad is São Tomé op die gelyknamige hoofeiland. São Tomé en Príncipe beslaan 'n oppervlakte van 964 km² en het 'n bevolking van 223 561 in 2024 gehad.[2] São Tomé en Príncipe is na die heilige apostel Tomas en die prins van Portugal genoem.
| |||||
Nasionale leuse: Unidade, Disciplina, Trabalho (Portugees vir: "Eenheid, Dissipline, Arbeid") | |||||
Volkslied: Independência total (Portugees vir: "Totale onafhanklikheid") | |||||
Hoofstad | São Tomé | ||||
Grootste stad | São Tomé | ||||
Amptelike tale | Portugees | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek[1] Carlos Vila Nova Américo Ramos | ||||
Onafhanklikheid | 12 Julie 1975 5 November 1975 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
964[2] km2 (184ste) 372 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2013-sensus - Digtheid |
223 561[2] (183ste) 178 739 232 / km2 (69ste) 600,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2025-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2025-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,613[4] (141ste) – medium | ||||
Gini (2017) | 40,7[5] – hoog | ||||
Geldeenheid | Dobra (STD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .st | ||||
Skakelkode | +239 |
Beide eilande is deel van 'n aktiewe vulkaniese bergreeks wat van Kameroenberg in die noordooste oor die vier eilande São Tomé, Príncipe, Bioko en Annobón tot in die suidweste in die Golf van Guinee strek. Die Ilha de São Tomé, die groter en suidelike eiland, is byna reg op die ewenaar geleë. Dit is genoem na Sint Thomas omdat Portugese ontdekkers die eiland op Sint Thomasdag (21 Desember 1471) ontdek het, terwyl Ilha do Príncipe die "prins se eiland" beteken. In die noordooste sluit die Golf van Bonny aan.
Van die bevolking van amper 223 000 in 2016 woon ongeveer 172 000 op São Tomé, 7 000 op Príncipe en nog ander op ander eilande. Die verskillende etniese groepe behels:
Portugees is die amptelike taal van São Tomé en Príncipe, terwyl Fang 'n erkende minderheidstaal is. Meer as 80% van die bevolking is Christene, waarvan die meeste Rooms-Katolieke.
Landbou (kakaoverbouing) is baie belangrik en maak die grootse gedeelte van die ekonomie uit, maar dié land is ook op soek na ruolie in die Golf van Guinee.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.