Gerry Brand
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gerhard Hamilton Brand (8 Oktober 1906 – 4 Februarie 1996) was 'n Springbok rugbyspeler wat Suid-Afrika 16 keer tussen 1928 en 1938 in toetse verteenwoordig het. Brand is beskryf as 'n "manjifieke verdedigende speler" met 'n "wonderlike duikslag" en die beste skopper van sy generasie,[2][3] en word vandag onthou vir die langste skepskop ooit.[4] Hy was een van die roemrykste Springbokke in die era voor die Tweede Wêreldoorlog.[5]
| |||||
Volle naam | Gerhard Hamilton Brand | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 8 Oktober 1906 | ||||
Geboorteplek | Kaapstad, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 4 Februarie 1996 (op 89) | ||||
Sterfteplek | Kaapstad, Suid-Afrika | ||||
Skool | Sea Point Boy's High School[1] | ||||
Beroep | Shell, Eiendoms agent, Sakeman | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Heelagter & Vleuel | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Hamiltons | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Westelike Provinsie | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1928–1938 | Suid-Afrika | 16 | 55 |
Hy is gebore in Seepunt, Kaapstad waar hy ook groot geword en skool gegaan het te Sea Point Boy's High School. Hy het vir Hamiltons rugbyklub in Seepunt op skrumskakel gespeel.[3] Brand is as 'n introvert deur sy vriend Danie Craven beskryf.[1]
Hy het die eerste keer vir Westelike Provinsie uitgedraf in 1927, die span wat daardie jaar die Curriebeker gewen het.[3]
In 1928 maak Brand sy debuut vir die Springbokspan as vleuel teen Nieu-Seeland, en speel in twee toetse daardie jaar.[2]
Brand is ook gekies vir Bennie Osler se Springbok toerspan na die Verenigde Koninkryke en Ierland in 1931-32.[2] Hy speel in 18 van die 26 toerwedstryde en teken 72 punte op die toer aan. In die toets teen Engeland in Januarie 1932 vang Brand die bal na-aan die halflyn en teen die kantlyn. Kalm neem hy 'n skepskop waar wat 77.7m vêrder oor die dwarslat trek en sy span help om 'n 7-0 oorwinning te behaal in 'n andersyds onmerkwaardige wedstryd.[4] Díe skop is later beskryf as die langste skepskop ooit in 'n rugby wedstryd, en "waarskynlik die beste skepskop wat ooit op Twickenham gesien is".
Brand word kaptein van die Westelike Provinsie span in 1932. Hy speel in al die vyf toetse teen die besoekende Wallabies van 1933.
Hy was deel van die 1937 toer na Australasië waar hy 'n rekord van 209 punte op toer aanteken. Die span het net twee van al hulle wedstryde verloor, en is as die onoffisiële wêreldkampioene bestempel.[6]
In 1938 besoek die Britse Leeus Suid-Afrika, en ervaar Brand in drie nederlae. Hy was kaptein van die Westelike Provinsie Stad en Plattelandse XV wat die Leeus hul eerste toer-nederlaag toedien. Sy wye-hoek strafskop in die doodsnikke van daardie wedstryd laat die tuisspan met 11-8 wen. Op Nuweland lei Brand die Westelike Provinsie tot 'n 21-11 oorwinning waarin hy self nege punte aanteken. Sy naam was onder die eerstes op die lys vir die Springbokspan vir die eerste toets op Ellis Park. 'n Rekord-skare van 36,000 toeskouers sien hoe Brand 14 punte aanteken (4 doelskoppe en 2 strafskoppe) in die Springbokke se 26-12 oorwinning oor die Leeus. Ongelukkig was dit sy enigste toets teen die Leeus, aangesien hy beseer is gedurende voorbereidings vir die tweede toets.[6]
Dit sou ook die laaste keer blyk te wees wat hy vir Suid-Afrika in 'n toets sou uitdraf.[6]
In 1946 speel hy weereens vir die Westelike Provinsie maar tree daarna uit.
Hy speel in 16 toetse vir die Springbokke en teken altesaam 55 toetspunte aan. Hy was bekend as die skopper wat nooit 'n belangrike skop misgeskop het nie.
Opponente | Resultate (RSA 1ste) | Posisie | Punte | Datum | Plek |
---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 7 – 6 | Vleuel | - | 21 Jul 1928 | Ellis Park, Johannesburg |
Nieu-Seeland | 11 – 6 | Vleuel | - | 18 Aug 1928 | Crusader Gronde, Port Elizabeth |
Wallis | 8-3 | Heelagter | - | 5 Des 1931 | St Helen's, Swansea |
Ierland | 8-3 | Heelagter | - | 19 Des 1931 | Lansdowne Road, Dublin |
Engeland | 7-0 | Heelagter | 4 (skepskop) | 2 Jan 1932 | Twickenham |
Skotland | 6 – 3 | Heelagter | - | 19 Jan 1932 | Murrayfield, Edinburgh |
Australië | 17 – 3 | Heelagter | 5 (straf- & doelskop) | 8 Jul 1933 | Nuweland Stadion |
Australië | 6 – 21 | Heelagter | 3 (strafskop) | 22 Jul 1933 | Kingsmead, Durban |
Australië | 12 – 3 | Heelagter | 2 (doelskop) | 12 Aug 1933 | Ellis Park, Johannesburg |
Australië | 11 – 0 | Vleuel | 3 (strafskop) | 26 Aug 1933 | Crusader Gronde, Port Elizabeth |
Australië | 4 – 15 | Vleuel | 4 (skepskop) | 2 Sep 1933 | Springbok Park, Bloemfontein |
Australië | 9 – 3 | Heelagter | 3 (strafskop) | 26 Jun 1937 | Sydney Cricket Ground |
Australië | 26 – 17 | Heelagter | 8 (doelskoppe) | 17 Jul 1937 | Sydney Cricket Ground |
Nieu-Seeland | 13 – 6 | Heelagter | 7 (straf- & doelskoppe) | 4 Sep 1937 | Lancaster Park, Christchurch |
Nieu-Seeland | 17 – 6 | Heelagter | 2 (doelskop) | 25 Sep 1937 | Eden Park, Auckland |
Groot Brittanje | 26 – 12 | Heelagter | 14 (straf- & doelskoppe) | 6 Aug 1938 | Ellis Park, Johannesburg |
Danie Craven het van Gerrie gesê: Ek beskou hom, tesame met Bennie Osler, as 'n legende onder legendes – 'n onvergeetbare Springbok.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.