4 Junie is die 155ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (156ste in ’n skrikkeljaar). Daar is nog 210 dae in hierdie jaar.
- 1489 – Anton van Lotharinge, Duitse hertog van Opper-Lotharinge († 1544).
- 1738 – George III van die Verenigde Koninkryk († 1820).
- 1833 – Lord Garnet Wolseley, Britse veldmaarskalk († 1913).
- 1871 – Charles Stallard, Suid-Afrikaanse prokureur, soldaat en politikus († 1971).
- 1903 – Jevgeni Mrawinski, Russiese dirigent († 1988).
- 1904 – Thomas P Stratten, Suid-Afrikaanse ingenieur († onbekend).
- 1914 – Jannie Loots, Suid-Afrikaanse politikus († 1998).
- 1939 – Barry Trengove, Suid-Afrikaanse akteur († 2004).
- 1939 – Dr. Pieter Willem Bingle, predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 2020).
- 1959 – Jannie Breedt, Suid-Afrika se een-en-veertigste Springbokkaptein.
- 1968 – Yoo Nam-kyu, Suid-Koreaanse tafeltennisspeler.
- 1971 – Joseph Kabila, Kongolese politikus en president van 2001 tot 2019.
- 1975 – Angelina Jolie, Amerikaanse aktrise.
- 1978 – Robin Lord Taylor, Amerikaanse akteur.
- 1976 – Aleksei Nawalni, Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis († 2024).
- 1979 – Naohiro Takahara, Japannese sokkerspeler.
- 1991 – Ben Stokes, Engelse krieketspeler.
- 2004 – Mackenzie Ziegler, Amerikaanse aktrise en danseres.
- 2021 – Lilibet Mountbatten-Windsor, Brits-Amerikaanse koninklike, dogter van Prins Harry en Meghan Markle.
- 1134 – Magnus, Koning van Swede (* 1107).
- 1472 – Nezahualcoyotl, koning van Acolhuacan, 'n deelstaat van die Asteekse Ryk (* 1402).
- 1684 – Sybrandis Abbema, kommissaris van die VOC (* 1637).
- 1752 – Daniel Marot, Franse Protestant, argitek, meubelier en graveur (* 1661).
- 1798 – Giacomo Casanova, Venetiaanse avonturier en skrywer (* 1725).
- 1872 – Stanisław Moniuszko, Poolse komponis (* 1819).
- 1941 – Wilhelm II van Duitsland, laaste koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1859).
- 1942 – Reinhard Heydrich, Duitse NSDAP-leier (* 1904):
- 1951 – Serge Koussevitsky, Russiesgebore dirigent, komponis en dubbelbasspeler. (* 1874).
- 1966 – Chang Myon, Suid-Koreaanse politikus, eerste minister van die Tweede Republiek (* 1899).
- 2015 – Ena Murray, Afrikaanse skryfster (* 1936).
- 2015 – Ernst Waldemar Bauer, Duitse televisie- en radiojoernalis, bioloog, skrywer, politikus (* 1926).
- 2017 – Esmé Berman, Suid-Afrikaanse outeur, lektor, historikus en kunskonsultant (* 1929).
- 2022 – John Berks, Suid-Afrikaanse omroeper en radiopersoonlikheid (* 1941).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 June. |