Remove ads
Suid-Afrikaanse ingenieur From Wikipedia, the free encyclopedia
Thomas Price Stratten (4 Junie 1904 - ) was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur. Hy het aan die Universiteit van Oxford studeer op 'n Rhodes-beurs, gevolg deur twee jaar met die General Electric-maatskapy. Hy het in 1929 na Suid-Afrika teruggekeer en die posisie van assistent-elektriese ingenieur van De Beers oorgeneem. Hy het senior posisies by Yskor, die Union Corporation en ESCOM beklee. Na 'n tyd wat hy in die Direktoraat van Oorlogsvoorade bestee het, het hy Sappi se bedrywighede suksesvol uitgebrei[1] en was president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs gedurende die 1940's.[2]
Thomas Price Stratten | |
Gebore | Kimberley, Suid-Afrika | 4 Junie 1904
---|---|
Vakgebied | Elektriese ingenieurswese |
Instelling(s) | General Electric Yskor Eskom SAPPI Union Corporation |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad Balliol College,Oxford Universiteit |
Stratten is in 1904 in Kimberley, Suid-Afrika gebore. Hy het 'n BS (Ingenieurswese) aan die Universiteit van Kaapstad in 1923 behaal.[3] Hy was toe na Oxford Universiteit op 'n Rhodes-beurs waar hy sy meetersgraad in ingenieurswese behaal het aan Balliol College.[1][3] Hy het twee jaar by General Electric in die VSA gewerk en dan in 1929 na Suid-Afrika teruggekeer na die posisie van assistent-elektriese ingenieur by De Beers.[3]
Van 1931 tot 1935 is hy aangestel as hoof-elektriese ingenieur by Yskor. In 1935 het hy na die Union Corporation (UC) geskuif.[4] Hy is tydens sy tyd by UC aangestel in verskeie senior posisies, insluitend voorsitter van Kinross goudmyn, Bracken, Oos Geduld, Grootvlei, Leslie en ander goudmyne. Hy was besturende direkteur vanaf 1954 [5] en voorsitter van die UC van 1962 tot 1972, waarna hy afgetree het.[3][4]
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Jan Smuts hom aangestel as Hoof van Tegniese Produksie aan die Direktoraat van Oorlogvoorrade.[6]
In 1962 is hy gesekondeer aan Sappi, waar hy instrumenteel was in die suksesvolle uitbreiding van hul bedrywighede.[3]
In 1963 is hy gesekondeer aan ESCOM (die voorganger van Eskom) waar hy tot 1969 gebly het.[7]
Vanaf 1 September 1964 het Stratten mynbedryf verteenwoordig by die Nasionale Finansieringskorporasie ('n voorganger van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, 1949 tot 1984).[8][9]
Stratten het in 1930 met Mary Adele Morris getrou en hulle het drie kinders gehad, Peter, Thomas en Mary. Hy was 'n lid van die Randklub van Johannesburg, die "Johannesburg Country Club" en die Koninklike Johannesburgse Gholfklub en het 'n huis in Westcliff, Johannesburg gehad.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.