10 Junie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
10 Junie is die 161ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (162ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 204 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
Gebeure
- 1051 – Frederik van Lotaringe (later Pous Stefanus IX (X)) word bibliotekaris van die Vatikaan.
- 1233 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Virgilius, biskop van Salzburg heilig.
- 1362 – Guillaume de Grimoard (later Pous Urbanus V) word pouslike legaat in Napels.
- 1423 – Gil Sanches Muñoz y Carbon word as teenpous in Avignon verkies met die naam Clemens VIII.
- 1569 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word ambassadeur aan die pouslike hof.
- 1630 – Pous Urbanus VIII ken die titel Eminensie toe aan kardinale.
- 1712 – Pous Clemens XI verklaar Andreo Avelino heilig.
- 1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Libentissime quidem oor die vas voor Paasfees.
- 1809 – Pous Pius VII ekskommunikeer die Franse wat Rome beset het en Napoleon neem die pous gevange.
- 1847 – Die Chicago Tribune begin publikasie.
- 1865 – Eerste opvoering van Richard Wagner se opera Tristan en Isolde.
- 1909 – 'n Referendum word in Natal gehou oor of dié Britse kolonie deel van die Unie van Suid-Afrika moet vorm. Daar is 11 121 stemme ten gunste en 3 701 daarteen.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen Frankryk en Engeland.
- 1966 – Die renperd Sea Cottage, gunsteling vir die July-wedren, word in 'n oefenloop geskiet en beseer en alle weddenskappe opgeskort.
- 1967 – Sesdaagse Oorlog: Israeliese magte beëindig hulle opmars in Sirië en hou hulle by 'n VN-skietstaking en bring daarmee 'n einde aan ses dae se gevegte op drie fronte.
- 2000 – Londen se nuutste brug, die Millenniumbrug, word gesluit vir veiligheidsondersoeke nadat groot skares veroorsaak dat die brug te woes swaai.
Geboortes
- 1819 – Gustave Coubet, Franse skilder († 1877)
- 1829 – Eduard Johan Pieter Jorissen, Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek, regter en staatsman in Suid-Afrika († 1912).
- 1863 – Louis Couperus, Nederlandse romansier en digter († 1923).
- 1895 – Hattie McDaniel, Amerikaanse aktrise en die eerste Swart Amerikaner om 'n Oscar te wen († 1952).
- 1898 – Sita, Afrikaanse skrywer van kinderverhale, jeugverhale, dramas en romans († 1987).
- 1911 – Ralph Kirkpatrick, Amerikaanse klavesimbelspeler en musikoloog († 1984).
- 1918 – Prof. A.P. Grové, Suid-Afrikaanse letterkundige († 2004).
- 1919 – Moultrie Patten, Amerikaanse akteur († 2009).
- 1921 – Prins Philip, Hertog van Edinburg, eggenoot van Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk († 2021).
- 1922 – Judy Garland, Amerikaanse sangeres en aktrise († 1969).
- 1932 – Hedley Bull, Brits-Australiese Internasionale verhoudinge akademikus en skrywer († 1985).
- 1947 – Randee Heller, Amerikaanse aktrise.
- 1963 – Jeanne Tripplehorn, Amerikaanse aktrise.
- 1965 – Elizabeth Hurley, Amerikaanse aktrise.
- 1979 – Svetlana Zakharova, Russiese prima ballerina.
- 1982 – Stuart Berry, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 1992 – Kate Upton, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1190 – Frederik I (Barbarossa) keiser van die Heilige Romeinse Ryk verdrink in die Saleph-rivier tydens die derde kruistog.
- 1836 – André-Marie Ampère, Franse fisikus (* 1775).
- 1858 – Robert Brown, Skotse plantkundige (* 1773).
- 1868 – Prins Michael III van Serwië sterf in 'n sluipmoordaanval.
- 1899 – Ernest Chausson, Franse Romantiese komponis (* 1855).
- 1919 – Peter Rosenberg, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1871).
- 1926 – Antoni Gaudí, Spaanse argitek (* 1852).
- 1929 – A.G. Visser, Suid-Afrikaanse digter (* 1878).
- 1967 – Spencer Tracy, Amerikaanse akteur (* 1900).
- 1988 – Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer (* 1908).
- 2002 – Dr. Attie van der Colf, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n digter verantwoordelik vir 126 berymings in die Liedboek van die Kerk (* 1933).
- 2019 – Christine Basson, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1941).
- 2021 – Alwyn du Plessis, Gereformeerde predikant (* 1932).
- 2023 - Ted Kaczynski, Amerikaanse terroriste (* 1942).
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 June. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.