1423
jaar From Wikipedia, the free encyclopedia
Die jaar 1423 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 23ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1423 |
◄ | 14de eeu | ◄15de eeu► | 16de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1418 | 1419 | 1420 | 1421 | 1422 | ◄ 1423 ► | 1424 | 1425 | 1426 | 1427 | 1428 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1423 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Benediktus XIII | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
Engeland
Nederlande
- Junie- Daar is 'n opstand in Doornik. Die gildes wil meer mag. Die oligarchie word verban en die stad verklaar hom trou aan die Dauphin pleks van Hendrik VI van Engeland en die Boergondiërs.[2]
Frankryk
- 10 Junie - Gil Sanches Muñoz y Carbon word as teenpous in Avignon verkies met die naam Clemens VIII.
- Slag van Cravant -- Die aanhangers van die Franse Dauphin en sy Skotse bondgenote word verslaan.[3]
- 26 Maart - Die Skotse edelman John Stewart of Darnley word deur die Dauphin beloon met die heerlikheid Aubigny.[4]
Italië
- 23 April -- Die Konsilie van Pavia word deur Pous Martinus V byeengeroep. Johan van Ragusa predik uit Johannes 10:16 oor die eenheid van die kerk. Daar is egter baie onenigheid.[5]
- Julie-- Die Konsilie van Pavia word na Siena verplaas omdat die pes uitgebreek het.[5]
- Koning Alfonso V van Aragon hou 'n vlotparade en 'n steekspel tussen Katalane en Napolitane in Napels. Die koning laat 'n baie groot olifant bou met 'n kasteel daarbo, waar engele op verskeie musiekinstrumente speel. [6]
- Die Republiek van Venesië probeer om voorkomende maatreëls in te stel teen die pes. Die Venesiese owerhede besluit om 'n lazaretto te bou vir pespasiënte en vir reisigers wat uit verdagte gebiede kom, gebaseer op die model van leprosariums en melaatsheidswyke wat buite stede geleë is.[7]
Oos-Europa
- 18 Mei -- Die verdrag van Melno-See tussen die koninkryk Pole, die grootvorstedom Litaue en die Duitse Orde in Pruise word eindelik geratifiseer.[8]
- Biskop Wojciech Jastrzębiec van Kraków, terwyl hy terselfdertyd in Jagiełło se kanselary dien, volg Trąba as aartsbiskop van Gniezno en primaat van Pole op. Hy is 'n groot mag wat die koninklike beleid ondersteun, veral teen die Teutoniese Ridders.[9]
Geboortes
Sterftes
- 23 Mei – Teenpous Benedictus XIII (*25 November 1328).
- 14 Oktober – Frederik van Blankenheim, biskop van Utrecht.
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.