Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bettie Cilliers-Barnard (distrik Rustenburg, 18 November 1914 – Pretoria, 15 September 2010) was 'n gevierde Suid-Afrikaanse skilder en grafiese kunstenaar. Sy is tot haar dood as die doyenne van plaaslike kunstenaars beskou. Buiten in haar geboorteland het sy ook in Parys, Switserland, die VSA en die Verenigde Koninkryk gestudeer. Sy het haar as 'n figuratiewe kunstenaar met die sirkelmotief en simboliek as kenmerke van haar werk onderskei.[1]
Bettie Cilliers-Barnard | |
---|---|
Gebore | 18 November 1914 Distrik Rustenburg, Suid-Afrika |
Sterf | 15 September 2010 (op 95) Pretoria, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skilder |
Eggenoot | Carel Hancke Cilliers |
Kinders | Jana Cilliers |
Ouer(s) | Johannes Christoffel Barnard Johanna Wilhelmina Barnard |
Sy het in 1937 'n BA aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in 1940 aan die Universiteit van Suid-Afrika. Later jare volg eredoktorsgrade van onder meer die Potchefstroomse Universiteit (1990), die Randse Afrikaanse Universiteit (1999) en die Universiteit van Pretoria (2002).
Cilliers-Barnard hou haar eerste solo-uitstalling in 1946 in Pretoria. Sy het aan verskeie biënnale wêreldwyd en meer as 70 solo-uitstallings deelgeneem, waarvan etlike ook in die buiteland vertoon is. Die groepuitstallings waarby haar werk binnelands sowel as buitelands ingesluit is, tel meer as 150. Sy het haar laaste solo-uitstalling op 90 gehou.
Haar opdragwerke sluit onder meer die Provinsiale geboue in Pretoria en Bloemfontein, die ou Jan Smuts-lughaweterminaal, die Departement van Gesondheid, Staatsteater en Pretoriase Ooginstituut in.
Cilliers-Barnard is met meer as 20 toekennings vereer, onder andere:
Sy was 'n lewenslange lid van die Grand Council of the ConFed of Chivalry, Australië en 'n vollid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Sy was die dogter van Johannes Christoffel en Johanna Wilhelmina Barnard, getroud met Carel Hancke Cilliers en die moeder van die aktrise Jana Cilliers.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.