From Wikipedia, the free encyclopedia
Carl Jakob Sundevall (22 Oktober 1801, Högestad – 2 Februarie 1875) was 'n Sweedse dierkundige. Hy studeer aan Universiteit van Lund waar hy sy Ph.D verwerf in 1823. Hy reis na die Verre Ooste, studeer dan in medisyne en gradueer as 'n Dokter in Medisyne in 1830.
Van 1833 werk by die Swedish Museum of Natural History, Stockholm en was professor van die vertebrate afdeling van 1839 tot 1871. Hy skryf Svenska Foglarna (1856–87) wat 238 voëlspesies van Swede beskryf. Hy klassifiseer 'n klompie voëls wat Johan August Wahlberg in Suidelike Afrika versamel het.
In 1835 ontwikkel hy 'n filogenie vir voëls gebaseer op die spiere van hul heupe en bene. Dit dien as basis vir die latere werk van Thomas Huxley. Hy het daarna 'n studie gedoen van die senings in voëls se pote. Dit word nog steeds gebruik deur voëltaksonome. Sundevall was ook 'n entemoloog en arachnoloog. In 1862 skryf hy 'n monograaf oor 'n universele fonetiese alfabet, Om phonetiska bokstäver.
Hy is vereer met vier reptiele wat na hom genoem is: Elapsoidea sundevalli, Leptotyphlops sundewalli, Mochlus sundevalli en Prosymna sundevallii.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.