1307 – Duisende lede van die Tempelridders word gelyktydig deur agente van Filips IV van Frankryk in hegtenis geneem en daarna gemartel om skuld aan kettery te beken. Daar word beweer dat dié gebeurtenis op Vrydag 13 Oktober 1307 die oorsprong is van die berugte 'Vrydag die 13de', 'n dag sinoniem met slegte geluk.
1383 – Karel III van Napels neem Pous Urbanus VI gevange en hou die pous aan in die burg Nocera.
1994 – Mosaic Netscape 0.9, kort daarna bekend as Netscape Navigator, word vrygestel. Dit word ’n prominente produk in die geskiedenis en ontwikkeling van webblaaiers.
2005 – Die Breezy Badger-uitgawe van Ubuntu Linux word vrygestel.