21 Oktober
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
21 Oktober is die 294ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (295ste in skrikkeljare). Daar volg nog 71 dae in die res van die jaar.
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
Gebeure
- 686 – Pous Konon volg Pous Johannes V op.
- 1032 – Pous Benedictus IX volg Pous Johannes XIX op.
- 1187 – Pous Gregorius VIII volg Pous Urbanus III op.
- 1666 – Pous Alexander VII verklaar Johannes van Matha en Felix van Valois heilig.
- 1805 – Napoleontiese Oorloë: Lord Nelson lei die Britse vloot tot ’n oorwinning in die Seeslag van Trafalgar en verslaan Pierre-Charles Villeneuve en sy gekombineerde Franse en Spaanse Vloot.
- 1854 – Florence Nightingale en 38 verpleegsters word na die Krimoorlog gestuur.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Paul Kruger vertrek met die oorlogskip Gelderland na Europa; die skip is oorspronklik deur Koningin Wilhelmina na Lourenco Marques gestuur.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: HMAS Australia word getref in die eerste kamikaze-aanval deur Japan.
- 1945 – Die Argentynse militêre offisier en politikus Juan Domingo Perón trou met die aktrise Evita.
- 1952 – Jomo Kenyatta word in hegtenis geneem ná die verklaring van ’n noodtoestand in Kenia (toe nog 'n Britse kolonie), as deel van die toeslaan op die Mau Mau-rebellebeweging.
- 1986 – Die Marshalleilande word van die Verenigde State onafhanklik.
- 1996 – Die VN berig dat meer as 200 000 Hutu-vlugtelinge na die heuwels gevlug het, om die konflik tussen die weermag van Zaïre en Tutsi-guerillas te ontsnap.
Geboortes
- 1833 – Alfred Nobel, Sweedse uitvinder (van o.m. dinamiet) en die skepper van die Nobelprys († 1896).
- 1894 – Irma Stern, Suid-Afrikaanse skilder († 1966).
- 1917 – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek († 1993).
- 1924 – Joyce Randolph, Amerikaanse aktrise († 2024).
- 1929 – Jan Barnard, Springbok-maratonatleet († 2012).
- 1929 – Ursula K. Le Guin, Amerikaanse skrywer († 2018).
- 1938 – Gertjie Brynard, 'n Springbokrugbyspeler († 2018).
- 1949 – Morné du Plessis, Suid-Afrika se 36ste Springbokkaptein.
- 1949 – Benjamin Netanyahu, Israelse politikus (eerste minister 2009-2021).
- 1950 – Ronald McNair, Amerikaanse wetenskaplike en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1956 – C. Johan Bakkes, Suid-Afrikaanse skrywer, rekenmeester en toergids.
- 1961 – Paul Mashatile, Suid-Afrikaanse ANC-politikus.
- 1987 – Sophie Willan, Britse aktrise, verteller, skrywer en komediant.
- 1995 – Jasper Wiese, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
- 1422 – Karel VI van Frankryk, koning van Frankryk (* 1368).
- 1587 – Johann Wigand, Protestantse teoloog en hervormer (* 1523).
- 1924 – Elsie Eloff-Kruger, dogter van pres. Paul en mev. Gezina Kruger (* 1853).
- 1952 – Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, prospekteerder, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener (* 1871).
- 1969 – Jack Kerouac, Amerikaanse skrywer (* 1922).
- 2004 – Magdalena K. P. Smith Meyer, 'n wêreldbekende Suid-Afrikaanse akaroloog (* 1931).
- 2006 – Ronnie Belcher, Afrikaanse digter en lektor (* 1932).
- 2012 – Jan Barnard, Springbok-marathonatleet (* 1929).
- 2019 – Anthony Bishop, Suid-Afrikaanse akteur (* 1971).
- 2021 – Bernard Haitink, Nederlandse dirigent (* 1929).
- 2024 – Christine Boisson, Franse aktrise (* 1956).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Oorsese Chineesdag in die Republiek China (Taiwan).
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 Oktober. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.