31 Oktober is die 304de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (305de in ’n skrikkeljaar ). Daar volg nog 61 dae in die res van die jaar.
Martin Luther
649 – Die eerste Lateraanse sinode eindig; dit het op 5 Oktober begin.
1517 – Protestantse kerkhervorming: Martin Luther maak sy 95 stellings bekend.
1749 – Pous Benedictus XIV publiseer Gravissimo animi , waarin hy prelate se besoek aan nonnekloosters verbied.
1864 – Nevada word toegelaat as die 36ste staat van die Verenigde State .
1892 – Arthur Conan Doyle publiseer The Adventures of Sherlock Holmes .
1917 – Eerste Wêreldoorlog : Slag by Berseba .
1918 – Hongarye verlaat die statebond met Oostenryk .
1922 – Benito Mussolini word die jongste premier in die geskiedenis van Italië .
1924 – Wêreldspaardag word op die Wêreldvereniging van Spaarbanke se Eerste Internasionale Spaarbankkongres in Milaan , Italië , afgekondig. Afgevaardigdes uit 29 lande hoop dié dag maak mense meer spaarbewus.
1938 – Groot Depressie : In ’n poging om beleggervertroue te herstel, stel die New Yorkse Effektebeurs 'n vyftienpuntplan bekend wat daarop gemik is om die beleggingspubliek te beskerm.
1940 – Tweede Wêreldoorlog : Die Slag om Brittanje eindig. Die Verenigde Koninkryk keer hiermee dat Duitsland Groot-Brittanje oorneem.Mount Rushmore.
1941 – Ná 14 jaar is die rotsbeeldhouwerk van 4 Amerikaanse presidente by Mount Rushmore afgehandel.
1954 – Algeriese Onafhanklikheidsoorlog: Die Algeriese nasionale bevrydingsfront begin met ’n opstand teen Franse bewind.
1956 – Suezkanaal-krisis: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk begin om Egipte te bombardeer om die heropening van die Suezkanaal te forseer.
1961 – In die Sowjetunie word Joseph Stalin se liggaam verwyder van Lenin se graf.
1965 – Die eerste uitgawe van die Nasionale Pers se Sondagkoerant Die Beeld verskyn. Dit het in 1970 met Dagbreek saamgesmelt as Rapport .
1968 – Viëtnamoorlog : Die VSA -president Lyndon B. Johnson kondig die staking van alle lug-, see- en artillerie -aanvalle aan vanaf 1 November , danksy vordering by die Parys -vredesamesprekings.
1984 – Ná die sluipmoord op die Indiese eerste minister , Indira Gandhi , deur twee Sikh -sekuriteitswagte, breek protes uit in New Delhi . Duisende onskuldige Sikhs word vermoor.
1992 – Pous Johannes Paulus II herroep die veroordeling van Galileo .
1998 – Die Irakese ontwapeningkrisis begin: Irak kondig aan dat hulle nie meer gaan saamwerk met die Verenigde Nasies se wapeninspekteurs nie.
1999 – EgyptAir -vlug 990 van New York -stad na Kaïro stort neer langs die kus van Nantucket, Massachusetts . Al 217 mense aan boord sterf.
1999 – Leiers van die Rooms-Katolieke Kerk en die Lutherse Kerk teken die gesamentlike verklaring oor die leer oor die regverdiging. Hiermee word ’n eeue-oue geskil oor die aard van geloof en verlossing beëindig.
2008 – Bitcoin word bedink deur Satoshi Nakamoto , wat ’n navorsingsartikel (Bitcoin: A Peer-to-Peer Electronic Cash System ) na ’n kriptografie-posgroep stuur. Bitcoin is die eerste aanwending van ’n blokketting .
2011 – Palestina word lid van UNESCO .
2015 – Nieu-Seeland klop Australië in die eindstryd met 34–17 en wen sodoende die agtste Rugbywêreldbeker .
1705 – Lorenzo Ganganelli (later Pous Clemens XIV ), 249ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1774 ).
1760 – Katsushika Hokusai , Japannese houtsneekunstenaar († 1849 ).
1795 – John Keats , Engelse digter († 1821 ).
1815 – Andrew Jackson Downing , Amerikaanse landskapsontwerper, tuinboukundige en skrywer († 1852 ).
1835 – Adolf von Baeyer , Duitse chemikus en Nobelprys vir Chemie († 1917 ).
1838 – Sir William Francis Butler , Britse generaal en waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie († 1910 ).
1872 – Pieter Kuypers Albertyn , NG predikant, joernalis en skrywer († 1946 ).
1876 – Antanas Žmuidzinavičius , Litause landskapskilder († 1966 ).
1887 – Chiang Kai-shek , opperbevelhebber van die nasionalistiese regering van die Republiek China († 1975 ).
1903 – Bertrand de Jouvenel , Franse filosoof , politieke ekonoom en futuris († 1987 ).
1922 – Barbara Bel Geddes , Amerikaanse aktrise († 2005 ).
1927 – Roger Kahn , Amerikaanse skrywer van veral boeke wat handel oor bofbal († 2020 ).
1929 – Bud Spencer , Italiaanse akteur († 2016 ).
1930 – Michael Collins , Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier († 2021 ).
1942 – David Ogden Stiers , Amerikaanse komediant en akteur († 2018 ).
1950 – Zaha Hadid , Brits -Irakese argitek († 2016 ).
1953 – Danie Niehaus , Suid-Afrikaanse sanger.
1957 – Neal Stephenson , Amerikaanse skrywer.
1965 – Paul du Toit , Suid-Afrikaanse skilderkunstenaar in papier, gemengde media en beeldhouwerk († 2014 ).
1970 – Otilia Bădescu , Roemeense vrouetafeltennisspeler wat verskeie medaljes by die Wêreld Tafeltenniskampioenskap gewen het.
1972 – Shaun Bartlett , Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
1988 – Sébastien Buemi , Switserse professionele renjaer.
2000 – Willow Smith , Amerikaanse aktrise.
1448 – Johannes VIII Palaiologos , tweedelaaste keiser van die Bisantynse Ryk (* 1392 ).
1904 – Charles Murray , NG Kerk -predikant (* 1833 ).
1926 – Erik Weisz (beter bekend as Harry Houdini ), Hongaars gebore Amerikaanse kulkunstenaar (* 1874 ).
1970 – P.C. Schoonees , Afrikaanse leksikograaf (* 1891 ).
1984 – Indira Gandhi , voormalige eerste minister van Indië (* 1917 ).
2006 – P.W. Botha , Suid-Afrikaanse politikus; agtste eerste minister van Suid-Afrika (van 1978 tot 1984 ), en sesde staatspresident van Suid-Afrika (van 1984 tot 1989 ) (* 1916 ).
2020 – Sean Connery , Skotse akteur en rolprentvervaardiger (* 1930 ).
2022 – Jeremy Mansfield , Suid-Afrikaanse radio-omroeper en mediapersoonlikheid. (* 1963 ).
2023 – Ken Mattingly , Amerikaanse ruimtevaarder en bevelvoerder van Apollo 16 se beheermodule (* 1936 ).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 31 Oktober .