Staatspresident van Suid-Afrika

titel van die staatshoof van Suid-Afrika van Mei 1961 tot Mei 1994 From Wikipedia, the free encyclopedia

Vanaf 1961 tot 1994 was Suid-Afrika se staatshoof bekend as die Staatspresident. Dié amp is geskep tydens republiekwording in 1961, waar koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die amp van Goewerneur-generaal van Suid-Afrika ooreenkomstig afgeskaf is.

Seremoniële pos

Thumb
Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1961–1984)
Thumb
Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1984–1994)

Die Republiek van Suid-Afrika is uitgeroep op 31 Mei 1961. Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-generaal, is beëdig as die eerste Staatspresident. Soos Paul Kruger en presidente van die Boererepublieke het die Staatspresident 'n ampsserp met die Republiek se wapenskild gedra, en meestal seremoniële pligte uitgevoer. Die regerende Nasionale Party het besluit teen 'n uitvoerende presidentskap, en het pleks daarvan 'n minimalistiese benadering gevolg as 'n versoenende gebaar teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners wat teen 'n Republiek gekant was. Soos Goewerneurs-generaal voor hulle was alle staatspresidente afgetrede Nasionale Party-ministers, en daarom blank, Afrikaans en manlik.

Uitvoerende pos

Na grondwetlike hervorming in 1984 word die amp van Staatspresident 'n uitvoerende pos, soos in die Verenigde State van Amerika, en die amp van Eerste Minister van Suid-Afrika word afgeskaf. P.W. Botha word die nuwe Staatspresident, tot sy uittrede in 1989, waarna hy deur Frederik Willem de Klerk vervang is wat die oorgang na meerderheidsregering in 1994 bewerkstellig het.

Einde van blanke minderheidsregering

Onder Suid-Afrika se eerste nie-rassige Grondwet, wat in 1994 aanvaar is, staan die staatshoof (en regeringshoof) eenvoudig bekend as die president. Die eerste sodanige president, Nelson Mandela, destyds leier van die ANC, is as die land se president beëdig op 11 Mei 1994.

Lys van Staatspresidente van Suid-Afrika (1961–1994)

Partye

██ Nasionale Party

Meer inligting #, Naam (Geboorte–Dood) ...
# Naam
(Geboorte–Dood)
Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat Gekies
(Parlement)
Party
Staatspresidente as staatshoofde (seremonieël, 1961–1984)
1 Charles Robberts Swart
(1894–1982)
Thumb 31 Mei 1961 31 Mei 1967 Nasionale Party
Theophilus Ebenhaezer Dönges
(1898–1968)
Thumb Verkies, maar het nie die amp aanvaar nie weens siekte Nasionale Party
Tom Naudé
(1889–1969)
(waarnemend)
Thumb 1 Junie 1967 10 April 1968 Nasionale Party
2 Jim Fouché
(1898–1980)
Thumb 10 April 1968 9 April 1975 Nasionale Party
Jan de Klerk
(1903–1979)
(waarnemend)
9 April 1975 19 April 1975 Nasionale Party
3 Nicolaas Johannes Diederichs
(1903–1978)
Thumb 19 April 1975 21 Augustus 1978
(oorlede in amp)
Nasionale Party
Marais Viljoen
(1915–2007)
(waarnemend)
Thumb 21 Augustus 1978 10 Oktober 1978 Nasionale Party
4 John Vorster
(1915–1983)
Thumb 10 Oktober 1978 4 Junie 1979
(bedank)
Nasionale Party
5 Marais Viljoen
(1915–2007)
Thumb 19 Junie 1979
waarnemend sedert 4 Junie 1979
3 September 1984 Nasionale Party
Staatspresidente as staatshoofde en regeringshoofde (uitvoerend, 1984–1994)
1 Pieter Willem Botha
(1916–2006)
Thumb 14 September 1984
waarnemend sedert 3 September 1984
15 Augustus 1989
(bedank)
1987 (20) Nasionale Party
2 Frederik Willem de Klerk
(1936–2021)
Thumb 20 September 1989
waarnemend sedert 15 Augustus 1989
10 Mei 1994 1989 (21) Nasionale Party
Sluit

Sien ook

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.