From Wikipedia, the free encyclopedia
Nieu-Delhi (Engels: New Delhi, Hindi: नई दिल्ली, Naī Dillī) is die hoofstad van Indië en is geleë in die Nasionale Hoofstadgebied in die noorde van die land aan die Yamunarivier. Nieu-Delhi het in 2012 'n bevolking van 249 998 gehad en het 'n oppervlakte van 42,7 km². Nieu-Delhi is op 15 Desember 1911 gestig as hoofstad van Brits-Indië en dien sedert 15 Augustus 1947 die hoofstad van die onafhanklike Indië. In dié stad is al drie takke van die Indiese regering gesetel.
Kaart | Wapen |
Distrikte | |
Land | Indië |
Provinsie | Nasionale Hoofstadgebied |
Koördinate | 28°36′N 77°12′O |
Gestig op | 15 Desember 1911 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 42,7 vk km |
Hoogte bo seevlak | 216 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 249 998 |
- Bevolkingsdigtheid | 7 538/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 13 850 507 |
Tydsone | UTC +5:30 |
Burgemeester | Sheila Dikshit |
Amptelike webwerf | ndmc.gov.in |
Nieu-Delhi is in 1911 deur George V tydens sy besoek aan Delhi gestig.[1] Dit is deur die Britse argitekte Sir Edwin Lutyens en Sir Herbert Baker ontwerp. Die nuwe hoofstad is op 13 Februarie 1931 deur die adjunkkoning Lord Irwin ingewy.[2]
Alhoewel beide Delhi en Nieu-Delhi uitruilbaar gebruik word om na die Nasionale Hoofstadgebied van Delhi (NCT) te verwys, is dit twee afsonderlike entiteite, en Nieu-Delhi vorm 'n klein deel van Delhi. Die nasionale hoofstadstreek is 'n veel groter entiteit wat die hele NCT saam met aangrensende distrikte in buurstate beslaan.
Nieu-Delhi beskik met die Indira Gandhi-lughawe oor 'n groot internasionale lughawe van hoogstaande gehalte. Die lughawe het saam met ander internasionale lughawens, die spesiale "2021 COVID-19 Airport Excellence"-toekenning ontvang vir die behoorlike toepassing van Covid-19-riglyne, insluitend die gebruik van gesigmaskers, handreiniger, sosiale afstand, higiëneprosedures by sekuriteit, sosiale afstand by sekuriteit/immigrasie, terminaalnetheid en skoon badkamers.[3]
Nieu-Delhi beskik oor 'n toetskrieketstadion, die Feroz Shah Kotla-stadion. Die Indiese nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Nieu-Delhi het onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011 en 2023, asook die T20I-wêreldbeker 2016, aangebied.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.