T20I-wêreldbeker 2016

From Wikipedia, the free encyclopedia

T20I-wêreldbeker 2016

Die T20I-wêreldbeker 2016 (Engels: 2016 ICC Men's T20 World Cup) is van 8 Maart tot 3 April 2016 in Indië beslis. Dit was die sesde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2016 (2016 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka en die 2014-toernooi in Bangladesj was dit die derde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land.

Thumb
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is
Kitsfeite Datums, Bestuurder ...
T20I-wêreldbeker 2016
Thumb
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2016
Datums 8 Maart – 3 April
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Twintig20 (T20I)
Toernooiformaat Eerste rondte, Super Tien en uitklopfase
Gashere  Indië
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (2de titel)
Naaswenner Engeland
Deelnemers 16 (24 kwalifiseer)
Wedstryde gespeel 35
Speler van die reeks Virat Kohli
Meeste lopies Tamim Iqbal (295)[1]
Meeste paaltjies Mohammad Nabi (12)[2]
2014
2021
Sluit

Die toernooi se formaat van 2014 het onveranderd gebly en 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2016 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Oman en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2016 is 35 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 20 in die Super Tien en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 30 April 2014 het aan die Super Tien deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die Super Tien gekwalifiseer. In die Super Tien is die spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Nieu-Seeland en Wes-Indië het die gasheer Indië geklop, waardeur vir die tweede keer in dié toernooi se geskiedenis geen Suid-Asiatiese span die eindstryd gehaal het nie. Wes-Indië het Engeland in die eindstryd op Eden Gardens in Kolkata met vier paaltjies verslaan en sodoende die eerste span geword om twee T20I-wêreldbekertitels in te palm. Daarbenewens het Wes-Indië die eerste krieketland geword wat die T20I-wêreldbeker vir beide mans en vroue op dieselfde dag gewen het, nadat die vrouespan onmiddellik voor die mansspan die verdedigende wêreldkampioen Australië geklop het. Die verdedigende wêreldkampioen Sri Lanka en Suid-Afrika is in die Super Tien uitgeskakel.

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2016 aangewys.

Deelnemers

Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2016 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2016 gekwalifiseer. Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Oman en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Oman het vir die eerste keer aan ’n internasionale kriekettoernooi deelgeneem.[4] Die agt beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 30 April 2014 het regstreeks tot die Super Tien gevorder, terwyl die oorblywende agt spanne aan die eerste rondte deelgeneem het.[5]

Thumb
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2016-kwalifisering; altesaam 24 lande het deelgeneem.

 Gasheer

 Volle lede van die Internasionale Krieketraad (IKR)

 Wenner van die kwalifisering

 Deelgeneem aan die wêreldwye kwalifisering, maar versuim om te kwalifiseer

 Deelgeneem aan die plaaslike kwalifisering, maar versuim om te kwalifiseer

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Indië Indië Gasheer Sesde 2014 Kampioen (2007)
Vlag van Australië Australië Volle lede Sesde 2014 Naaswenner (2010)
Vlag van Bangladesj Bangladesj Sesde 2014 Hoofrondte (2007, 2014)
Vlag van Engeland Engeland Sesde 2014 Kampioen (2010)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Sesde 2014 Halfeindrondte (2007)
Vlag van Pakistan Pakistan Sesde 2014 Kampioen (2009)
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka Sesde 2014 Kampioen (2014)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Sesde 2014 Halfeindrondte (2009, 2014)
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië Sesde 2014 Kampioen (2012)
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe Vyfde 2014 Eerste rondte (2007, 2010, 2012, 2014)
Vlag van Afghanistan Afghanistan T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2015 Vierde 2014 Eerste rondte (2010, 2012, 2014)
Vlag van Hongkong Hongkong Tweede 2014 Eerste rondte (2014)
Vlag van Ierland Ierland Vyfde 2014 Super Agt (2009)
Vlag van Nederland Nederland Derde 2014 Super Tien (2014)
Vlag van Oman Oman Eerste Debuut
Vlag van Skotland Skotland Derde 2009 Eerste rondte (2007, 2009)
Sluit

Stadions

Tydens die toernooi is sewe Indiese stadions gebruik. Altesaam 35 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2016 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Meer inligting Bangalore, Kolkata ...
Bangalore Kolkata Dharamshala
M. Chinnaswamy-stadion Eden Gardens HPCA-stadion
12°58′43.7″N 77°35′58.4″O 22°33′52″N 88°20′36″O 32°11′51.6″N 76°19′33.6″O
Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 66 349 Kapasiteit: 23 000
Thumb Thumb Thumb
Mohali
Thumb
M. Chinnaswamy-stadion
M. Chinnaswamy-stadion
HPCA-stadion
HPCA-stadion
Inderjit Singh Bindra
Inderjit Singh Bindra
Wankhedestadion
Wankhedestadion
Feroz Shah Kotla
Feroz Shah Kotla
T20I-wêreldbeker 2016 (Indië)
Mumbai
Inderjit Singh Bindra Wankhedestadion
30°41′27.09″N 76°44′14.13″O 18°56′20.1″N 72°49′32.6″O
Kapasiteit: 26 950 Kapasiteit: 32 000
Thumb Thumb
Nagpur Nieu-Delhi
VCA-stadion Feroz Shah Kotla
21°00′48.86″N 79°02′22.57″O 28°38′16″N 77°14′35″O
Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 40 715
Thumb Thumb
Sluit

Formaat

Thumb
Handgetekende kolwe van die T20I-wêreldbeker 2016 se deelnemende spanne by die Blades of Glory-krieketmuseum, Pune

Die T20I-wêreldbeker 2016 is oor 27 dae tussen 16 verskillende spanne oor 35 wedstryde beslis. Dit het op 8 Maart 2016 op VCA-stadion in Nagpur met die openingswedstryd tussen Hongkong en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op Eden Gardens in Kolkata op 3 April met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Indië, waartydens Wes-Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbekertoernooi in 2014 ingespan.

Kalender

Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2016 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Tien, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Eerste rondte Maart, Di 8 ...
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Eerste rondte
Maart
Di
8
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
13
Ma
14
Groep A 2 2 2
Groep B 2 2 2
Super Tien
Maart
Di
15
Wo
16
Do
17
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Groep 1 1 1 1 2 1 1 1 1 1
Groep 2 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Maart/April
Di
29
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
So
3
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

 Eerste rondte

 Super Tien

 Uitklopfase

 Eindstryd

Sluit

Eerste rondte en Super Tien

Die T20I-wêreldbeker 2016 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 30 April 2014 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van albei groepe het na die Super Tien deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.

Die Super Tien is deur tien spanne in twee groepe van vyf spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vier wedstryde in die Super Tien gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Tien-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.

Skeidsregters en wedstrydbeamptes

’n Paneel van 15 skeidsregters en ses wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[6]

Skeidsregters

Wedstrydbeamptes

Wedstryde

Kitsfeite
Kwalifiseer vir die Super Tien.
Uit die toernooi geskakel.
Sluit

Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Tien en die uitklopfase.

Eerste rondte

Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Tien deurgedring.

Groep A

Meer inligting Span, S ...
Span S W V O P LT
Vlag van Bangladesj Bangladesj 32015+1.938
Vlag van Nederland Nederland 31113+0.154
Vlag van Oman Oman 31113−1.521
Vlag van Ierland Ierland 30211−0.685
Sluit
9 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
153/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Nederland Nederland
145/7 (20 boulbeurte)
Tamim Iqbal 83* (58)
Timm van der Gugten 3/21 (4 boulbeurte)
Peter Borren 30 (28)
Al-Amin Hossain 2/24 (3 boulbeurte)
Bangladesj wen met agt lopies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Tamim Iqbal (Ban)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
9 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
154/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Oman Oman
157/8 (19.4 boulbeurte)
Gary Wilson 38 (34)
Munis Ansari 3/37 (4 boulbeurte)
Zeeshan Maqsood 38 (33)
Andy McBrine 2/15 (3 boulbeurte)
Oman wen met twee paaltjies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Amir Ali (Oma)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Oman se eerste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit.[7]
  • Dit is ook hul eerste T20I-oorwinning ooit oor Ierland.
11 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
t
Onbeslis
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Sundaram Ravi (Ind)
  • Oman het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Wedstryd afgelas weens reën.
  • Dit is slegs die tweede T20I-wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
  • Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.[8]
11 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
94/2 (8 boulbeurte)
t
Tamim Iqbal 47 (26)
George Dockrell 1/18 (2 boulbeurte)
Onbeslis
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Nigel Llong (Eng) en Rod Tucker (Aus)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot twaalf boulbeurte per span.
  • Ná verdere reën is die wedstryd tydens Bangladesj se kolfbeurt afgelas.
  • Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.[9]
13 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nederland Nederland
59/5 (6 boulbeurte)
t
Vlag van Ierland Ierland
47/7 (6 boulbeurte)
Stephan Myburgh 27 (18)
George Dockrell 3/7 (2 boulbeurte)
Paul Stirling 15 (7)
Paul van Meekeren 4/11 (2 boulbeurte)
Nederland wen met twaalf lopies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Nigel Llong (Eng) en Sundaram Ravi (Ind)
Speler van die wedstryd: Paul van Meekeren (Ned)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot ses boulbeurte per span.
13 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
180/2 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Oman Oman
65/9 (12 boulbeurte)
Tamim Iqbal 103* (63)
Khawar Ali 1/24 (3 boulbeurte)
Jatinder Singh 25 (20)
Shakib Al Hasan 4/15 (3 boulbeurte)
Bangladesj wen met 54 lopies (DLS-metode)
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Tamim Iqbal (Ban)
  • Oman het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 120 lopies in twaalf boulbeurte vir Oman.
  • Tamim Iqbal word die sewende kolwer en eerste Bengaal wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal aanteken.[10][11] Hy word ook die 25ste kolwer en eerste Bengaal wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies haal.[12][13]
  • Dit is Bangladesj se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies – later oortref teen Papoea-Nieu-Guinee tydens die 2021-toernooi.[14]
  • Bangladesj vorder hiermee tot die Super Tien.[15]
  • Oman is hiermee uit die toernooi geskakel.[15]

Groep B

Meer inligting Span, S ...
Span S W V O P LT
Vlag van Afghanistan Afghanistan 33006+1.540
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 32104−0.567
Vlag van Skotland Skotland 31202−0.132
Vlag van Hongkong Hongkong 30300−1.017
Sluit
8 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
158/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Hongkong Hongkong
144/6 (20 boulbeurte)
Vusi Sibanda 59 (46)
Tanwir Afzal 2/19 (4 boulbeurte)
Jamie Atkinson 53 (44)
Donald Tiripano 2/27 (4 boulbeurte)
Zimbabwe wen met 14 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Vusi Sibanda (Zim)
  • Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ryan Campbell (HK) word op 44 jaar en 30 dae dae die destyds oudste speler wat in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd verskyn.[16][17]
8 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
170/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Skotland Skotland
156/5 (20 boulbeurte)
Mohammad Shahzad 61 (39)
Alasdair Evans 1/24 (4 boulbeurte)
George Munsey 41 (29)
Rashid Khan 2/28 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met 14 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Shahzad (Afg)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
10 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
147/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Skotland Skotland
136 (19.4 boulbeurte)
Sean Williams 53 (36)
Mark Watt 2/21 (4 boulbeurte)
Richie Berrington 36 (39)
Wellington Masakadza 4/28 (4 boulbeurte)
Zimbabwe wen met elf lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Marais Erasmus (RSA)
Speler van die wedstryd: Wellington Masakadza (Zim)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.[18]
10 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Hongkong Hongkong
116/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
119/4 (18 boulbeurte)
Anshuman Rath 28 (31)
Mohammad Nabi 4/20 (4 boulbeurte)
Mohammad Shahzad 41 (40)
Ryan Campbell 2/28 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met ses paaltjies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Nabi (Afg)
  • Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Hongkong is hiermee uit die toernooi geskakel.[19]
12 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
186/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
127 (19.4 boulbeurte)
Mohammad Nabi 52 (32)
Tinashe Panyangara 3/32 (4 boulbeurte)
Tinashe Panyangara 17* (7)
Rashid Khan 3/11 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met 59 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Nabi (Afg)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Afghanistan se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies – later oortref teen Skotland tydens die 2021-toernooi.[14]
  • Afghanistan vorder hiermee tot die Super Tien.[20]
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.[20]
  • Afghanistan haal vir die eerste keer die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[21]
12 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Hongkong Hongkong
127/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Skotland Skotland
78/2 (8 boulbeurte)
Mark Chapman 40 (41)
Matt Machan 2/26 (4 boulbeurte)
Matthew Cross 22 (14)
Aizaz Khan 1/11 (1 boulbeurte)
Skotland wen met agt paaltjies (DLS-metode)
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Matt Machan (Sco)
  • Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 76 lopies in tien boulbeurte vir Skotland.
  • Dit is Skotland se eerste oorwinning ooit tydens ’n IKR-toernooi.[22]

Super Tien

Kitsfeite
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.
Sluit

Tien spanne het aan die Super Tien deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

Meer inligting Span, S ...
Span S W V O P LT
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 43106+0.359
Vlag van Engeland Engeland 43106+0.145
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 42204+0.651
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 41302−0.461
Vlag van Afghanistan Afghanistan 41302−0.715
Sluit
16 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
182/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
183/4 (18.1 boulbeurte)
Joe Root 48 (36)
Andre Russell 2/36 (4 boulbeurte)
Chris Gayle 100* (48)
Adil Rashid 1/20 (2 boulbeurte)
Wes-Indië wen met ses paaltjies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Chris Gayle (WI) teken die destyds vinnigste honderdtal tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan (in 47 aflewerings).[23][24]
  • Chris Gayle word die tweede speler wat twee T20I-honderdtale aanteken en die eerste wat twee T20I-wêreldbekerhonderdtale aanteken.[11] Sy elf sesse is die meeste tydens een T20I-wêreldbekerkolfbeurt.[25]
  • Chris Gayle moker met 98 die meeste T20I-sesse en met 60 die meeste sesse tydens T20I-wêreldbekerwedstryde.[26]
17 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
153/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
155/4 (18.5 boulbeurte)
Asghar Stanikzai 62 (47)
Thisara Perera 3/33 (4 boulbeurte)
Tillakaratne Dilshan 83* (56)
Mohammad Nabi 1/25 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met ses paaltjies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Bruce Oxenford (Aus) en Joel Wilson (WI)
Speler van die wedstryd: Tillakaratne Dilshan (SL)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
18 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
229/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
230/8 (19.4 boulbeurte)
Hashim Amla 58 (31)
Moeen Ali 2/34 (4 boulbeurte)
Joe Root 83 (44)
Kyle Abbott 3/41 (3.4 boulbeurte)
Engeland wen met twee paaltjies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Joe Root (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is die destyds hoogste suksesvolle lopiejaag tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd en die tweede hoogste tydens T20I-wedstryde.[27]
  • Engeland teken hul eerste vyftigtal in 17 aflewerings aan, die destyds gesamentlik tweede vinnigste in T20I-wedstryde.[28]
  • Hashim Amla (RSA) moker met 224 die meeste T20I-lopies tussen twee paaltjies.[28]
  • Quinton de Kock egaliseer AB de Villiers se rekord vir die vinnigste T20I-vyftigtal deur ’n Suid-Afrikaanse speler (in 21 aflewerings).[28][29]
20 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
209/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
172 (20 boulbeurte)
AB de Villiers 64 (29)
Amir Hamza 1/25 (3 boulbeurte)
Mohammad Shahzad 44 (19)
Chris Morris 4/27 (4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 37 lopies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Morris (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • AB de Villiers (RSA) slaan met 29 lopies die gesamentlik hoogste aantal tydens een T20I-wêreldbekerboulbeurt.[30][31]
  • Dit is Suid-Afrika se tweede telling van meer as 200 lopies tydens een T20I-wêreldbekertoernooi, die eerste span wat daarin kon slaag.[31]
  • Dit is ook Suid-Afrika se tiende T20I-telling en vierde algehele T20I-wêreldbekertelling van meer as 200 lopies, die eerste span wat daarin kon slaag.[31]
  • Afghanistan teken die destyds hoogste T20I-telling deur ’n assosiaatlid teen ’n volle lid aan.[31]
20 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
122/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
127/3 (18.2 boulbeurte)
Thisara Perera 40 (29)
Samuel Badree 3/12 (4 boulbeurte)
Andre Fletcher 84* (64)
Milinda Siriwardana 2/33 (4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met sewe paaltjies
M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Johan Cloete (RSA)
Speler van die wedstryd: Andre Fletcher (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
23 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
142/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
127/9 (20 boulbeurte)
Moeen Ali 41* (33)
Nabi, Khan 2/17 (4 boulbeurte)
Shafiqullah 35* (20)
Adil Rashid 2/18 (3 boulbeurte)
Engeland wen met 15 lopies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Moeen Ali (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is die eerste T20I-wedstryd op die Feroz Shah Kotla Ground.[32]
  • Afghanistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[33]
25 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
122/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
123/7 (19.4 boulbeurte)
Quinton de Kock 47 (46)
Chris Gayle 2/17 (3 boulbeurte)
Marlon Samuels 43 (44)
Imran Tahir 2/13 (4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met drie paaltjies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Marlon Samuels (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Marlon Samuels word die tweede Wes-Indiese speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies haal.[34]
  • Dwayne Bravo word die derde Wes-Indiese speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies haal.[34]
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[35]
26 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
171/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
161/8 (20 boulbeurte)
Jos Buttler 66* (37)
Jeffrey Vandersay 2/26 (4 boulbeurte)
Angelo Mathews 73* (54)
Chris Jordan 4/28 (4 boulbeurte)
Engeland wen met tien lopies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Paul Reiffel (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Jos Buttler (Eng)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[36]
  • Sri Lanka en Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.[36]
27 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
123/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
117/8 (20 boulbeurte)
Najibullah Zadran 48 (40)
Samuel Badree 3/14 (4 boulbeurte)
Dwayne Bravo 28 (29)
Khan, Nabi 2/26 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met ses lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Najibullah Zadran (Afg)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Afghanistan en Wes-Indië het mekaar vir die eerste keer in ’n IKR-toernooi ontmoet.[37]
  • Evin Lewis (WI) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Afghanistan verdedig met 123 lopies die destyds naaslaagste T20I-wêreldbekertelling suksesvol.[38]
  • Dit is Afghanistan se eerste T20I-oorwinning ooit oor Wes-Indië.[39]
28 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
120 (19.3 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
122/2 (17.4 boulbeurte)
Tillakaratne Dilshan 36 (40)
Kyle Abbott 2/14 (3.3 boulbeurte)
Hashim Amla 56* (52)
Suranga Lakmal 1/28 (3.4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met agt paaltjies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Aaron Phangiso (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Tillakaratne Dilshan (SL) speel in die destyds meeste T20I-wêreldbekerwedstryde (35).[40]
  • Hashim Amla word die vierde Suid-Afrikaanse speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies haal.[41]

Groep 2

Meer inligting Span, S ...
Span S W V O P LT
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 44008+1.900
Vlag van Indië Indië 43106−0.305
Vlag van Australië Australië 42204+0.233
Vlag van Pakistan Pakistan 41302−0.093
Vlag van Bangladesj Bangladesj 40400−1.805
Sluit
15 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
126/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
79 (18.1 boulbeurte)
Corey Anderson 34 (42)
Jasprit Bumrah 1/15 (4 boulbeurte)
MS Dhoni 30 (30)
Mitchell Santner 4/11 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 47 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mitchell Santner (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Mitchell Santner behaal die beste T20I-boulsyfers vir ’n Nieu-Seelandse draaibouler.[42]
16 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
201/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
146/6 (20 boulbeurte)
Mohammad Hafeez 64 (42)
Taskin Ahmed 2/32 (4 boulbeurte)
Shakib Al Hasan 50* (40)
Shahid Afridi 2/27 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 55 lopies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Shahid Afridi (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Pakistan se hoogste T20I-wêreldbekertelling ooit.[43]
  • Shakib Al Hasan word die tweede Bengaalse speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies haal.[44]
  • Shakib Al Hasan word ook die tweede veelsydige wat 1000 T20I-lopies aanteken en 50 T20I-paaltjies neem.[44]
18 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
142/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
134/9 (20 boulbeurte)
Martin Guptill 39 (27)
Faulkner, Maxwell 2/18 (3 boulbeurte)
Usman Khawaja 38 (27)
Mitchell McClenaghan 3/17 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met agt lopies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Mitchell McClenaghan (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
19 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
118/5 (18 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
119/4 (15.5 boulbeurte)
Shoaib Malik 26 (16)
Suresh Raina 1/4 (1 boulbeurte)
Virat Kohli 55* (37)
Mohammad Sami 2/17 (2 boulbeurte)
Indië wen met ses paaltjies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 18 boulbeurte per span.
  • Dit is Indië se elfde oorwinning oor Pakistan tydens krieketwêreldbeker- of T20I-wêreldbekertoernooie.[45]
  • Ahmed Shehzad word die vyfde Pakistanse speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies haal.[46]
21 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
156/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
157/7 (18.3 boulbeurte)
Mahmudullah 49* (29)
Adam Zampa 3/23 (4 boulbeurte)
Usman Khawaja 58 (45)
Shakib Al Hasan 3/27 (4 boulbeurte)
Australië wen met drie paaltjies
M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Adam Zampa (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Saqlain Sajib (Ban) het sy T20I-debuut gemaak.
  • David Warner (Aus) word die vierde speler wat die mylpaal van 6000 T20I-lopies haal.[47]
22 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
180/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
158/5 (20 boulbeurte)
Martin Guptill 80 (48)
Mohammad Sami 2/23 (4 boulbeurte)
Sharjeel Khan 47 (25)
Adam Milne 2/26 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 22 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Martin Guptill (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Shahid Afridi (Pak) word met 39 paaltjies die beste bouler in T20I-wêreldbekerwedstryde.[48]
  • Nieu-Seeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[49]
23 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
146/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
145/9 (20 boulbeurte)
Suresh Raina 30 (23)
Mustafizur Rahman 2/34 (4 boulbeurte)
Tamim Iqbal 35 (32)
Ravichandran Ashwin 2/20 (4 boulbeurte)
Indië wen met een lopie
M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Ravichandran Ashwin (Ind)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit was die vierde T20I-wêreldbekeroorwinning met een lopie.[50][51]
  • Vir die eerste keer in ’n T20I-wedstryd kantel drie paaltjies met die laaste drie aflewerings.[51]
  • MS Dhoni word die vyfde Indiese speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies haal.[51]
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.[52]
25 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
193/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
172/8 (20 boulbeurte)
Steve Smith 61* (43)
Imad Wasim 2/31 (4 boulbeurte)
Khalid Latif 46 (41)
James Faulkner 5/27 (4 boulbeurte)
Australië wen met 21 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (RSA)
Speler van die wedstryd: James Faulkner (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • James Faulkner word die sesde bouler en eerste Australiër wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[53][54]
  • Die 21-lopie-oorwinning is Australië se sesde nouste T20I-oorwinningstelling.[55]
  • Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[56]
26 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
145/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
70 (15.4 boulbeurte)
Kane Williamson 42 (32)
Mustafizur Rahman 5/22 (4 boulbeurte)
Shuvagata Hom 16* (17)
Grant Elliott 3/12 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 75 lopies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Johan Cloete (RSA) en Michael Gough (Eng)
Speler van die wedstryd: Kane Williamson (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Henry Nicholls (NZ) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Mustafizur Rahman word die sewende bouler en eerste Bengaal wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[53][57]
  • Bangladesj teken die destyds laagste T20I-telling van enige span teen Nieu-Seeland aan – later oortref deur Uganda tydens die 2024-toernooi.[58]
  • Dit is ook Bangladesj se laagste T20I-wêreldbekertelling ooit, minder as hul 83 lopies teen Sri Lanka tydens die 2007-toernooi.[58][59]
  • In dié wedstryd is met tien uitskakelings die meeste in ’n T20I-wedstryd geboul.[60]
  • Dit is Bangladesj se destyds ergste T20I-wêreldbekernederlaag volgens aantal lopies – later oortref teen Suid-Afrika tydens die 2022-toernooi.[14]
27 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
160/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
161/4 (19.1 boulbeurte)
Aaron Finch 43 (34)
Hardik Pandya 2/36 (4 boulbeurte)
Virat Kohli 82* (51)
Shane Watson 2/23 (4 boulbeurte)
Indië wen met ses paaltjies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (RSA)
Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Shane Watson (Aus) speel in sy laaste internasionale wedstryd.[61]
  • Virat Kohli (Ind) word volgens aantal kolfbeurte (39) die vinnigste speler wat die mylpaal van 1500 T20I-lopies behaal.[62]
  • Ravichandran Ashwin word die eerste Indiese bouler wat 50 T20I-paaltjies neem.[63]
  • MS Dhoni (Ind) neem die meeste uitskakelings deur ’n paaltjiewagter in T20I-wêreldbekerwedstryde (32).[64]
  • Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[65]
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.[65]

Uitklopfase

Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Eden Gardens in Kolkata ontmoet het.

  Halfeindrondte Eindrondte
             
30 Maart – Nieu-Delhi
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 153/8  
 Vlag van Engeland Engeland 159/3   3 April – Kolkata
     Vlag van Engeland Engeland 155/9
31 Maart – Mumbai    Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 161/6
 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 196/3
 Vlag van Indië Indië 192/2  

Halfeindrondte

30 Maart 2016
19:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
153/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
159/3 (17.1 boulbeurte)
Colin Munro 46 (32)
Ben Stokes 3/26 (4 boulbeurte)
Jason Roy 78 (44)
Ish Sodhi 2/42 (4 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Jason Roy (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Jason Roy teken die naasvinnigste T20I-wêreldbekervyftigtal deur ’n Engelse speler aan (in 26 aflewerings).[29][66]
  • Martin Guptill en Kane Williamson (albei NZ) word die tweede vennootskap wat 1000 T20I-lopies saam moker.
31 Maart 2016
19:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
192/2 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
196/3 (19.4 boulbeurte)
Virat Kohli 89* (47)
Samuel Badree 1/26 (4 boulbeurte)
Lendl Simmons 82* (51)
Virat Kohli 1/15 (1.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met sewe paaltjies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Lendl Simmons (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is Indië se tweede en Wes-Indië se derde agtereenvolgende T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.
  • Wes-Indië behaal die hoogste suksesvolle lopiejaag in die uitklopfase van ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[67]

Eindstryd

3 April 2016
19:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
155/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
161/6 (19.4 boulbeurte)
Joe Root 54 (36)
Carlos Brathwaite 3/23 (4 boulbeurte)
Marlon Samuels 85* (66)
David Willey 3/20 (4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vier paaltjies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Marlon Samuels (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Marlon Samuels (WI) slaan die hoogste telling in ’n T20I-wêreldbekereindstryd.[68]
  • Wes-Indië word die eerste span wat die T20I-wêreldbeker vir beide mans en vroue op dieselfde dag wen, nadat die vrouespan Australië met agt paaltjies kon klop.[69]
  • Wes-Indië word ook die eerste span wat sy tweede T20I-wêreldbekertitel kon wen.


T20I-wêreldkampioen 2016
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië

Statistiek

Finale puntestand

Thumb
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2016:

 Kampioen

 Naaswenner

 Halfeindrondte

 Super Tien

 Eerste rondte

 Nie deelgeneem nie

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2016.

Meer inligting Rang, Span ...
Rang Span Groep S W O V LV LT +/– P LT
Finaliste
1Vlag van Wes-Indië Wes-Indië16501907902+510
2Vlag van Engeland Engeland1640210391014+258
In die halfeindrondte uitgeskakel
3Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland25401746600+1468
4Vlag van Indië Indië25302697745–486
In die Super Tien uitgeskakel
5Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika14202682645+374+0.651
6Vlag van Australië Australië24202644631+134+0.233
7Vlag van Pakistan Pakistan24103649638+112−0.093
8Vlag van Sri Lanka Sri Lanka14103558573–152−0.461
9Vlag van Afghanistan AfghanistanB/1740310501022+288
10Vlag van Bangladesj BangladesjA/27205944859+854
In die eerste rondte uitgeskakel
11Vlag van Zimbabwe ZimbabweB3201432466–344−0.567
12Vlag van Nederland NederlandA3111204200+43+0.154
13Vlag van Oman OmanA3111222334–1123−1.521
14Vlag van Ierland IerlandA3021201310–1091−0.685
15Vlag van Skotland SkotlandB3102370444–742−0.132
16Vlag van Hongkong HongkongB3003387355+320−1.017
Sluit

Meeste lopies en paaltjies

Meer inligting Naam, Lopies ...
Meeste lopies:[1]
Naam Lopies
1 Vlag van Bangladesj Tamim Iqbal 295
2 Vlag van Indië Virat Kohli 273
3 Vlag van Engeland Joe Root 249
4 Vlag van Afghanistan Mohammad Shahzad 222
5 Vlag van Engeland Jos Buttler 191
Meeste paaltjies:[2]
Naam Paaltjies
1 Vlag van Afghanistan Mohammad Nabi 12
2 Vlag van Afghanistan Rashid Khan 11
3 Vlag van Nieu-Seeland Mitchell Santner 10
Vlag van Nieu-Seeland Ish Sodhi
Vlag van Engeland David Willey
Sluit

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.