T20I-wêreldbeker 2009
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die T20I-wêreldbeker 2009 (Engels: 2009 ICC Men's T20 World Cup) is van 5 tot 21 Junie 2009 in Engeland beslis. Dit was die tweede T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2009 (2009 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis. Saam met die Kampioenetrofee 2009 in September en Oktober in Suid-Afrika was dit een van twee vername kriekettoernooie in dieselfde jaar.

![]() Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2009 | |
Datums | 5 Junie – 21 Junie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Agt en uitklopfase |
Gashere | Engeland |
Kampioen | Pakistan (1ste titel) |
Naaswenner | Sri Lanka |
Deelnemers | 12 (16 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 27 |
Speler van die reeks | Tillakaratne Dilshan |
Meeste lopies | Tillakaratne Dilshan (317)[1] |
Meeste paaltjies | Umar Gul (13)[2] |
← 2007 2010 → |
Die toernooi se formaat van 2007 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2009 deelgeneem: Nege van die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland en Nederland). Nadat die Zimbabwiese span onttrek het,[4] kon die derdeplekspan tydens die kwalifisering Skotland ook aan die toernooi deelneem. Tydens die T20I-wêreldbeker 2009 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Suid-Afrika en Sri Lanka het Wes-Indië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne Pakistan en Sri Lanka mekaar in die eindstryd ontmoet het. Pakistan het Sri Lanka in die eindstryd op Lord’s in Londen met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm.[5] Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1992 was dit Pakistan se tweede internasionale kriekettitel. Beide die gasheer Engeland en die verdedigende wêreldkampioen Indië is in die Super Agt uitgeskakel.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Engeland as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2009 aangewys. In Desember 2007 het die IKR ’n T20I-vrouewêreldbeker ingevoer wat gelyktydig met die manstoernooi aangebied sou word; dit was tydens die 2009-toernooi in Engeland vir die eerste keer die geval.[6]
Deelnemers
Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2009 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2009 gekwalifiseer. Ierland en Nederland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Weens Zimbabwe se destydse politieke beleid onder president Robert Mugabe het die Britse regering gedreig om die Zimbabwiese span se toegang na die Verenigde Koninkryk te weier, waarvolgens gevrees is dat die toernooi na ’n ander land geskuif sou kon word.[7] Zimbabwe het egter sy span aan die toernooi onttrek en vervolgens kon Skotland ook aan die toernooi deelneem.[8][9]

Gasheer
Volle lede van die Internasionale Krieketraad (IKR)
Wenner van die kwalifisering
Versuim om te kwalifiseer
Onttrek
Nie deelgeneem nie
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
![]() |
Gasheer | Tweede | 2007 | Super Agt (2007) |
![]() |
Volle lede | Tweede | 2007 | Halfeindrondte (2007) |
![]() |
Tweede | 2007 | Super Agt (2007) | |
![]() |
Tweede | 2007 | Kampioen (2007) | |
![]() |
Tweede | 2007 | Halfeindrondte (2007) | |
![]() |
Tweede | 2007 | Naaswenner (2007) | |
![]() |
Tweede | 2007 | Super Agt (2007) | |
![]() |
Tweede | 2007 | Super Agt (2007) | |
![]() |
Tweede | 2007 | Eerste rondte (2007) | |
![]() |
T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2008 | Eerste | – | Debuut |
![]() |
Eerste | – | Debuut | |
![]() |
Tweede | 2007 | Eerste rondte (2007) |
Stadions
Tydens die toernooi is drie Engelse stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2009 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Nottingham | Londen | |
---|---|---|
Trent Bridge | Lord’s | The Oval |
52°56′12.78″N 1°07′55.78″W | 51°31′45.84″N 0°10′21.72″W | 51°29′1″N 0°6′54″W |
Kapasiteit: 17 500 | Kapasiteit: 28 000 | Kapasiteit: 23 500 |
![]() |
![]() |
|
T20I-wêreldbeker 2009 (Engeland) |
Formaat
Die T20I-wêreldbeker 2009 is oor 17 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 5 Junie 2009 op Lord’s in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Nederland begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 21 Junie met die eindstryd tussen Sri Lanka en Pakistan, waartydens Pakistan die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbeker 2007 ingespan.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2009 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel:
- Groep A: Nottingham
- Groep B: Londen
- Groep C: Londen en Nottingham
- Groep D: Londen
Eerste rondte en Super Agt
Die T20I-wêreldbeker 2009 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.[10]
Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.[11]
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[12]
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Agt. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 31 Oktober 2007 aangekondig en bepaal volgens die spanne se finale posisies tydens die vorige T20I-wêreldbeker 2007.
Eerste rondte
Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Groep A
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +1.227 |
![]() |
2 | 1 | 1 | 0 | 2 | −0.162 |
![]() |
2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −0.966 |
t |
||
Gautam Gambhir 50 (46) Naeem Islam 2/32 (3 boulbeurte) |
Junaid Siddique 41 (22) Pragyan Ojha 4/21 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Rubel Hossain (Ban) en Pragyan Ojha (Ind) het hul T20I-debuut gemaak.
t |
||
Mashrafe Mortaza 33* (16) Trent Johnston 3/20 (4 boulbeurte) |
Niall O’Brien 40 (25) Mashrafe Mortaza 2/30 (4 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- John Mooney, Jeremy Bray, Regan West en Boyd Rankin (almal Irl) het hul T20I-debuut gemaak.
- Ierland en Indië vorder hiermee tot die Super Agt.
- Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Andrew White 29 (25) Zaheer Khan 4/19 (3 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 18 boulbeurte per span.
Groep B
t |
||
Luke Wright 71 (49) Ryan ten Doeschate 2/35 (4 boulbeurte) |
Tom de Grooth 49 (30) James Anderson 3/23 (4 boulbeurte) |
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Adil Rashid, Eoin Morgan, James Foster en Rob Key (almal Eng), asook Dirk Nannes, Alexei Kervezee en Bas Zuiderent (almal Ned) het hul T20I-debuut gemaak.
t |
||
Kevin Pietersen 58 (38) Saeed Ajmal 2/23 (4 boulbeurte) |
Younis Khan 46* (31) Stuart Broad 3/17 (3 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mohammad Amir (Pak) het sy T20I-debuut gemaak.
- Hy word op 17 jaar en 55 dae die destyds jongste speler wat in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd verskyn – later oortref deur Aayan Khan (UAE) op 16 jaar en 335 tydens die 2022-toernooi.[13][14]
- Engeland vorder hiermee tot die Super Agt.
t |
||
Kamran Akmal 41 (30) Pieter Seelaar 2/36 (4 boulbeurte) |
Alexei Kervezee 21 (29) Shahid Afridi 4/11 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Pakistan vorder hiermee tot die Super Agt.
- Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep C
t |
||
David Warner 63 (53) Dwayne Bravo 2/31 (4 boulbeurte) |
Chris Gayle 88 (50) Mitchell Johnson 2/36 (3.5 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Chris Gayle (WI) teken die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi aan (in 23 aflewerings).[15]
t |
||
Mitchell Johnson 28* (13) Ajantha Mendis 3/20 (4 boulbeurte) |
Kumar Sangakkara 55* (42) Brett Lee 2/39 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Angelo Mathews en Isuru Udana (albei SL) het hul T20I-debuut gemaak.
- Sri Lanka en Wes-Indië vorder hiermee tot die Super Agt.
- Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep D

Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +3.275 |
![]() |
2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +0.309 |
![]() |
2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −5.281 |
t |
||
Kyle Coetzer 33 (15) Ian Butler 3/19 (2 boulbeurte) |
Jesse Ryder 31 (12) Ryan Watson 1/4 (1 boulbeurt) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot sewe boulbeurte per span.
- Calum MacLeod en Jan Stander (albei Sco) het hul T20I-debuut gemaak.
t |
||
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nieu-Seeland en Suid-Afrika vorder hiermee tot die Super Agt.
- Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Brendon McCullum 57 (54) Roelof van der Merwe 2/14 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Brendon Diamanti (NZ) het sy T20I-debuut gemaak.
- Dit was die eerste T20I-wêreldbekeroorwinning met een lopie.[16]
Super Agt
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep E
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.787 |
![]() |
3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.063 |
![]() |
3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.414 |
![]() |
3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −0.466 |
t |
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Albie Morkel (RSA) boul die destyds mees ekonomiese spel in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd – later oortref deur Nuwan Kulasekara (SL) teen Nederland tydens die 2014-toernooi.[17]
t |
||
Yuvraj Singh 67 (43) Dwayne Bravo 4/38 (4 boulbeurte) |
Dwayne Bravo 66* (36) Irfan Pathan 1/9 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Kevin Pietersen 46 (27) Harbhajan Singh 3/30 (4 boulbeurte) |
Yusuf Pathan 33* (17) Graeme Swann 2/28 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Ravi Bopara 55 (47) Dwayne Bravo 2/30 (4 boulbeurte) |
Ramnaresh Sarwan 19* (9) Adil Rashid 1/11 (1 boulbeurt) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Duckworth-Lewis-metode hersien die teiken om te wen: 80 lopies in nege boulbeurte vir Wes-Indië.
- Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Groep F
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +1.267 |
![]() |
3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +1.185 |
![]() |
3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.232 |
![]() |
3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.183 |
t |
||
Aaron Redmond 63 (30) Kyle McCallan 2/33 (4 boulbeurte) |
Andre Botha 28 (17) Nathan McCullum 3/15 (3 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Aaron Redmond (NZ) het sy T20I-debuut gemaak.
- Aaron Redmond (NZ) teken die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi aan (in 23 aflewerings).[15]
t |
||
Tillakaratne Dilshan 46 (39) Saeed Ajmal 2/26 (4 boulbeurte) |
Younis Khan 50 (37) Lasith Malinga 3/17 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Scott Styris 22 (29) Umar Gul 5/6 (3 boulbeurte) |
Shahzaib Hasan 35 (28) Daniel Vettori 2/20 (4 boulbeurte) |
t |
||
Mahela Jayawardene 78 (53) Alex Cusack 4/18 (3 boulbeurte) |
John Mooney 31* (21) Lasith Malinga 2/19 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Kamran Akmal 57 (51) Kyle McCallan 2/26 (4 boulbeurte) |
William Porterfield 40 (36) Saeed Ajmal 4/19 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Paul Stirling (Irl) het sy T20I-debuut gemaak.
- Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
t |
||
Tillakaratne Dilshan 48 (37) Daniel Vettori 2/32 (4 boulbeurte) |
Martin Guptill 43 (34) Ajantha Mendis 3/9 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Uitklopfase

Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s in Londen ontmoet het.
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
18 Junie – Nottingham | ||||||
![]() |
142/5 | |||||
![]() |
149/4 | 21 Junie – Londen | ||||
![]() |
139/2 | |||||
19 Junie – Londen | ![]() |
138/6 | ||||
![]() |
158/5 | |||||
![]() |
101 |
Halfeindrondte
t |
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Tillakaratne Dilshan 96* (57) Dwayne Bravo 2/32 (3 boulbeurte) |
Chris Gayle 63* (50) Angelo Mathews 3/16 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Tillakaratne Dilshan moker 60,76% van Sri Lanka se lopies, ’n nuwe T20I-rekord. Dit word egter enkele ure later verbeter toe Chris Gayle 62,38% van Wes-Indië se lopies slaan.[20]
- Chris Gayle (WI) word die eerste krieketspeler wat deurkolf in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[20][21]
Eindstryd
t |
||
Kumar Sangakkara 64* (52) Abdul Razzaq 3/20 (3 boulbeurte) |
Shahid Afridi 54* (40) Sanath Jayasuriya 1/8 (2 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Pakistan se tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekereindstryd.
T20I-wêreldkampioen 2009 |
---|
![]() |
Statistiek
Finale puntestand

Kampioen
Naaswenner
Halfeindrondte
Super Agt
Eerste rondte
Nie deelgeneem nie
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2009.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | ![]() | B/F | 7 | 5 | 0 | 2 | 990 | 927 | +63 | 10 | — |
2 | ![]() | C/F | 7 | 6 | 0 | 1 | 1100 | 952 | +148 | 12 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | ![]() | D/E | 6 | 5 | 0 | 1 | 908 | 749 | +159 | 10 | — |
4 | ![]() | C/E | 6 | 3 | 0 | 3 | 851 | 1016 | –165 | 6 | — |
In die Super Agt uitgeskakel | |||||||||||
5 | ![]() | B/E | 5 | 2 | 0 | 3 | 772 | 646 | +126 | 4 | — |
6 | ![]() | D/F | 5 | 2 | 0 | 3 | 624 | 590 | +34 | 4 | — |
7 | ![]() | A/E | 5 | 2 | 0 | 3 | 714 | 706 | +8 | 4 | — |
8 | ![]() | A/F | 5 | 1 | 0 | 4 | 620 | 751 | –131 | 2 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
9 | ![]() | B | 2 | 1 | 0 | 1 | 256 | 337 | –81 | 2 | −2.025 |
10 | ![]() | A | 2 | 0 | 0 | 2 | 292 | 318 | –26 | 0 | −0.966 |
11 | ![]() | C | 2 | 0 | 0 | 2 | 328 | 332 | –4 | 0 | −1.331 |
12 | ![]() | D | 2 | 0 | 0 | 2 | 170 | 301 | –131 | 0 | −5.281 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.