Rohit Sharma

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rohit Sharma

Rohit Gurunath Sharma (gebore 30 April 1987) is 'n Indiese internasionale krieketspeler en kaptein van die nasionale span.[3][4] Hy is 'n regterhandse kolwer en boul met sy regterarm. Hy is kaptein van die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga (IPL).[5] Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofeë in 2013 en 2017, die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2021 en 2022 vir Indië gespeel. Hy was die kaptein van die Indiese span wat die T20I-wêreldbeker 2024 kon wen.[6] Een jaar later was hy ook 'n lid van die seëvierende Indiese span tydens die Kampioenetrofee 2025.[7]

Kitsfeite Volle naam, Gebore ...
Rohit Sharma
Thumb
Rohit Sharma in Maart 2023
Volle naam Rohit Gurunath Sharma
Gebore 30 April 1987 (1987-04-30) (37 jaar oud)
Nagpur, Maharashtra, Indië
Bynaam(e) Hitman, Mr. Talented, Shaana, Mumbai Cricket cha Raja[1][2]
Lengte 1,73 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm afdraai
Rol Aanvangskolwer en onderkaptein (EDI en T20I)
Familie Ritika Sajdeh (troue in 2015)
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Indië
Toetsdebuut 6 November 2013 v Wes-Indië
Toetshempno. 280
EDI debuut 23 Junie 2007 v Ierland
EDI hempno. 168
T20I debuut (no 17) 19 September 2007 v Engeland
Laaste T20I 24 Februarie 2019 v Australië
T20I hempno. 45
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2006/07–hede Mumbai
2008–2010 Deccan Chargers (spanno. 45)
2011–hede Mumbai Indians (spanno. 45)
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI T20i T20
Wedstryde 27 207 94 314
Lopies aangeteken 1585 8132 2331 8200
Kolfgemiddeld 39.62 48.11 32.37 32.15
100s/50s 3/10 24/42 4/16 6/55
Hoogste telling 177 264 118 118
Aflewerings geboul 334 593 68 628
Paaltjies 2 8 1 29
Boulgemiddeld 101.00 64.37 113.00 28.17
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0 0 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0
Beste boulontleding 2/27 1/22 4/6
Vangskote/Stonkings 25/– 74/– 35/– 126/–
Bron: Cricinfo, 16 Junie 2019
Sluit

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.