T20I-wêreldbeker

From Wikipedia, the free encyclopedia

T20I-wêreldbeker

Die T20I-wêreldbeker (Engels: ICC T20 World Cup) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die twee jaar gehou word om die T20I-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die tweede belangrikste en tweede bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.

Thumb
Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen
Kitsfeite Sportsoort, Gestig ...
T20I-wêreldbeker
T20I-wêreldbeker 2026
Thumb
Die trofee waarom meegeding word

Sportsoort T20I-krieket
Gestig 2007
Eienaar Internasionale Krieketraad
Inwydingseisoen T20I-wêreldbeker 2007
Deelnemende lande wêreldwyd
Aantal spanne 20[1]
Mees onlangse kampioen Indië (2024)
Verwante kompetisies Kampioenetrofee, Krieketwêreldbeker, o/19-krieketwêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap
Sluit

Tot op hede is nege toernooie beslis en slegs Engeland, Indië Wes-Indië kon dié toernooi twee keer wen. Die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika is gewen deur Indië, nadat hulle Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland is gewen deur die vorige naaswenner Pakistan wat Sri Lanka in die eindstryd op die Londense Lord’s geklop het. Die T20I-wêreldbeker 2010 in die lande van Wes-Indië is gewen deur Engeland, nadat hulle in die eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal Australië geklop en sodoende hul eerste internasionale titel ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2012 was die eerste in Asië met al die wedstryde wat in Sri Lanka aangebied is. Wes-Indië het met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd op R. Premadasa-stadion in Colombo verslaan en sodoende hul eerste titel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm het.[2] Die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj is gewen deur Sri Lanka, nadat hulle die eerste span geword het om in drie eindstryde te verskyn en Indië op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië is gewen deur Wes-Indië, nadat hulle Engeland op Eden Gardens in Kolkata verslaan en sodoende die eerste span geword het om dié toernooi twee keer te wen. Die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate is beklink deur Australië, nadat hulle Nieu-Seeland op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai verslaan het. Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 in Australië het Engeland Pakistan op die Melbourne-krieketveld in Melbourne geklop en sodoende sy tweede T20I-titel ingepalm. Indië is die huidige T20I-kampioen, nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2024-eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal hul tweede T20I-titel ingepalm het deur Suid-Afrika, wat in sy eerste krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans verskyn het, te verslaan.

In die nege kampioenskappe wat al aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Engeland, Indië en Wes-Indië het al ’n rekord van twee keer gewen. Australië, Pakistan en Sri Lanka het elk een titel ingepalm. Daarbenewens het Bangladesj, Nieu-Seeland en Suid-Afrika aan al die T20I-wêreldbekertoernooie deelgeneem, maar hulle kon dit tot op hede nie wen nie, hoewel Nieu-Seeland reeds in die 2021- en Suid-Afrika in die 2024-eindstryd verskyn het. Daarmee is elke vasteland deur minstens een nasionale span in ’n eindstryd verteenwoordig en elke vasteland het ook minstens een T20I-wêreldbekertoernooi gehuisves.

Uitslae

Meer inligting Jaar, Gasheerland(e) ...
Jaar Gasheerland(e) Eindstrydplek Eindstryd
Wenner Uitslag Naaswenner Deelnemende lande
2007
Oorsig
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Wanderersstadion, Johannesburg,
Suid-Afrika
Vlag van Indië Indië
157/5 (20 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
152 almal uit (19.4 boulbeurte)
12
2009
Oorsig
Vlag van Engeland Engeland Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Vlag van Pakistan Pakistan
139/2 (18.4 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
138/6 (20 boulbeurte)
12
2010
Oorsig
Flag of West Indies Wes-Indië Kensington-ovaal, Bridgetown,
Barbados
Vlag van Engeland Engeland
148/3 (17 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
Telkaart
Vlag van Australië Australië
147/6 (20 boulbeurte)
12
2012
Oorsig
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka R. Premadasa-stadion, Colombo,
Sri Lanka
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
137/6 (20 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 36 lopies
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
101 almal uit (18.4 boulbeurte)
12
2014
Oorsig
Vlag van Bangladesj Bangladesj Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion, Dhaka,
Bangladesj
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
134/4 (17.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met ses paaltjies
Telkaart
Vlag van Indië Indië
130/4 (20 boulbeurte)
16
2016
Oorsig
Vlag van Indië Indië Eden Gardens, Kolkata,
Indië
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
161/6 (19.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vier paaltjies
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
155/9 (20 boulbeurte)
16
2021
Oorsig
Vlag van Oman Oman
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai,
Verenigde Arabiese Emirate
Vlag van Australië Australië
173/2 (18.5 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
172/4 (20 boulbeurte)
16
2022
Oorsig
Vlag van Australië Australië Melbourne-krieketveld, Melbourne,
Australië
Vlag van Engeland Engeland
138/5 (19 boulbeurte)
Engeland wen met vyf paaltjies
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
137/8 (20 boulbeurte)
16
2024
Oorsig
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Flag of West Indies Wes-Indië
Kensington-ovaal, Bridgetown,
Barbados
Vlag van Indië Indië
176/7 (20 boulbeurte)
Indië wen met sewe lopies
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
169/8 (20 boulbeurte)
20
2026
Oorsig
Vlag van Indië Indië
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
20
2028
Oorsig
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
20
2030
Oorsig
Vlag van Engeland Engeland
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Skotland Skotland
20
Sluit

Statistiek

Eerste rondte (ER), Gekwalifiseer (G)
Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6), Super 8 (S8), Super 10 (S10) of Super 12 (S12)
Halfeindrondte (HE)
Naaswenner (2)
Wenner (1)
nie 'n lid van die IKR nie
Meer inligting Span, ER ...
Span T20I 2007 T20I 2009 T20I 2010 T20I 2012 T20I 2014 T20I 2016 T20I 2021 T20I 2022 T20I 2024 T20I 2026 T20I 2028 T20I 2030 Deelnames
Vlag van Afghanistan Afghanistan ER ER ER S10 S12 S12 HE G 7
Vlag van Australië Australië HE ER 2 HE S10 S10 1 S12 S8 G G 9
Vlag van Bangladesj Bangladesj S8 ER ER ER S10 S10 S12 S12 S8 G 9
Vlag van Engeland Engeland S8 S8 1 S8 S10 2 HE 1 HE G G 9
Vlag van Hongkong Hongkong ER ER 2
Vlag van Ierland Ierland S8 ER ER ER ER ER S12 ER G G 8
Vlag van Indië Indië 1 S8 S8 S8 2 HE S12 HE 1 G 9
Vlag van Kanada Kanada ER 1
Vlag van Kenia Kenia ER 1
Vlag van Namibië Namibië S12 ER ER 3
Vlag van Nederland Nederland ER S10 ER ER S12 ER 6
Vlag van Nepal Nepal ER ER 2
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland HE S8 S8 S8 S10 HE 2 HE ER G G 9
Vlag van Oman Oman ER ER ER 3
Vlag van Pakistan Pakistan 2 1 HE HE S10 S10 HE 2 ER G 9
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee ER ER 2
Vlag van Skotland Skotland ER ER ER S12 ER ER G 6
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka S8 2 HE 2 1 S10 S12 S12 ER G 9
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika S8 HE S8 S8 HE S10 S12 S12 2 G 9
Vlag van Uganda Uganda ER 1
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate ER ER 2
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State S8 G 1
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië ER HE S8 1 HE 1 S12 ER S8 G 9
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe ER ER ER ER ER S12 6
Deelnemers 12 12 12 12 16 16 16 16 20 20 20 20
Sluit

Eerste deelnames

Meer inligting Jaar, Spanne ...
Sluit

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.